Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 197

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Oor die aanwesigheid van die engele by die mense

197 Ook die mense uit Joppe het met die grootste aandag na die baie steekhoudende, leersame betoog van RafaEl geluister, en hulle verbaas hulle buitengewoon oor die wysheid van die oënskynlike jong man.

[2] “Wie kan die jong man wees wat so pragtig daar uitsien?” vra enkele van hulle.

[3] Die visser sê: “Hoe kan julle dit nog vra? Het die twee leerlinge in Joppe ons nie presies vertel dat daar in die geselskap van die Heer ook `n jong man is, sigbaar vir alle mense, wat volgens die wil van die Heer groot tekens en wonders doen en die mense ook buitengewoon wyse lesse gee nie?

[4] Hierdie jong man moet volgens hulle `n engel wees wat die Heer ten dienste staan, sodat die Skrif ook op daardie punt vervul word, waar staan: “In daardie tyd sal julle sien hoe die engele van God uit die hemele na die aarde neerdaal en die Heer en die mense sal dien.” Kyk, my beste vriende en metgeselle, dit het die twee leerlinge ons geheel volgens waarheid vertel, en ons oortuig ons nou geheel en al van die waarheid van wat hulle ons vertel het!

[5] Hierdie jong man het weliswaar nog geen teken voor ons oë gedoen nie, maar dit het ons ook nie nodig nie; want die baie wyse les wat hy aan die baie nuuskierige leerlinge en vriende aan die tafel van die Heer gegee het, is vir ons voldoende om daaruit af te lei dat `n jong man, uit wie se mond soveel waarheid en wysheid kan kom, geen gewone mens nie, maar `n baie hoë gees moet wees. Is dit nou vir julle duidelik watter jong man dit is?”

[6] Almal sê: “Ja, vriend jy het heeltemal gelyk; so is dit en nie anders nie, en ons dank jou omdat jy ons geheue te hulp gekom het! Die twee leerlinge het ons soveel vertel, dat ons gladnie meer aan die jong man gedink het nie; maar nou is alles weer vir ons duidelik.”

[7] Daarop staan RafaEl op en loop na die tafel van die mense uit Joppe, wat hulle ietwat in die verleentheid bring.

[8] Maar hy stel hulle baie vinnig gerus deurdat hy met vriendelike stem aan hulle sê (RafaEl):”Julle moet werklik nie van my deins omdat ek na julle gesprek oor my ooreenkomstig die wil van die Heer na julle toe gekom het nie; want waar egte vriende van die Heer spreek oor dit wat van die gees van ewige liefde en waarheid is, daar is die engele van JaHWeH ook steeds in groot groepe om hulle heen versamel. 

[9] Ek is nou waarlik nie die enigste wat hom in julle nabyheid bevind nie, maar hier is nog vele netsoos ek. Maak julle oë `n bietjie wyer oop, dan sal julle dit onder die barmhartige toelating van die Heer self sien!”

[10] Hierop word die innerlike gesig van die mense uit Joppe vir enkele oomblikke geopen en hulle sien as te ware in `n see van lig, tallose skares volmaakte geeste, en uit die skares engele van God klink soos uit één mond `n magtige stem: “Gelukkig diegene wat die Heer herken het, Hom bo alles liefhet en getrou volgens Sy Woord handel en leef; want hy is reeds in sy vlees aan Hom gelyk, en ons is altyd bereid om hom in alle broederlike liefde te dien!”

[11] Hierop word die gesig die buitengewoon verbaasde mense uit Joppe weer ontneem, omdat hulle dit as gevolg van `n al te groot geluksaligheid nie langer in hulle vlees kon verdra nie. 

[12] Toe hulle die engele nie meer sien nie, vra die visser: “O vriend! Was dit werklikheid of maar net `n soort droom, teweeggebring deur jou onbeskryflike skoonheid? Want ek het nog nooit so `n bekoorlike mooi menslike gestalte gesien as die van jou nie, wat lyk soos diegene wat ek nou vir enkele oomblikke in die lig van die hemele aanskou het.”

[13] RafaEl sê: “Vriende van die Heer, dit was geen droom nie, maar die naakte waarheid, daarvan kan julle seker wees! As julle deur julle geloof en veral deur die suiwer liefde vir die Heer self meer voleindig raak in die gees, sal julle dit wat julle nou gesien het, ook aldeur op `n hoër vlak van lig en lewe heel gereeld en gedurende langer tye kan aanskou; maar wees vir die oomblik tevrede met wat julle gesien en gehoor het!”

[14] Daarop sê die visser: “O pragtige vriend uit die hemele van God! Die mens leef weliswaar vanaf sy geboorte te midde van louter wonders, en hyself is nog die grootste wonder; maar omdat hy konstant omring is deur die tallose wonders het hy daaraan gewoond geraak, let hy weinig daarop; en nog minder dink hy daaroor na wat hulle is en waarom, en wie die Een is wat hulle vir `n deel steeds opnuut tot lewe roep en ander weer langer, en weer ander, netsoos dit lyk, vir ewig in stand hou, netsoos die aarde en haar lande, berge, riviere, mere en seë, die maan, die son en alle tallose sterre.

[15] Maar as daar voor die oë van die mense nuwe tekens en wonders gebeur, netsoos dit nou by die gepaardgaande vele wonders in die aanwesigheid van die Heer die geval was, kry natuurlik ook die al lankal bestaande wonderwerke van die Heer as sodanig weer hulle regte waarde; dan slaan die gewekte mense ag daarop en loof en prys die ewige groot Skepper van die tallose wonderwerke. Onsself bekyk die natuur nou al met heel ander oë as ooit tevore.

[16] Vanaand het ons weer `n keer die reeds bekende lugverskynsels gesien, wat ons met die naam “fata morgana” aandui. Ons begryp natuurlik nie hoe en waarom dit ontstaan nie. Maar dat storms weldra daarop volg, dit weet ons uit ervaring, en tot nou toe beskou ons dit as waarskuwings vanuit die hemel, sodat `n mens homself by die verskyning daarvan in veiligheid moet bring. Sulke verskynsels sal egter verseker nog `n ander, dieper grondigheid hê. As dit nodig is vir ons, sal die Heer ons ook daaroor lig skenk; en as dit nie nodig is nie, is ons ook nie gretig daarna nie - want van nou af aan moet slegs die wil van die Heer oor ons heers! Ons dank jou vir jou besoek.” 

[17] Hierop sê RafaEl: “My beste vriende en broers in die Heer, wat ons aller Skepper en Vader is van ewigheid, ek het met julle nog die een en ander te bespreek, aangesien dit nou daaroor gaan dat die ou, uiters blinde en dom bygeloof geheel en al verdwyn.

[18] Julle ken nie die aarde nie en die maan, die son en alle ander sterre nog minder. Ek het na julle toe gekom om julle daaroor en oor nog baie ander dinge `n korrekte en waaragtige lig te gee; want as iemand verkeerde denkbeelde het oor die dinge en verskynsels in die natuurlike wêreld, kan hy onmoontlik die diepere, geestelike dinge ooit volkome vat en begryp nie. En omdat julle nou ook geroep is om die woord en die lewenslig na ander mense toe oor te dra, sal ek julle inwy in die geheime van die sigbare natuurlike wêreld.”

[19] Oor die aanbod van RafaEl was die mense uit Joppe buitengewoon bly, en netsoos hy ook by ander geleenthede gedoen het, stel hy, terwille van `n makliker en sneller begrip, alles plasties voor, waarmee die een verbasing op die ander volg, en verklaar alles aan hulle met enkele woorde op duidelike, voor die hand liggende wyse. Binne `n uur begryp die mense uit Joppe alles en prys hulle My wysheid. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205