Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 199

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die redding van die owerste

199 Toe die skip as te ware op en neer springend op die golwe ons oewer begin te nader, sê Ek aan die aanwesiges: “As iemand van julle nou na die oewer toe wil gaan, sal hy die rede vir hierdie storm sien, wat daarna ook onmiddellik sal gaan lê. Vier skepe met honderd-en-dertig soldate is deur die meer verswelg; alleen die een toegeboude skip, wat die owerste met sy ondergeskiktes en tien soldate dra, het hier aangekom en hulle sal Ons niks kan doen nie!”

[2] Toe Ek dit gesê het, staan verskeie van My leerlinge op, en veral die aanwesige leerlinge van Johannes wat by My is, wat baie geïnteresseerd was in die rede vir die storm; hulle gaan onmiddellik na die oewer en sien die skip al taamlik naby aan die oewer skommel. 

[3] Dit duur nie lank nie, of die skip word nogal hard deur `n hoë golf op die oewer neergewerp, en diegene wat daarin sit roep om hulp.

[4] Toe kom die skeepsknegte van Kisjona met `n fakkel uit hulle hut, maak die skip met toue vas aan `n stewige meerpaal en sê toe aan diegene wat in die skip was: “Uit die skip op die droë grond klim, kan julle self, as julle wil!”

[5] Toe vra die owerste: “Nou, die vreeslike storm het ons heeltemal in die war gebring! Sê ons tog waar ons nou is, en of hier vir ons `n herberg vir die nag te vinde is; want die skip het, ondanks sy digte en goeie bedekking, tog water in die inwendige ruim gekry, en daarin kan nie oornag word voordat dit oordag heeltemal opgedroog het nie!”

[6] `n Hoofskipper van Kisjona sê: “Wat die eerste betref is julle in die kuuroord van die ou Romein Markus; wat egter die onderdak vir die nag aangaan, daaroor is hy self die baas! Ons self is hier nie tuis nie en ken die reëls van die huis nie.” 

[7] Daarop sê die owerste: “Is hier dan geen dienare van die huis aanwesig nie?”

[8] Toe sê `n reeds aanwesige dienaar van Markus: “Julle moet eers aantoon waar julle vandaan kom, wie julle is en wat die doel van julle reis hierheen is; of gaan julle reis môre weer êrens anders heen? As julle geen duidelikheid daaroor wil of kan verskaf nie, dan kan julle die hele nag in julle skip bly, hoe nat dit ookal van binne is; en ons Romeinse nagwakers sal wel daarvoor sorg dat niemand van julle uit die skip kom nie!”

[9] Die owerste sê: “Luister hier, behoorlik brutale dienaar van jou meester! Ek is `n owerste van Herodus en het verskeie ondergeskiktes en tien soldate by my; ons kom eintlik uit Jerusalem, maar laastens uit die stad Tiberias, en die doel van ons reis is geleë in die feit dat ons die wil van ons koning moet gehoorsaam.”

[10] Die dienaar sê: “Ek weet goed dat die trotse en hebsugtige Herodus ook hierdie landstreek van Rome gepag het; maar hierdie plek met alles wat daarby hoort is `n uitsondering. Dit is `n deur Romeinse beskikking vir alle tye `n op sigself bestaande gastehuis, en Herodus het hier niks te soek en nog minder iets te doen en te gebied nie, behalwe as hy teen betaling as sieke vir die genesing van sy liggaam van die bad gebruik wil maak, wat hom, netsoos elke ander mens, ter beskikking staan. Vir die res word hier gladnie na hom geluister nie, en dit word hom selfs nie toegestaan om die grond te betree nie. As hy dit met geweld sou wil doen, sou ons weet om hom met geweld tegemoet te tree. Julle gehoorsaamheid aan die wil van julle meester en gebieder gaan ons hier dus niks aan nie; maar as julle miskien hier deur ons plek wil verder reis na `n ander plek, waar julle gebieder heers, dan sal ek ons wag roep, om julle hier te ontvang en oor die grondgebied van ons meester te begelei.” 

[11] Die owerste sê: “Nee, my vriend, dit is in dié geval nie nodig nie; want ons het eintlik hierheen gekom vanweë die kuuroord, en ons sou al `n paar uur vroeër hier aangekom het, as ons nie so `n verskriklike nood met die swaar storm moes deurgestaan het nie. Neem ons daarom maar op - ons sal julle geen onaangenaamhede besorg nie!” 

[12] Die dienaar sê: “Dra julle gevegswapens? As dit so is, moet julle dit hier eers in bewaring gee totdat julle verder reis; want hier mag slegs Romeine wapens dra!”

[13] Die owerste sê: “Natuurlik dra ons wapens, omdat ons soldate is; maar as daar in hierdie plek so `n wet en gebruik bestaan, sal ons onsself nie daarteen verset nie. Julle kan ons wapens dus in bewaring neem, maar dan moet julle wel daarvoor sorg dat ons vir die nag onderdak kry!”  

[14] Hierop roep die dienaar dadelik `n aansienlike aantal goed bewapende nagwakers, en toe hulle daar aankom, sê hy aan die owerste: “Nou kan julle aan land kom!”

[15] Toe gaan die soldate van Herodus dan ook dadelik aan land, gee hulle wapens af en word na `n pasgeboude slaaphut gebring, waar hulle `n tafel, voldoende banke en ook waar heel geskikte, skoon rusbeddens is. Op die vraag of hulle ook iets te eet en te drink kan kry, sê die dienaar: “Slegs brood en wyn, teen direkte betaling; van ander spyse het ons geen voorraad meer nie!”

[16] Die owerste sê: “Bring ons dan voldoende brood en wyn; want ons het nou almal baie honger en dors! Oor die betaling hoef niemand besorg te wees nie.”

[17] Toe word daar lig in die hut gebring en tegelykertyd voldoende brood en wyn. Die owerste betaal alles dadelik, waarna die dienaar en sy helpers die hut verlaat en die soldate van Herodus alleen laat, wat die brood en die wyn aanval en in korte tyd `n aansienlike hoeveelheid daarvan verorber.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205