Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 183

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die onderrig van RafaEl

183 Na die vroeëre les van RafaEl en die van My was daar netso rus; want almal dink na oor wat hulle gesien en gehoor het en prent dit so diep moontlik in hulle geheue en hulle hele gemoed.

[2] RafaEl spreek egter weer met Philopold en Kisjona oor die oertyd en die veranderings van die aarde; want Philopold was `n goeie geoloog en het al baie opgeskryf van wat hy waargeneem en sy mening daaroor gevorm het, netsoos ons Kisjona. Daarom is die twee hulle ook baie geïnteresseerd oor wat RafaEl hulle met groot duidelikheid en gemak daaroor onthul. 

[3] My leerlinge, wat die dinge al verskeie kere baie duidelik gehoor het, bestee natuurlik nie soveel aandag daaraan nie en spreek met mekaar meer oor wat RafaEl oor die wese van die ryk van God vertel het en oor die rede vir die slegter word van die mense op hierdie aarde, wat hulle uit My mond gehoor het. Maar alle ander, wat nog nooit uitvoerig en grondig iets gehoor het oor wat RafaEl aan Philopold en Kisjona uitlê nie, luister met groot aandag na RafaEl en verbaas hulle oor My mag en wysheid, omdat Ek dit alles op die manier in die hoogste orde ingerig het.

[4] By name die arts uit Melita (die huidige Malta) was daarin geïnteresseerd, want hy het sy kennis veral in Athene, ook in Alexandrië in Egipte en in Syracuse op Sicilië verwerf, en het hom in sy jeug baie met die ondersoek van die aarde en haar kragte besig gehou. Vir daardie doel het hy toe deur Egipte gereis tot aan die watervalle en ook deur die hele Griekeland, die streke aan die Pontus en langs die Kaspiese See, asook deur `n groot deel van Arabië en die kuste van Asië aan die Middellandse See, en daarom wou hy graag met RafaEl `n gesprek hieroor begin; maar omdat RafaEl so terloops oor alles praat, kan Ons arts nie aan die woord kom nie en luister hy dus maar liewer stil na die uitleg van RafaEl en maak bietjie opmerkings vir homself.

[5] Toe RafaEl egter oor die vuurspuwende berge begin te praat, kon Ons arts hom nie meer inhou nie en vra vir RafaEl om hom toe te staan om die een en ander te vra.

[6] Maar RafaEl sê: “Vriend, jy hoef maar net te luister na wat ek alles kortliks daaroor sal sê; dan sal jy `n goeie verstaanbare verklaring kry vir die ervarings wat jy opgedoen het en tot nog toe nie begryp het nie!

[7] Want ek ken julle Etna en Vesuvius vanaf die kern van hulle oorsprong, netsoos ek ook jou gedagtes en vrae al lankal presies ken, voordat jy hulle self nog gedink het; want die gees en die lewe van die Heer, wat my alles is, is ook in my alwetend en alvermoënd.”

[8] Toe die arts dit van RafaEl gehoor het, was hy volkome tevrede daarmee en luister hy met gespanne aandag verder na die uitleg van die engel.

[9] Die uitleg duur meer as twee volle ure, en almal wat daar met die juiste aandag na geluister het, het in die kort tyd meer van die wese en die hoedanigheid van die aarde geleer ken as selfs die ywerigste leerling ooit op `n hoërskool in Athene of Alexandrië of ook in Syracuse in honderd jaar kon geleer het.

[10] Toe RafaEl klaar was met sy voordragte, waarmee hy ook die verhouding van die aarde en die maan tot die son, die daarby voorkomende verskynsels, asook die orige planete en vaste sterre aan die leerlinge verklaar het, sê die Romein aan My: “O Majesteit en Heer, nou het daar vir my weer `n nuwe lig opgegaan! Ons uiters onjuiste en totaal verkeerde opvattings oor ons aarde, die maan, die son, die planete, komete, vaste sterre en alle ander verskynsels aan die hemel het die mense beslis in die diepste, blindste en sinlose bygeloof gestort! Wie kan hulle ooit daarvan bevry, as Uself nie met U dienare uit die hemele na ons afgedaal het en ons die ware, wonderbaarlike hoedanigheid van hierdie groot dinge van U getoon het nie? Het die mense in die oertyd dan niks van al die dinge geweet nie? En as hulle iets daarvan geweet het, dan vra jy jou af hoe hulle ooit van `n só ligtende waarheid tot die allerduisterste en domste bygeloof kon verval het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205