Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Waarom die besetenheid van die seun toegelaat word 

29 Tydens die eet en drink vra sommiges aan die geneesde seun, wat daar nou heeltemal fris en opgewek uitsien, of hy in sy siek toestand ook baie pyn moes deurgemaak het.

[2] Maar hy (die geneesde seun) sê: “Hoe kan ek dit nou weet? Ek was immers so goed as dood, het geen gevoel gehad nie en was self ook van niks om my heen bewus nie! Maar ek weet wel, dat ek my voortdurend in `n droom bevind het en in `n mooi omgewing met goeie mense gepraat het.” 

[3] Dit verbaas die aanwesiges en hulle kon dit nie begryp nie, en Zaggeüs vra My hoe dit moontlik was, en waarom so-iets deur God toegelaat word.

[4] Ek sê: “Vriend, daaraan sal ons nou nie baie woorde verspil nie! By sulke kwale trek die siel hom terug in die hart, en één of ook baie vele bose en onrein geeste bewoon die res van die liggaam en doen daarmee wat hulle wil, maar die siel wat in die hart rus, merk niks daarvan nie.

[5] Maar so `n besetenheid word toegelaat sodat die mense, by wie die geloof in God en in die onsterflikheid van die siel byna heeltemal verdwyn het, tog weer aan geestelike dinge begin te dink en ook daarin gaan glo. Want ook julle het al swak geword in die geloof, en daarom was hierdie les vóór My koms na dié huis ook baie noodsaaklik. 

[6] As Ek eerder gekom het, sou jy My self nie geglo het soos wat jy My nou glo nie; en as jou seun, van wie jy hoë verwagtings gehad het, nie die kwaad oorgekom het nie, sou trots en hoogmoed jou dermate in hulle greep gekry het, dat jy `n ware duiwel onder die mense sou geword het. Jy sou elke geloof in God uit jouself verdryf het en die mense as suiwer masjiene beskou het, wat maar net waarde vir jou sou gehad het, as hulle jou vir byna niks sou dien nie en jou aan nog groter rykdom sou help.  

[7] Maar toe jou seun, wat jou liefling en jou groot trots was, so siek geword het soos wat Ek hom hier aangetref het, het daar iets in jou verander. Jy het weer aan `n God begin dink en om in Hom te glo, en jy het deemoediger van hart geword. Natuurlik het jy daarnaas nog jou toevlug geneem tot alle artse wat jy maar ken, heidene of Judeërs - wat jou om `t ewe was - en het baie geld daarvoor betaal; maar toe jy sien dat geen enkele arts, geen Esseen en nog minder een of ander towenaar jou seun kon help nie, het jy verdrietig geword en het begin om ernstig daaroor na te dink waarom God, as Hy sou bestaan, jou met so `n kwaad besoek het.

[8] Jy begin weer in die Skrif te lees en ontdek steeds meer dat jou handelswyse teenoor jou medemense nie in orde was nie, en jy het God dan ook die gelofte gedoen dat jy in volle erns al die deur jou begane onreg weer veelvoudig sal wil goedmaak.

[9] Toe die voornemens in jou steeds ernstiger en waaragtiger geword het en dit vir jou ook duideliker geword het dat alleen die almagtige Vader in die hemel jou kan help, tóe kom Ek na hierdie streek en het jy gehoor wat Ek aan die blinde man gedoen het.

[10] Toe word jou geloof in God ook sterker en intenser, omdat jy van die ou en die jong Kado `n getuienis oor My gekry het, wat in jou geen twyfel laat bestaan dat Ek nie net `n profeet nie, maar die Heer Self is, - en kyk, so het jy ryp geword daarvoor dat Ek nou na jou toe gekom en jou seun met My mag gehelp het. 

[11] As jy nou goed daaroor nadink, sal dit vir jou wel duidelik wees waarom Ek allerlei kwaad toelaat by mense, in wie se hart elke hemelse lewensvonk nog nie volkome uitgedoof is nie.

[12] By geheel verdorwe en geraffineerde lewende mense, wat geen vermaning van My meer werd is nie, bly dergelike toelatings om hulle te verbeter natuurlik agterweë; want dit baat nie meer nie en maak hulle nog slegter as wat hulle alreeds is. Maar die soort mense verbruik hulle materiële lewe aan hierdie kant; na die lewe staan hulle hulle eie oordeel te wagte, en dit is die ander, ewige dood.

[13] Diegene by wie Ek nog allerlei leed en rampspoed toelaat, help Ek op die regte tyd; diegene wat Ek egter sy aards trots en swelgend goeie lewetjie ongehinderd verder laat geniet, dra sy oordeel en ewige dood reeds in hom en dus ook oral met hom saam. Nou weet jy dus ook waarom menigeen met wêreldse aansien en wêreldse rykdom ongestraf verder kan sondig en gruwelike dinge kan doen tot by die dood van sy liggaam.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205