Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 194

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

In hoeverre die Judeërs die openbarings opneem

194 (Die Heer:) “Ja, ja, mettertyd sal daar nog groot duisternis, ellende en nood oor die mense kom, soos wat die mense nog nooit voorheen meegemaak het nie; maar in die baie diepe duisternis sal baie die ware lig soek en ook vind, en dit is diegene met wie Ek sal wees en oordeel sal hou oor alle mense van die aarde!

[2] En netsoos ons Henog-RafaEl nou getuie is van wat daar nou gebeur, so sal julle ook in die tyd getuie daarvan wees dat dit sal gebeur soos wat Ek julle nou voorspel het.

[3] Maar sê nie in julle hart, dat dit nie goed is om die aloue uitverkore volk van God die mag en die lig te ontneem en dit aan die heidene te gee nie!

[4] Ek sê vir julle: Niemand neem dit van die Judeërs af en gee dit aan die heidene nie, maar die Judeërs self druk saam die lig en ook die mag wat tot hulle gekom het, van hulle af. En as die heidene met alle ywer aanneem wat die Judeërs verwerp en verstoot het - het Ek dan die Judeërs die lig en mag ontneem en dit aan die heidene gegee, of doen die blinde Judeërs dit nie dalk self nie? 

[5] Ek sê vir julle: Die Judeërs het weliswaar nog die Skrif en hou daaruit vir die volk blinde preke vol selfsug en owerspelige onsuiwerheid. In die Skrif staan die ou waarhede nog wel verhuld, maar hulle word nie volgens die gees van waarheid begryp deur die prediker, wat geen innerlik lig het nie, en nog minder deur die volk; en so lei die een blinde die ander, en wanneer hulle by `n kuil kom, val hulle albei daarin, en die een kan die ander nie help nie.

[6] Welke nut het Moses en alle profete dan nou vir die Judeërs? Die daarin aanwesige oorspronklike waarhede is vir hulle nie eers soveel werd as die verskynsel van so pas nie, wat vir julle nouliks enige reële waarde kan hê nie, aangesien dit maar `n vlugtige en vir die grootste deel verdraaide, deur die lug weerspieëlde beeld van dieper liggende werklikhede was.

[7] Die huidige Judese priesters neem af en toe nog wel eens so `n taamlike vergelykbare weerspieëlde beeld van die diepliggende waarhede van die Skrif waar; maar omdat hulle hart en gemoed deur die winde van alle wêreldse sorg maar al te gou en maklik verskeur word, word ook die spieël van hulle hart en gemoed, wat die geestelike dinge en waarhede uit die sfeer van die innerlike, geestelike lewe moet opneem, verskeur en verstoor; sodoende kan hulle die verborge waarhede in die Skrif nie meer waarneem en herken nie en werp hulle hulleself dadelik in die arms van elke wêreldse roes. 

[8] Hulle dink gladnie meer aan die verligte oomblikke wat hulle gehad het nie en bedryf maar so in al hulle swelgery, hulle hele aardse lewe verder; en as mens hulle waarsku dat hulle hulleself op die weg van die verderf bevind, dan raak hulle vol ergernis en toorn en hulle vervolg die Een wat vol nederigheid, liefde, sagmoedigheid, geduld, deemoed en vol goedheid en erbarming na hulle toe gekom het. 

[9] En as dit so is - en julle het julle al herhaaldelik daarvan oortuig - is Ek dan die Een wat die Judeërs hulle mag en lig afneem en dit aan die heidene gee, of doen hulle dit self?

[10] Wie soek, vind; aan wie kom vra, word gegee - al was hy ook `n drievoudige heiden - en as daar `n heiden by My aan die deur kom klop, word dit vir hom oopgemaak.

[11] En so sal dit gebeur dat die ou kinders van die lig van die lewe uit God deur hulle eie doen en late uitgestoot sal word in die buitenste wêreldse duisternis, waar hulle soos wolwe en varke sal huil en met hulle tande sal klapper; maar die kinders van die wêreld, naamlik die heidene, sal opgeneem word in My ewige ryk van die lewe.

[12] Soos `n moederhen haar kuikentjies lok en poog om hulle onder haar vleuels te verberg en te beskerm teen die vyande, so het Ek altyd die kinders van Abraham met My Vaderstem gelok en Ek wou hulle versamel onder My vleuels van lig, waarheid en ewige lewe; en kyk, as Ek deur die mond van die profete spreek, sê hulle: “Aan die manier van spreek herken ons wel dat dit die woord en die stem van JaHWeH is; maar waarom kom Hyself nie na ons toe nie, netsoos Hy vroeër na Abraham, Isak en Jakob toe gekom het, om met ons, Sy kinders te spreek?”

[13] Daarna kom daar beloftes en nog eens beloftes, dat Ek in hierdie tyd Self sou kom met al My mag en krag en My hele ewige ryk van die lewe met My.

[14] Die voorspelde tyd het gekom en Ek met hierdie tyd, presies volgens die voorspelling; waarom neem hulle My dan nie aan nie, waarom herken hulle My dan nie, waarom glo hulle nie in My nie, terwyl Ek tog ter ondersteuning van die ewige waarheid van alle voorspellings oor My persoonlike koms in hierdie wêreld voor hulle oë tekens doen, wat niemand buiten My en My wil kan doen nie?

[15] As dank vir al My liefde, goedheid, sagmoedigheid, deemoed, geduld en erbarming haat hulle My en vervolg hulle My met alle haat en woede!

[16] Is dit nou die hooggeprese kinders van die lig? O, absoluut nie! Dit is nou kinders van die hel, en nie God nie, maar die duiwel is hulle vader.

[17] Is dit onder sulke omstandighede dan onregverdig van My as Ek nou die heidene tot My kinders maak en die kinders van die duiwel daarheen verwys, waar die ryk van hulle huidige vader en meester is?

[18] Sê My nou, skrifgeleerde, of Ek onregverdig handel as Ek die al te erge Judeërs ooreenkomstig hulle eie vrye wil laat vaar en aan die heidene die mag en lig laat toekom!”

[19] Hierop sê die skrifgeleerde: “Majesteit en Heer, wie kan met U in die oordeel tree? Wat U sê is ewig waar, en wat U doen is ewig goed!

[20] Ook die heidene stam af van Noag, netsoos die Judeërs. As hulle nou weer na U toe terugkeer, is dit hulle heil en geluk, en U sal hulle nie verstoot nie - en wie sou dan kan sê dat dit nie regverdig sou wees as U hulle aanneem in plek van die kinders van die lig, wat U nie wil erken en aanneem as die Een wat U vir ons geheel volgens waarheid is nie?!

[21] O Majesteit en Heer, vergeef my die domheid van my voorheen uitgespreekte woorde! Met U barmhartigheid sal ook ons nog met alle dinge van U ryk eenmaal volledig in die reine kom.”

[22] Ek sê: “Dit sal julle ook; maar julle moet julle self nie daaroor verbaas dat die heidene, wat kinders van die wêreld is, nou in baie dinge en opsigte verstandiger is as julle nie! - Maar nou sal Ons nie meer verder daaroor praat nie! 

[23] Die verskynsel het nou heeltemal verdwyn, en dit het al taamlik donker geword; Ons sal dan ook weer na benede na die huis gaan en `n reeds voorbereide aandete tot Ons neem. Die mense uit Joppe wag al met groot verlange op Ons, en hulle moet ook op hoogte gestel word van My aanwesigheid. Wanneer hulle dit weet, sal hulle `n groter vreugde daaraan belewe as die Judeërs in Jerusalem, wanneer Ek weer na hulle toe kom. Laat Ons dus nou aanstaltes maak om na benede na die huis te gaan!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205