Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Oor die opneem van die leer van die Heer

184 Ek sê: “Op presies dieselfde manier soos wat Ek jou so pas getoon het!

[2] Die eerste mense het alles ooreenkomstig die volle waarheid geweet; maar as die siel van die mens, as gevolg van haar traagheid, haar onverstand en die lus van haar sinne eenmaal duister geword het in die een of die ander, word sy ook baie gou duister in al die ander.

[3] Moses self het vir die Israeliete, wat in Egipte duister geword het, `n eie boek geskryf op dieselfde manier as wat My RafaEl julle nou onderrig het. Dit het tot aan die tyd van die eerste konings as belangrik gegeld; toe hulle nakomelinge hulle egter deur alle sinnelikheid laat gevange neem het, gaan ook alle suiwer wetenskap onder hulle ten gronde, en in die plek daarvan kom dit wat jy nou onder die Judeërs in `n gereelde nog duisterder graad aantref as by die heidene.

[4] Nou is daar aan julle en al vroeër verskeie kere aan die oudste leerlinge, en behalwe hulle ook aan baie ander mense alles haarfyn, tot in die kleinste detail en oorduidelik getoon; maar reken vanaf nou net tweehonderd jaar, dan sal jy, wat die gebied van hierdie suiwer wetenskap betref, weer op die ou bygeloof uitkom.

[5] Maar tog sal ook hierdie kennis in die geheim bewaar bly onder diegene wat in My leer sal bly, en dan sal daar `n tyd kom waarin hierdie wetenskap, en tegelyk daarmee duisend ander, al die ou bygeloof vir altyd tot op die bodem sal vernietig. Maar eers sal daar nog langdurige en harde stryd wees; ten slotte sal die waarheid egter oorwin, en al die duistere, valse en slegte sal vir ewig in die afgrond verdoem word.

[6] Jy sal weldra die geleentheid kry om julle aarde-, natuur- en sterrekundiges te ontmoet, en dan sal jy ook `n poging maak om hulle die waarheid by te bring wat jy hier leer ken het; maar jy sal daarmee teen harde klip stoot. Enkeles sal wel daaroor nadink, maar tog by hulle ou stelsel bly; ander sal dit sonder verdere bedenkings dwaasheid noem. Want om ook die dinge van die natuurlike wêreld sonder twyfel juis en waar te begryp, moet mens vooraf geestelik gewek wees, die een, enig ware God ken en ook homself, van waaruit die mens hom helder en duidelik bewus word wie hy is en waarom hy bestaan. 

[7] Eers wanneer die mens in hierdie belangrikste aspekte van sy bestaan en lewe duidelikheid het en My Gees hom sodoende in sy siel met lewende en ligtende werksaamheid begin te ontplooi en die hele mens begin te deurdring, sal die mens met sy van bo-af verligte verstand ook vinnig en maklik die wese en die orde van die dinge van die groot en klein natuurlike wêreld in hulle volle en onbetwisbare waarheid bevat en dit tot op die bodem begryp; maar as jy die heidene - ook al het hulle met alle ywer alle hoë wysheidskole deurloop - dit wat jy van RafaEl gehoor het, gaan verkondig, sal hulle dit nie begryp nie, dit as dwaasheid beskou en belaglik maak, en die duistere, bomatig selfsugtige en heersugtige priesters sal so `n nuwe leer, wat absoluut nie in hulle ou kraam van afgode en bedrog te pas kom nie, in alleryl en met woede vervloek en die volk daarteen opsteek.

[8] Daarom is dit die saak om eers die evangelie oor die ware ryk van God op aarde onder die mense te verkondig - en wanneer hulle dit aangeneem het en deur die Gees van God sterker gemaak is, sal hulle alle ander waarhede maklik bevat; want My gees, wat Ek oorvloedig sal uitstort oor elkeen wat eg in My glo en My liefhet, sal hulle in alle wysheid en waarheid binnelei.

[9] Dink jy dalk dat jy die dinge wat RafaEl uitgelê het, ook sonder die lewende geloof wat jy nou in My het, sou begryp het? Ek sê vir jou: Netso weinig as wat die klippe van hierdie berg dit begryp het!

[10] As die basis van alle menslike kennis leuens en bedrog is, hoe sal ander waarhede dan uit so `n basis kan opbloei? 

[11] As jy by die reken nie die eenheid ken nie, wat die fundamentele voorwaarde is vir alle uit die som van eenhede ontstane getalle, hoe sal jy dan ooit die waarheid van die getalle self leer ken?


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205