Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 189

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die geneesde visser bewys die goddelikheid van die Heer aan die skippers

189 Daarop sê die geneesde visser, wat uit Ciprus kom: “Hoewel ek van geboorte `n heiden is, ken ek Moses en die profete tog netso goed soos jy.

[2] Staan daar nie by die profeet Jesaja (Jesaja 40: 3 en 11): “`n Stem van een wat roep in die woestyn: Berei die Weg vir die Heer, maak op die velde `n baan vir ons God!”? En verder staan daar: “Die Heer sal as `n herder Sy kudde laat wei; Hy sal die lammers in Sy arms versamel en hulle aan Sy bors dra en die ooie lei.”

[3] Ons woon weliswaar in Joppe, maar tog het ons uit die mond van die twee leerlinge goed gehoor wat daar alles in Jerusalem voorgeval het.

[4] Die stem van die prediker in die woestyn - was Johannes die Doper, wat op die velde van julle blindheid vir God `n baan gelykgemaak het, maar wat deur die naywer van die tempeldienare, wat Herodus geweet het om aan sy kant te kry, in die gevangenis beland en spoedig daarna onthoof word.

[5] Hierdie prediker in die woestyn herken in die Heiland uit Nasaret die Heer, en sy getuienis het vele oë geopen. Waarom het die fariseërs dan blind en verstok van hart gebly? Hulle het tog ook vir Moses en die profete?

[6] As die profeet spreek: “Die Heer sal Sy kudde (ons mense naamlik) laat wei as `n herder” - en dit gebeur nou ongetwyfeld voor ons oë - is hierdie Herder, wie se persoonlike koms op hierdie aarde alle profete, te begin by Moses, getrou en duidelik juis vir hierdie tyd aangekondig het, dan nie een en dieselfde Heer en God, wat aan Moses op die Sinai die gebooie gegee het nie?

[7] As ons onsself nou gelowig as lammers om Hom heen skaar en Hy ons met alle liefde van Sy goddelike hart lei, netsoos `n goeie herder dit met die ooie doen - wat ons maar te duidelik en helder sien aan Sy leer en Sy dade - glo ons dan dalk, ook al is ons meer heiden as Judeër, in `n ander, vreemde God as alleen in die Een in wie ons volgens die gebod van Moses as enigste moet glo? En doen ons verkeerd daaraan, as ons Hom dank vir die barmhartigheid wat aan ons bewys is en Hom alleen die eer gee?

[8] Waarlik, dit strek julle nie baie tot eer wanneer ons as gewese heidene die lig, wat tot julle gekom het, vroeër volgens volle waarheid herken het, as julle, wat volgens julle Skrif vir daardie lig `n uitverkore volk is!”

[9] Op hierdie woorde van die visser sê die skippers verder niks meer nie; want hulle sien in dat die visser bedrewener was in die Skrif as hulle, en hulle wou nie `n woordestryd met hom begin nie. Maar tegelykertyd begin hulle onder mekaar na te dink en te sê, dat die visser uiteindelik tog wel eens gelyk sou kan hê, en daarby word sommiges van hulle gelowiger as wat hulle voorheen was. Spoedig daarna maak hulle hulle skepe los en vaar terug na Tiberias, met die belofte dat hulle die veertig geneesde inwoners van Joppe hier oor `n paar dae sou oplaai, as hulle dit wil.

[10] Maar hierdie (die geneesdes) sê: “Ons dank julle nou vir julle goeie wil; maar ons sal `n ander weg huistoe neem!”

[11] Hierop vaar die skippers beslis weg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205