Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die teenvrae van die arts

177 Hierop sê die arts vol verbasing oor die wysheid van RafaEl: “Seer vername vriend, jy het in my nou bykans alle ou twyfelagtighede gedood, en in my siel begin ek ligter, meer lewend en moediger te word, waarvoor ek jou uit die diepste van my hart dank en ook die res van my hele lewe dankbaar sal bly; maar één vraag moet ek jou tog nog stel met betrekking tot dit wat jy vir my uitgelê het oor die onmoontlikheid van die non-bestaan. As jy my dit net so verstaanbaar en helder kan beantwoord, dan is al my ou twyfelagtighede met betrekking tot die non-bestaan, wat vir ons kortsigtige mense nog altyd voorstelbaar is, volkome tot niet gemaak.

[2] My vraag is: Waar en wat was alle wesens wat nou bestaan, voordat hulle deur God se almagtige wil ontstaan het? Waar en wat was ek vóór my verwekking en geboorte? Was ek al êrens, en was ek ook al iets? Waarom het geen herinnering daarvan in my siel bewaar gebly nie? 

[3] Sonder hierdie herinnering beskou my verstand elke, in die toekoms te verwagte bestaan, net soos `n vroeër bestaan, as `n non-bestaan, vergeleke met my huidige bestaan, waarvan ek helder bewus is; want as ek nie meer is wat ek was nie, en as my by `n toekomstige bestaan elke herinnering aan `n vroeëre bestaan, welke dan ook, geheel en al ontneem word, dan is elke bestaan vir my dieselfde as heeltemal geen bestaan nie.

[4] So kan byvoorbeeld - netsoos enkele van ons vele antropoloë aanneem - die siel wat nou in my liggaam woon in `n hert of ook in `n ander dier gehuisves gewees het, waarvan ek my nie die minste kan herinner nie. Maar omdat ek van so `n vroeëre bestaanstoestand, welke dan ook, nie die allerminste herinnering besit in my huidige bestaan nie, is so `n eventueel vroeër bestaan `n volkome non-bestaan vir my of, kortweg anders gestel: Dit wat ek nou is, was ek nog nooit vroeër gewees nie, en dus was ek ook nie daar nie.   

[5] En as ek in `n toekomstige bestaan weer iets heel anders sal wees as wat ek nou is, en my ook elke herinnering aan daardie bestaan ontneem word, dan sal ek ook nie meer diegene wees wat ek nou is nie, en dus opnuut nie bestaan nie! Want watter nut het vele duisende bymekaar behorende skakels vir `n ketting, as hulle nooit tot `n mekaar ondersteunende samehang gebring word nie? So lank hulle nie tot `n inmekaar grypende samehang gebring word nie, bestaan geen enkele voorgaande skakel vir die skakel wat daarop volg nie; en as dit kennelik die geval is, dan is die bestaan van die ketting ook van geen betekenis nie, en presies netso die bestaan van elke afsonderlike skakel met betrekking tot die ander skakel, waarmee dit in geen enkele verband staan nie.

[6] Kyk, baie vername vriend, hierdie vraag bevat baie wat van buitengewoon groot belang is vir die mens, wat armsalig is in sy bewussyn van die volle lewe en maar op hierdie aarde voortleef, gereeld helder dink en daarby deur die vrees vir `n steeds pynlike en spoedige dood gepynig word. En ek het jou hierdie vraag absoluut nie gestel met die bedoeling om jou groot wysheid daarmee op die proef te stel nie, maar slegs met die bedoeling om deur jou alles deursiende wysheid self duidelikheid te verkry. Baie vername vriend, spreek nou asseblief!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205