Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 176

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Oor bestaan en non-bestaan

176 RafaEl sê: “Ek het goed geweet dat jy hier aan my `n ervaring sou opdoen, waarteen jou Griekse filosofie, wat nog sterk in jou bly hang, skipbreuk sou ly. Dit moet weg uit jou gemoed, as jy die wesenlike van die ryk van God reeds tydens jou liggaamlike lewe wil neem!

[2] Wat beusel jy oor bestaan en non-bestaan? Daar is maar één bestaan; `n non-bestaan is daar in die hele eindelose skeppingsruimte heeltemal nêrens nie. Die tydelike, materiële bestaan is weliswaar maar net `n proefbestaan om die ware en nooit meer te vernietigde bestaan te bereik, maar is op sigself tog ook maar net `n volkome geestelike bestaan, omdat daar as sodanig in die hele uitgestrekte bereik van die oneindigheid onmoontlik `n ander werklike en ware bestaan kan wees.

[3] Kyk vriend, met al jou Griekse wêreldse wysheid - daar sit die Heer nou in ons midde! Hy alleen is die ware en ewig werklike bestaan in Homself; ons is maar net Sy idees en liggedagtes wat deur Sy wil van die kleinste tot die grootste gerealiseer is.  

[4] En omdat Sy idees en liggedagtes die vrug is van Sy ewige, eindelose liefde, wat Sy wese en bestaan is, en netsoos Hy onverganklik en vir ewig onverwoesbaar is, so is ook ons bestaan vir ewig volkome onverwoesbaar in die reële geestelike.

[5] Omdat Sy eindelose Wysheid en Sy Liefde vanuit Sy idees en gedagtes nie slegs vir Homself sigbare beweeglike beelde geskape het nie - as jy dit op menslike wyse so mag sê - as te ware vir Sy verganklike en in `n sekere sin, verbygaande genoeë, maar omdat hulle as aan Hom volkome gelyke - wat uit Hom ontstaan het - en selfstandige vrye wesens vir ewig moet bestaan, kan hierdie idees en gedagtes van Hom nie gelykgestel word met die van die fantasie van `n mens nie, maar is hulle net sulke ware realiteite as wat Hyself die enige, ewig enig ware Realiteit is.

[6] Vir die feit dat Hy aan al Sy meer as eindeloos vele idees en gedagtes `n bepaalde materiële proefbestaan gee, ter konsolidering van hulle selfstandigheid, het Hy in Sy eindelose wysheid vas en seker die beste en mees waaragtige rede; want welke ware meester, wat `n groot kunswerk wil bou, sal hy nie eers so duidelik moontlik by homself beraadslaag, hoe dit vir altyd so behou kan word, as dit moet wees volgens die baie wyse plan, wat die meester in homself opgeneem het?

[7] Dit is dus volkome onmoontlik dat daar ook maar `n stippeltjie vernietig sou kan word van wat daar eenmaal is, omdat alles wat eenmaal bestaan in die eindelose oorvloed aan gedagtes en idees van die Majesteit en ewige Heer, sy onvernietigbare realiteit besit. Dat die vorm, verskynsels en bestaande dinge en wesens, wat in die materiële wêreld voorkom, aan veranderings en skynbare verganklikheid onderhewig is, is deur die Heer net so vasgestel soos by `n wyse boumeester, wat `n groot, stewige kasteel moet bou. Daarby sal jy by die begin van die bouwerk ook `n hele boel en allerlei ruwe bouklip, bakstene, balke en nog `n groot aantal ander noodsaaklike dinge vir die bou voorsien; maar al die op sigself afsonderlike dinge sal volgens die aanwysings van die boumeester eers nog aan geweldige veranderings onderwerp word, voordat hulle geskik sal wees om gebruik te kan word vir die bou van die groot kasteel, wat julle baie maklik uit die genoemde beeld sal opmaak en begryp. Op presies dieselfde manier is alle dinge in die natuur, waarvan die mens die sluitsteen vorm, die voorafgaande boumateriaal, waaruit dan eers die wesenlik bestaande en onverwoesbare van die geestelike wêreld moet voortkom en sal kom. 

[8] Of dink jy dalk dat die Heer, wat die sigbare hemel, hierdie aarde met alles wat hulle daarop bevind en die mens vanuit Homself volgens Sy ewige Liefde en Wysheid geskape het, selfs die mees onaansienlike mosplantjie dalk maar net laat ontstaan het sodat Hy, die Ewige, gedurende `n paar oomblikke aan so `n skepseltjie genoeë sou belewe, dit dan weer sou vernietig en laat vergaan, maar onmiddellik op `n ander plekkie vir Sy plesier dieselfde speletjie sou begin? O vriend, hoe kleingeestig sou so `n denkbeeld nie wees nie!

[9] Kyk, as die Heer ook maar één van Sy kleinste skeppende, goddelike gedagtes en idees volledig sou kan verdelg en vernietig, sou Hy tog onteenseglik iets van Sy eindelose volmaaktheid verloor - wat op sigself die reinste onmoontlikheid sou wees; want Hy is, wat Sy Ewige Gees aanbetref, juis die mag wat die eindelose skeppingsruimte oral met Sy alom werksame aanwesigheid vervul! Waar in Homself sou Hy `n uit Hom en in Hom, deur Sy wil gerealiseerde en eenmaal in `n selfstandige bestaan geplaaste wese moet laat, sodat dit volledig tot niet gemaak sou kan word?

[10] As jy dit alles op die regte manier opgevat het, sal jy goed weet om jou ou bestaan en non-bestaan in soverre te korrigeer, dat daar slegs `n bestaan, maar ewig nooit `n non-bestaan kan wees nie. Want as daar `n non-bestaan sou wees, sou dit tog êrens moet wees en bestaan; maar as dit êrens sou bestaan, dan sou dit immers geen non-bestaan wees nie, maar iets wat uiteindelik tog sou bestaan, en dan sou daar van al jou filosofie van `n non-bestaan geen sprake meer wees nie.

[11] Kyk, omdat jy my volgens jou Griekse filosofie iets wou aangetoon het wat onmoontlik ooit aan te toon is, het ek my van dieselfde wapen bedien en daarmee `n egte lig vir jou aangesteek. As jy dit tot `n egte helder lewensvlam in jouself sal laat word, sal jy ook duidelik begryp wat die ryk van God in feite in homself is, dit wil sê in sy suiwer geestelike sfeer, asook in sy ooreenkomstige betrekking en innige verbinding, sowel as op hierdie aarde, as op die ander tallose hemelliggame, waarvan jy `n baie klein deel as sterre aan die sogenaamde uitspansel waarneem. Maar jou ou Griekse filosofie moet jy heeltemal uit jouself verwyder! Want in hierdie voor die hand liggende waarheid sal jy verseker `n waaragtiger troos vind as in `n leer, waarvolgens `n mens aan die einde van sy kort aardse lewe sy geluksaligheid in die volledige non-bestaan verwag!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205