Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer onderweg van Jerigo na Nahim in Judea (Lukas 19)

Die Heer vertrek uit Jerigo. Zaggeüs in die moerbeiboom

26 Toe Ons weer alleen was, sê die herbergier aan My: “O Majesteit en Heer, wil U nie vanmiddag nog by ons bly nie?”

[2] Ek sê: “Vriend, van dit wat julle nodig gehad het, het Ek julle goed voorsien! Bly nou in My leer en handel en leef daarvolgens, dan sal Ek met My gees ook in julle bly; maar met My liggaam moet Ek vanweë die vele armes, blindes en dooies nou van hier af vertrek. Bowendien sal Ek, as Ek nou oordag deur Jerigo trek, tog al deur baie mense herken word wat My by My vertrek vooruit en agterna sal loop, wat baie opsien sal baar. As Ek eers nog vanmiddag hier sou bly, terwyl daar baie gaste hier sal arriveer, sou dit My aanwesigheid nog meer bekend maak. En dit wil Ek nie, vanweë die aanwesige tempeldienare! Daarom sal Ek My, met My leerlinge, nou dan ook dadelik hiervandaan in die rigting van Nahim begewe.” 

[3] Hierna sê Ek dan ook aan die leerlinge dat hulle hulleself gereed moes maak om te vertrek.

[4] Dit doen hulle, en Ons gaan op weg. Maar omdat verskeie knegte van die huis dit gehoor het, loop hulle buite na die plein toe en sê aan die mense, dat die beroemde Heiland Jesus van Nasaret weldra uit die huis sou vertrek, en wel in die rigting van Nahim.

[5] Toe die volk dit hoor, loop hulle `n hele ent op die weg vooruit, en op die manier raak die weg vol mense, tot ver verby die groot tolhuis van Zaggeüs, wat owerste van die tollenaars was; want almal wil in My die man sien, oor wie hulle al soveel wonderlike dinge gehoor het.

[6] Die tolhuis van Zaggeüs is ruim `n halfuur ver buite die stad in die rigting, teenoorgestel aan die waaruit Ons na Jerigo gekom het. Toe Zaggeüs sien dat baie van die volk uit die stad Ons nog anderkant sy tolhuis op die pad verdring, kom hy sy huis uit en vra aan die mense wat daar aan die gang was.

[7] Diegene aan wie hy dit vra, sê dat Ek, die beroemde Heiland Jesus van Nasaret in Galilea, weldra met My leerlinge langs hierdie weg na Nahim sou reis en dat hulle My wou sien. 

[8] Toe Zaggeüs dit hoor, sê hy: “O, soveel te meer moet ek Hom sien! Want ek het baie groot wonderbaarlike dinge oor Hom gehoor van my vriend Kado, die oue en die jonge, en van sy ou dienaar Apollon, en ook van `n blinde wat `n paar dae gelede deur die Heiland siende gemaak is; en dit spyt my verskriklik dat ek Hom nie te siene gekry het nie, omdat Hy dadelik na Sy aankoms in Jerigo reeds die volgende môre na Essea gegaan het. Maar noudat Hy nogmaals via Jerigo en juis oor hierdie weg verder sal reis, moet ek Hom sien, al kos dit ook wat!” 

[9] Maar omdat die volk op die weg hulle steeds meer ophoop en Ons Zaggeüs, wat klein van postuur was, goed sien dat hy My deur die mensemassa heen nouliks te siene sou kon kry, klim hy baie gou in `n moerbeiboom en wag op die manier totdat Ek sou verbykom.

[10] Terwyl die volk vanweë My reeds die strate van die stad en meer nog die groot weg tot verby die tolhuis beset het en Ek My met My leerlinge nog in die voorhuis van Kado bevind, omdat Ek wel geweet het hoe die al te diensvaardige huisdienare van Kado My sonder opdrag bekend gemaak het, sê Ek aan die herbergier, wat nog naas My staan, wat daar in `n baie kort tyd gebeur het, waarop hy My belowe om sy knegte streng ter verantwoording te roep.

[11] Ek raai hom egter aan om dit agterweë te laat, omdat die knegte dit met goeie bedoelings gedoen het. Maar Ek verlang van die herbergier dat hy Ons langs die agterste uitgang na buite sou laat, omdat daar aan die hoofingang te veel mense op My wag.

[12] Dit doen die herbergier dadelik, en so kom Ons maklik en sonder dat die groot volksmenigte Ons sien, via `n smal en weinig gebruikte straat buite; en daar slaan Ons `n veldweg in, wat ongeveer honderd treë voor die groot tolhuis op die hoofweg uitkom, en so ontloop Ons sowel die groot gedrang in die stad as die grootste stuk van die hoofweg vanaf die stad tot by die tolhuis.

[13] Toe Ons, netsoos gesê, vlak by die groot tolhuis op die hoofweg uitkom en Ek deur enkele mense herken word, ontstaan daar weldra `n groot rumoer, en vele jubel luidkeels: Daar is Hy, daar is Hy - die groot Heiland van Nasaret! Heil Hom, en heil ook ons, omdat ons Hom te siene gekry het!”

[14] My leerlinge bedreig egter die lawaaierige volk en beveel die om te swyg. 

[15] Maar Ek wys hulle tereg oor hulle gedrag teenoor die volk en sê: “Ek is die Heer! As Ek die luide gejubel van die volk verdra, sal julle dit ook wel kan verdra! Laat altyd liefde en geduld julle skrede lei, en nooit dreig en heers nie! Dit is immers onbeskryflik baie mooier om deur die mense geliefd, as deur hulle gevrees te wees!”

[16] Toe die leerlinge dit van My hoor, gee hulle toe, en Ons loop rustig verder; so kom Ons weldra by die moerbeiboom, waarin die klein Zaggeüs, die owerste van die tollenaars, op Ons gewag het.

[17] Toe Ons by die boom kom, bly Ek staan, kyk na bo en sê: “Zaggeüs, kom nou vinnig uit die boom; want vandag moet Ek in jou huis wees!”

[18] Toe klim Zaggeüs vinnig uit die boom en ontvang My en My leerlinge met baie groot vreugde.

[19] Maar toe die volk dit sien, begin die al gou te mor en sê: “O, kyk nou net na die Heiland, wat sê dat Hy Sy werk deur God se gees verrig! Dit moet wel `n mooi gees van God wees, wat by tollenaars, wat tog altyd die grootste sondaars is, na binne gaan en daar eet en drink!” 

[20] Daarop begin die morrende volk hulle steeds meer te versprei.

[21] Toe Zaggeüs egter merk dat die volk sulke opmerkings oor My maak, raak hy vanweë My geërger oor die volk; hy kom na My toe en sê hardop: “Kyk, o Heer, ook sonder die getuienis van die volk weet ek wel dat ek `n sondaar is, en ek is dit dus ook egter nie waardig dat U, as baie regverdige, by my wil verblyf nie; maar omdat U my in U groot barmhartigheid tog gesien het en my so `n groot en onskatbare vriendskap betoon, wil ek die helfte van my vele goedere aan die armes gee - en as ek iemand bedrieg het, laat hy dan na my toe kom, dan sal ek dit viervoudig aan hom terugbetaal!”

[22] Toe die volk, wat nog in groot getalle aanwesig was, die hardop gedane uitspraak van Zaggeüs hoor, bedaar die gemor; want enkele beteres sê onder mekaar: “Kyk net, `n mens wat dit wil en ook seker sal doen, is nog nie so `n baie groot sondaar nie! Want aalmoese maak `n groot aantal sondes goed, en wie bepaalde goed, wat hy onregmatig vir homself toegeëien het, viervoudig vergoed aan diegene van wie hy dit gesteel het, het sy skuld teenoor God en die mense afgelos - en sodoende kan ons dit nie vir die Heiland as `n fout aanreken, as Hy binnegaan by `n sondaar wat sy lewe wil verbeter nie.”

[23] Maar ander, en veral die armes, reken al vooraf uit of hulle by die verdeling van die goedere iets van Zaggeüs af sou kry, en hoeveel. Ander dink weer daaraan hoe hulle met valse getuies na Zaggeüs toe sou kon gaan en vir hom aantoon, dat ook hulle vir so- en soveel in die en die tyd en by die en die geleentheid deur hom bedrieg was, om vervolgens vier keer soveel van hom terug te kry.

[24] Later in huis het Ek Zaggeüs egter op al die dinge gewys en hom aangeraai om verstandig en versigtig te wees, wat hy ook trou gedoen het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205