Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Oor die bestemming van die mense

22 Ek sê: “Luister, Nojed, en ook jou broers Hiponias en Rasan! Ek is geen Samaritaan netsoos jy dit bedoel en opvat nie, en tog is Ek ook `n Samaritaan; netso is Ek geen Judeër nie en tog weer wel `n Judeër; en ook is Ek geen heiden nie en tog weer wel `n heiden, anders sou Ek nie vriendelik met heidene kon omgaan nie. Kortom, Ek is alles met alles en in alles! Want waar die waarheid, die liefde en haar goedheid in volkome gemeenskap heers, daar is Ek ook by alle mense op die hele aarde, en Ek vervloek niemand wat die waarheid en haar goedheid nastreef nie. 

[2] Wie egter uit liefde vir die wêreld en vir homself die waarheid en alle goedheid daarvan die rug toekeer, en dus noodsaaklikerwys sondig teen die waarheid en haar goedheid, wat die ewige suiwer liefde in God is, die sondig ook teen God se orde en teen die onwrikbare geregtigheid daarvan, en vervloek homself.

[3] Maar as hy sy groot kwaad insien, tot die waarheid terugkeer en die waarheid en haar goedheid begin te soek en ook daarvolgens begin te handel, dan wyk die vervloeking van hom in dieselfde mate as waarin hy met volle erns die gevinde waarheid tot rigsnoer van sy lewe maak. Dan ondersteun God hom, verlig sy hart en verstand steeds meer en versterk sy wil, en dit sowel by heidene as by Judeërs. En so is Ek, vanuit God se gees wat in My woon, alles in alles sowel in heidene as in Judeërs.

[4] Jy beskou My ook as `n egte profeet, en Ek sê vir jou dat Ek dit ook is - en tog is Ek dit ook weer nie! Want `n profeet moes doen wat God se Gees hom gebied om te doen. Maar Ek is Self Heer en Dienaar, Ek skryf vir Myself die regte weë voor, en niemand kan My ter verantwoording roep en sê nie: “Waarom doen Jy dit? “Want Ek is Self uit en in Myself die Waarheid, die Weg en die Lewe; en wie volgens My leer sal handel en glo dat Ekself die Waarheid, die Weg en die Lewe en sodoende `n volkome onafhanklike, geheel vrye Majesteit is, sal ook netsoos Ek in homself die ewige lewe hê.

[5] Want as die mense van hierdie aarde kinders van God wil word, moet hulle in alle opsigte poog om net so volmaak te word as die ewige en heilige Vader in die hemel, wat in Homself die ewige Waarheid, die ewige Liefde en Mag is en al die eindeloos goeie, regverdige en heerlike wat daaruit voortkom. Daarom staan daar ook in die Skrif: “God skep die mens na Sy beeld, Hy maak hom tot Sy ewebeeld en blaas hom Sy asem in, sodat hy `n lewende, vrye siel kon word!”

[6] Op die manier is die mense van hierdie aarde nie enkel en alleen skepsels van die almag van JaHWeH nie, maar kinders van Sy gees en sodoende van Sy liefde, en dus - netsoos daar ook geskryf staan - self gode (vertaler: Ben-God in Hebreeus).

[7] En as hulle dit is - en ook hulle geheel vrye en deur niks beperkte wil sê hulle dit duidelik – dan is hulle ook geheel vrye meesters en regters oor hulleself. Maar hulle word eers volmaakte en volkome aan God gelyke meesters, deur God se wil, wat getrou aan hulle geopenbaar is, tot hulle eie wil te maak deur daarvolgens te handel, waarin hulle ook volkome vry is.

[8] God werk dan ook slegs hoogs selde sigbaar onder die mense, omdat Hy hulle reeds vanaf die oerbegin vanuit Homself die vermoëns gegee het om hulle op eie krag geleidelik aan tot die hoogste, aan God gelyke lewenspeil te kan verhef.

[9] Wie dus die waarheid en haar goedheid begin te soek, sodra hy sy verstand gaan gebruik, en ook dadelik handel volgens dit wat hy gevind het, wat reeds die juiste weg betree, sal God die weg steeds meer en meer vir hom verlig en hom na Sy heerlikheid lei. Maar wie traag word, ook deur sy eie wil, en hom heg aan hierdie wêreld en haar verleidelikhede, wat maar net ter beproewing van die vrye wil vir die uiterlike en verganklike sintuie van die materiële of liggaamlike mens aanwesig is, die oordeel homself ook uit vrye wil en maak hom gelyk aan dit wat dood en geoordeel is - en is sodoende self ook al so goed as geoordeel en dood.

[10] En hierdie dood is dan dit wat jy onder die begrip “hel” as straf vir die siel vanweë haar sondes verwerf het, omdat jy nooit meer uit vrees vir so `n straf die sonde wil vermy en ook nie wil hoop op `n hemel as beloning vir die handel volgens die bekende waarheid nie. En daarin gee Ek jou heeltemal gelyk; want so `n hel bestaan egter nêrens, netso min as so `n hemel. En tog bestaan daar `n hel en `n hemel, maar nie buite die mens nie, maar binne-in hom, na gelang hy homself rig volgens die manier wat Ek jou so pas laat sien het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205