Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die bedenkings van Nojed oor die goddelikheid van die Heer

24 Nou sê Nojed volkome verbaas: “O groot en onbegryplik wyse Vriend! Hierdie woorde klink wonderlik in ons ore en ons hart! Uit Jou woorde het ons begryp dat Jy meer is as `n profeet; want behalwe Moses en Elia het geen profeet dit sover gebring, en selfs hulle spreek nooit oor hulle eie heerlikheid nie, maar altyd maar net oor die heerlikheid van God. Maar Jy sê dat Jy `n geheel eiemagtige Heer is, dat Jy kan doen wat Jy wil en dat geen God en nog minder `n mens Jou ter verantwoording kan en mag roep nie en vra: “Waarom doen jy dit of dat?” Luister, as die getuienis wat Jy ons oor Jouself gee sonder twyfel waar blyk te wees, dan bestaan daar tussen Jou en God geen ander verskil meer as dat Jy netsoos ons `n in die tyd ontstane God is nie, en JaHWeH daarenteen sedert ewigheid God is! Wel nou, dit is vir ons verstand tog egter wel bietjie te hoog om te begryp, ofskoon ook ons goed weet dat God deur die mond van die groot profeet tot die toenmalige vrome Judeërs gesê het: “Julle is gode (vertaler: God in Hebreeus), as julle My gebooie noukeurig hou en sodoende My wil tot die van julle maak!”

[2] Sedertdien het daar tot in ons tyd baie Judeërs geleef wat God se gebooie van kindsbeen af aan heel streng opgevolg het; maar onder hulle was daar nie één wat ook maar in die verste verte durf beweer het dat hy netsoos God `n eiemagtige meester was nie, wat nóg teenoor God en nog minder teenoor die mense ooit verantwoording skuldig was vir al sy doen en late nie. Vriend, hoe moet ons dit eintlik volgens waarheid opvat?”

[3] Ek sê: “Dit is baie maklik en duidelik! Het Ek dan nie gesê dat `n mens wat God en Sy wil volkome leer ken het, onwrikbaar daarvolgens handel en so God se wil geheel tot syne maak, aan God gelyk is nie?! En as God deur Sy Liefde, Wysheid en Mag `n Heer is, dan is elkeen wat in alles aan God gelyk geword het, dit tog ook in die gees? 

[4] Ek dink dat dit tog nie so moeilik te begryp is nie. Want waaroor sou hy verantwoording van welke aard dan ook moet aflê teenoor God of selfs teenoor `n mens, as hy maar net vanuit God se wil en gees dink, wil, spreek en handel?

[5] Is God se suiwer wil in die mens soms `n minder goddelike wil as in God Self, en het hy miskien minder selfstandige mag as in God, wat juis deur Sy wil oral en dus heel seker ook in die mens aanwesig is en werk? Daarom moet `n egte mens dan ook netso volmaak word en wees as sy Vader in die hemel. En as die mens dit is, is hy dan nie ook `n meester vol wysheid, mag en krag nie?!”

[6] Daarop sê Nojed: “Groot en werklik meer as wyse Vriend! Jy het lewende en ligtend ware woorde gespreek, en ek kan niks daarteen inbring nie. Maar één ding bly daarnaas ook nog waar, en dit is die volgende: Die mens kan dit via die weg van absolute selfverloëning wel sover bring dat hy op God gaan lyk en sodoende ook magtig word, netsoos dit veral by die groot profete oorduidelik geblyk het; maar tog is en bly die mens in `n bepaalde opsig slegs `n in die tyd ontstane en dus met al sy op God lykende volmaakheid `n onderdanige en beperkte, heel kleine God, terwyl JaHWeH ewig, dus sonder begin, oneindig in tyd en ruimte en derhalwe deur niks beperk is nie. En die meer as eindeloos groot verskil tussen die een en ewig enig ware God en die in die tyd ontstane menslike God sal ewig nooit weggevee kan word nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205