Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 211

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

RafaEl by die soldate van Herodus

211 Nou kom ook die soldate van Herodus uit hulle slaaphut na buite en loop na hulle skip, om te sien of dit nog wel deugdelik en bruikbaar was om verder daarmee te vaar.

[2] Voordat hulle egter die skip behoorlik in oënskou neem, sien die kommandant ons vanaf die aanlêplek op `n klein verhoging van die oewer bymekaar staan, ongeveer tweehonderd treë van hulle verwyder, en hy sê aan die owerste: “Vriend, ons sal die inspeksie van die skip maar oorlaat aan ons troue soldate; hulle sal ook sonder ons baie goed in staat wees om te beoordeel in hoeverre die skip bruikbaar of nie bruikbaar sal wees nie. Maar ons sal ons begewe na daardie geselskap daar bo-op die hoër gedeelte van die oewer; want ek het die indruk dat die groot Majesteit en Heer Hom daar bevind. Ek het Sy kleed gisteraand goed onthou, en ook die van `n wondermooie jong man. Dit is vas en seker Hulle; laat ons daarom onmiddellik na Hulle toe gaan, want dit is die hoofsaak - al die ander sal later wel goed gereël kan word!”  

[3] Die hoofman het dit nog maar nouliks gesê of daar staan RafaEl, wat hy vanuit die verte herken het as die mooi jong man wat hy in die aand opgemerk het, al vlak voor hom en voor die owerste, en albei van hulle skrik so vir hierdie plotselinge aanwesigheid van RafaEl; want hulle kon egter nie begryp hoe hy oor `n afstand van tweehonderd treë in één oomblik by hulle kon gekom het nie. Hulle begin baie bang te word vir hom, sodat hulle hom nie durf vra hoe hy so vinnig na hulle toe gekom het nie. 

[4] Maar hy spreek hulle aan en sê (RafaEl): “Waarom is julle bang vir my? Ek sien tog nie afskrikwekkender daaruit nie en is ook nie van plan om julle ook maar die minste onaangenaamheid te besorg nie, en daarom is julle vrees vir my ydel en dwaas! - Sien julle dit nie in nie?”

[5] Die kommandant sê: “O bevallige jong man, ons sekerlik goed te verontskuldigde vrees vir jou is absoluut nie so ydel en dwaas as wat jy dink nie! Want as jy in enkele oomblikke na ons toe gekom het deur baie hard te stap, sou dit egter niks verrassend gewees het nie; want `n kerngesonde jong man kan net soos `n opgejaagde hert vinnige spronge maak. Maar as `n bliksem daar én hier aanwesig is, sonder enige geluid, dit is tog wel duidelik `n bietjie baie! Ek moet nou maar bedink dat vir jou - en nou ook ons - Majesteit en Heer, niks onmoontlik is nie, en dan is jou meer as snelle koms hierheen goed verstaanbaar vir ons; ons sou nou net eers van jou wil hoor, om welke uiters belangrike rede die groot Majesteit en Heer jou so bliksemsnel na ons toe gestuur het!”

[6] RafaEl sê: “Om aan julle die boodskap oor te bring dat julle nie nou dadelik na Hom toe moet gaan nie! Hy sal Self na julle toe kom en julle meedeel wat julle by julle terugkeer na Jerusalem in die saak met Herodus moet doen, en dit wil die Heer alleen aan julle sê, sonder dat daar getuies by is.

[7] Maar tewens het ek as dienaar van die Heer nog iets te doen, wat ook dadelik uitgevoer moet word. Kyk, die bodem van julle skip is deur die harde botsing teen hierdie ryklik van klip voorsiende oewer aansienlik beskadig! As dit nie hier op een van die mees vlakste plekke van die meer gelê het nie, sou dit al lankal gesink het; maar omdat die meer hier maar `n paar el diep is, kan die skip nie dieper sink as wat dit al gedoen het nie.

[8] Kyk nou net na julle soldate, hoe hulle met die ander skippers, wat hulle hoof skud, beplan wat daar met julle lekkende skip gedoen kan word! Om die water daaruit te skep, sal niks help nie; want dit sou `n netso vergeefse werk wees as wanneer iemand `n stroompie sou wou leegskep. Want daar sou immers eweveel en nog baie meer water weer opnuut in die stroompie stroom, as wat hy daaruit sou weghaal. Kom nou maar heel dapper met my saam en oortuig julle daarvan dat dit inderdaad so met julle skip gesteld is!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205