Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer genees die seun van Zaggeüs

28 Toe die Judeërs dit van My gehoor het, word hulle boos, en enkele sê onder mekaar: “Die fariseërs het uiteindelik tog gelyk as hulle hierdie Galileër vervolg; want uit Sy woorde kom duidelik na vore dat hy die Romeine, wat Hom vanweë Sy towery as `n god beskou, teen ons sal opsit, en hulle sal ons verseker al ons regte afneem en ons heeltemal tot hulle slawe maak. As hy die Een is wat die verlore ryk van God en Sy geregtigheid sal terugbring, en as dit dan moet bestaan uit wat Hy nou aan ons geopenbaar het, moet Hy Sy Godsryk en die mooi geregtigheid daarvan maar self hou! En as Hy daarmee aangaan om aan ons Judeërs `n dergelike Godsryk en die geregtigheid daarvan steeds harder te verkondig, dan sou dit wel net kan gebeur dat die Judeërs hom nog eerder sal wurg as Hy die Judeërs met die hulp van die Romeine!” 

[2] Toe My leerlinge hierdie praatjies hoor, sê hulle aan My: “Heer, hoor U nie wat die mense sê nie? Laat U hulle nou ongestraf hiervandaan gaan?”

[3] Ek sê: “Niemand het nog sy hand na My uitgestrek om My te gryp nie; waarom sou Ek hulle dan straf? Ek het eers gespreek, en nou praat hulle onder mekaar en begin hulle uit die voete te maak; want My Woord het nie vir hulle gesmaak nie en daarvoor straf Ek die blindes nie. Wanneer hulle egter eenmaal hulle hande na My sal uitstrek, sal die straf ook oor hulle kom, netsoos Ek julle al verskeie kere getoon het. Laat hulle nou dus maar ongestraf praat en hulle weë gaan! Maar laat Ons nou die huis van vriend Zaggeüs binnegaan, dan sal hy `n middagmaal vir Ons klaarmaak.”

[4] Na hierdie woorde van My gaan ons die huis van Zaggeüs binne, wat Ons dadelik brood en wyn laat bring en sy mense beveel om hulle uiterste bes te doen om Ons so goed moontlik te bedien.

[5] Toe Ons nou in `n baie ruim en ryk ingerigte kamer sit en Ons met brood en wyn verkwik en versterk, begin Ons Zaggeüs My uit volle bors te bedank, omdat Ek die mense uit Jerusalem, van wie hy `n afkeer gehad het, gesê het wat hulle al lankal verdien het. Want hoewel Zaggeüs `n nakomeling van Abraham was, was hy `n Samaritaan en daarom des te meer gehaat by die mense uit Jerusalem.

[6] Hy vra My dan ook of Ek iets daaraan het dat hy `n Samaritaan was.

[7] Maar Ek sê aan hom: “Bly jy maar wat jy is, en wees in alles regverdig uit ware liefde vir God en jou naaste, dan sal jy My beter geval as die Judeërs, wat die goud van die tempel kus en die armes met honde van hulle huisdeur laat wegjaag! Daarom sal ook Ek hulle binnekort laat wegjaag en oor die hele wêreld onder vreemde volkere versprei, en hulle sal voortaan geen eie land en geen ryk meer besit nie. Maar Ons laat hulle nog `n kort tydjie hulle gang gaan en sondig, totdat hulle maat vol is!”

[8] Na hierdie paar woorde van My bedank Zaggeüs My weer, en hy vra My om hom raad te gee oor wat hy moes doen met sy oudste seun, wat al sestien jaar oud was, maar sedert drie jaar waansinnig en byna van dag tot dag tot groter raserny verval. Hy het reeds alle bekende en beste artse na sy seun toe laat kom, en almal het probeer om hom te genees; maar al hulle kennis en moeite het nie alleen heeltemal sonder resultaat gebly nie, maar sy seun het na elke behandeling van `n arts nog erger geword as daarvoor.

[9] Toe sê Ek aan Zaggeüs: “Vriend, geen enkele arts kan met sy kruie `n dergelike kwaal genees nie! Maar bring jou seun hier, dan sal jy die mag van God se heerlikheid sien!” 

[10] Toe beveel Zaggeüs sy knegte om sy seun stewig vasgebind uit sy veilig afgeslote kamer te haal.

[11] Toe sê die knegte: “Heer, dit sal in die teenwoordigheid van hierdie vreemde gaste baie moeilik gaan; want ten eerste raas hy nou byna aan één stuk deur, en ten tweede stink hy erger as die pes, omdat hy hom voortdurend met sy ontlasting bevuil!”

[12] Toe sê Ek: “Bring hom maar hier; want Ek wil hom sien en genees!”

[13] `n Kneg, wat in die huis hoog in aansien gestaan het, sê: “O Vriend, alleen God kan hom genees, maar op hierdie aarde geen mens meer nie! As Jy hom ook genees, is Jy geen mens nie, maar `n God!”

[14] Ek sê: “Hou jou nie daarmee besig nie, maar doen wat jou gesê is!”

[15] Toe gaan die knegte die seun haal, en al My leerlinge skrik vir hom en sê: “Hy is nog erger daaraan toe as wat ons gesien het in die land van die Gadarene!”

[16] Maar Ek staan op, bedreig die bose geeste in die seun en beveel hulle om hom oombliklik vir altyd te verlaat.

[17] Toe ruk hulle die seun nog één keer heen en weer en vlieg in die gedaante van vele swart vlieë uit die seun, wat daarop volkome gesond word.

[18] Toe sê Ek aan die knegte: “Bring hom nou na buite na die bron en reinig hom; gee hom ook skoon klere en bring hom dan weer hier, sodat hy saam met Ons die middagmaal kan gebruik!”

[19] En so gebeur dit. Toe die seun nou gesond en gereinig aan Ons tafel sit, kom alle inwoners van die huis, verwante en bekendes na Ons kamer en was enorm verbaas oor so `n snelle genesing van die seun; en Zaggeüs bedank My uitbundig vir hierdie genesing.

[20] Die hoofkneg sê aan My: “Heer, U is geen mens netsoos ons nie, maar U is `n egte God, wat ons mense altyd wil en sal aanbid!”

[21] Terwyl die kneg nog so spreek, word die middagmaal ook op tafel gesit, en Ons begin te eet.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205