Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 181

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die vernaamste belemmerings vir geestelike vooruitgang

181 Ek sê: “Ja, My vriend, onder mense soos jy sou jou oordeel goed afgaan; maar hier gaan dit gladnie so goed af as wat jy dink nie! 

[2] Het jy dan nie uit die mond van RafaEl gehoor nie - toe elkeen hom so van harte bedank vir die groot onthullings wat hy gedoen het, met betrekking tot die wese van die ryk van God - hoe hy een van My oudste leerlinge, wat al vanaf die begin van die tyd wat Ek onderrig het, by My was en nog steeds is, `n welverdiende teregwysing gegee het nie? Die leerling het alles gesien en gehoor, en tog is die wêreld vir hom meer werd as alle waarhede wat hy gehoor het!

[3] Kan hy hom bekla oor die onbegryplike van My leer, of dit nou uit My hoogs eie mond of uit die mond van een van My engele kom? O, absoluut nie! Hy begryp alles; maar wanneer is sy wil, wat op aardse wins ingestel is, bereid en gereed vir die suiwer geestelike daad?

[4] Maar net soos wat dit met die leerling gestel is betreffende sy vrye wil, so is dit met vele duisende mense gestel. Hoeveel mense het Ek nie self onderrig op die ope veld, in die strate, in die stede, dorpies, huise, op die meer, op die berge, in die tempel en in die woestyne nie, en het daarby, om die oë van die blindes te open, steeds groot, ongehoorde tekens gedoen; gaan kyk maar net hoe min van hulle werklik bekeer het van al diegene wat My gehoor en gesien het! 

[5] En kyk, netsoos dit nou is, so was dit en sal dit ook in die toekoms wees; want elke mens besit sy liefde, sy wil en sy verstand in vryheid! Ook al begryp hy met sy verstand die volle waarheid, dan sien hy met sy begerige oë tog ook die wêreld met haar vele bekoorlikhede en wil en kan sy hart nie daarvan losmaak nie, omdat dit sy vlees meer geval as die geestelike dinge, wat sy sintuiglike oog nie kan sien en sy vlees nie kan voel nie.

[6] Bowendien is traagheid ook baie eie aan die mens. Hy het wel gereeld die een goeie voorneme na die ander; maar as hy dit heeltemal, inderdaad tot uitvoering sou moet bring, dan begin sy trae en genotsugtige vlees hom daarteen te verset en trek ook die siel omlaag na wat vir hom in sy traagheid en sinnelikheid die belangrikste is. Wat baat dit die siel dan by helderheid in die dinge van die gees, as sy haarself nie wil verloën en in volle erns die weë wil opgaan waarlangs sy die volledige eenwording met My gees in haar sou kan bereik nie?!

[7] Nou dink jy natuurlik in jou hart en sê jy by jouself: “Heer, maar waarom het U die siel van die mense dan met sulke vlees omhul, as dit maar net ongeskik is vir haar geestelike voleinding?”

[8] Ek sê vir jou, dat Ek as enige wel die beste en duidelikste sien hoe `n siel ten behoewe van haar kort aardse proeflewe in `n korrekte balans tussen die wêreld van die materie en die van die reine geeste geplaas moet word, omdat dit die voorwaardes is vir `n volledige vryheid van haar liefde en haar wil.

[9] Dit is so bepaal dat vir elke siel die materie `n sekere oorwig moet hê, sodat die siel daardeur gedwing word om aktief te word teenoor die klein oorwig van die materie, om so van die vryheid van haar wil die korrekte gebruik te kan maak; om dit te kan doen, is aan haar gedurende alle tye vanuit die hemele, die leer in alle helderheid gegee, wat die siel in `n volkome vry swewende toestand tussen gees en materie plaas. 

[10] As die siel dan slegs `n klein bietjie moeite wil doen om haar inderdaad tot die geestelike te verhef, kry die geestelike ook dadelik `n geweldig oorwig en verhef die siel haar met groot gemak bo die gewig van die traagheid van die materie van haar vlees en dring sy deur tot die lewe van die gees in haar.

[11] As sy dit met enige moeite gedoen het, kan die swaarte van die materie van haar vlees haar nie meer belemmer by die voorwaarts gaan na `n so hoog moontlike lewensvoleinding nie; en ook al stoot sy op die maklike weg van vooruitgang af en toe nog teen `n klein steen des aanstoot, dan kos dit haar maar baie min moeite om dit uit die weg te ruim.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205