Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 185

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Oor valse en ware profete

185 Nou kyk die Romein heel verbaas en sê: “O Majesteit en Heer, Uself alleen is werklik die ewige Waarheid en Wysheid! Nou eers sien ek in dat daar by die onderrig van die mense steeds volgens `n bepaalde orde te werk gegaan moet word, as die onderrig werklik nut wil hê vir die lewe van die mens.”

[2] Ek sê: “Seker, want begin `n mens verkeerd te onderrig, beteken dit om die huis op sand te wil bou. Hoe sal hy hom gedra, as daar storms en swaar reëns oor so `n huis heen sal kom?

[3] Alleen diegene wat sy medemens volgens die regte orde onderrig, netsoos Ek jou laat sien het, bou `n huis op rotsbodem. As daar oor so `n huis storms en oorstromings heen kom, sal dit die huis nie kan skaad nie, omdat dit op rots gebou is. En die rotsbodem is Ek; deur met My te begin sal julle alles uitstekend kan doen, sonder My egter niks. Onthou dit goed, My vriend!

[4] As iemand sy naaste ernstig oor My wil gaan onderrig, moet hy nie te lank by homself beraadslaag hoe hy dit op die mees vrugbare manier sal aanpak nie. Want Ekself sal hom die regte woorde in sy hart en sy mond lê.

[5] En noudat julle ook dit weet, sal julle geen verkeerde stap kan maak wanneer julle in My Naam julle medemense onderrig nie; maar wie dit nie gladnie in ag sal neem nie, sal vinnig en maklik op dwaalweë beland, waar hy saam met sy leerling waarskynlik nooit heeltemal goed sal kan uitkom nie.

[6] Dit is altyd die bose begin van die valse en leuenagtige profete en van die verduistering en die slegter word van die mense gewees. Daarom moet alleen diegene sy medemense onderrig, wat dit eers van My in sy hart geleer het. Wie egter uit homself slegs oor dit wat hy met stukkies en brokkies van ander mense gehoor het en sy medemense gaan onderrig asof hy deur My onderrig was, en ook sal roep: “Kyk, hier, daar of gunter is Messias (Christus), die van ewigheid gesalfde Waarheid uit God!”, die moet julle nie glo nie; want dit is `n valse profeet, wat alleen vanweë aansien en tydelike gewin profeet wil speel.

[7] Wie met weinig moeite `n valse van `n ware, deur My geroepte profeet en leraar wil onderskei, moet na sy werke kyk!

[8] Wat `n mens die minste vir die oë van sy medemense kan verberg, is sy selfsug en winsbejag. Om dit te bevredig, sal hy maar al te gou en sigbaar geen middel onbeproef laat om die doel te bereik waarvoor sy hart `n onverwoesbare liefde het nie.

[9] Laat die valse profete daarom nooit mag en uiterlike aansien verkry nie! Want as hulle dit eenmaal bereik, sal dit weldra weer uiters duister daar uitsien onder die mense, en sal julle `n harde stryd teen hulle te verduur kry!” 

[10] Met `n bedenklike gesig sê die Romein: “O Majesteit en Heer van alle bestaan en lewe, dit sal ons mense waarskynlik nouliks kan verhinder! As U, Almagtige, dit nie Self sal verhinder nie, sal dit op hierdie aarde baie gou wemel van louter valse profete. Want die blinde volk sal nouliks of gladnie in staat wees om onderskeid te maak tussen `n ware en `n valse profeet nie. Wie sal dan aan hulle sê en hulle duidelik kan maak dat hulle leraars valse profete is?”

[11] Ek sê: “Vriend, Ek sal dit met Myne doen, maar julle moet ook julle aandeel lewer! Elke mens het sy volkome vrye wil, wat Ek met My almag nie mag gryp en aan bande lê nie, omdat dit - netsoos Ek julle al heel duidelik en verstaanbaar getoon het - in stryd met My orde sou wees.

[12] Maar daarom gee Ek julle in die getoonde waarheid juis die beste middel teen alle valsheid in die hand, en daarmee kan julle met My hulp die sterkste damme en walle teen die hele leuenagtige gebroedsel van die hel bou.

[13] Maar so maklik en vinnig as wat julle jul nou voorstel, sal die valse profetedom natuurlik nie van hierdie aarde uitgeroei kan word nie; en tog sal enkel en alleen die ligte, lewende waarheid uiteindelik oorwin! Bly dus maar stewig en onwrikbaar in die waarheid; want slegs die waarheid sal, nie net vir julle nie, maar uiteindelik alle mense vrymaak van die ou, swaar juk van leuens en bedrog! Laat julle dus deur geen enkele skynbaar nog so helder glansende leuens meer verlei nie - dan sal alles goed gaan! 

[14] Julle is nou die sout, die beste spesery, onder die mense op hierdie aarde. As julle nie lui en lou word nie, sal dit met die geestelike spyse goed gaan en sal die mense gretig daarna verlang; maar as julle, wat die sout is, bedorwe raak en sleg van smaak word, waarmee moet die geestelike kos dan vir die mense gesout word?

[15] Handel dus in alles volgens My leer en volgens My wil, wat julle nou goed ken, dan sal julle sout die onkruid tussen die koring op die akker van die lewe mettertyd steeds meer uitroei, en daardeur sal julle julleself bomate verheug oor die krag en mag van My waarheid onder die mense!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205