Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die genesing van die blinde meisie, Achaia

32 Na hierdie woorde van My gaan die Grieke na hulle afgod en hef `n luid biddende geklaag aan wat iets minder as `n halfuur duur, natuurlik sonder enige resultaat.

[2] Toe hulle hulle klaende gebed beëindig het, kom die Griek weer na My toe en sê: “Vriend, net soos wat Jy sien, is ons moeite nou net soos altyd volkome vrugteloos gewees! Nou is dit Jou beurt om ons die beloofde feitelike bewys te lewer, waarkragtens julle God die enig ware sou wees. As Jy slaag, sal ons dadelik vir altyd Judeërs word netsoos julle!”

[3] Ek sê: “Gaan haal dan nou jou blinde dogter, en oortuig jou daarvan dat sy nog heeltemal blind is! Eers daarna sal Ek haar oë open.” 

[4] Omdat hy nou al glo dat sy dogter siende sou word, gaan die Griek baie bly na die blinde meisie en bring haar na My toe, met die woorde: “Hier is sy, beste Vriend, en sy is nog heeltemal blind; wees nou so goed om haar oë met die hulp en lewende mag van Jou God te open!” 

[5] Ek sê aan die meisie: “Achaia, sou jy netsoos die ander mense die lig en tallose ander pragtige dinge op die aarde wil sien?”

[6] Die meisie sê: “O Heer, as ek deur U mag sou sien, sou ek meer as gelukkig wees en U meer liefhê as alles ter wêreld! O, open tog my oë!”

[7] Toe adem Ek oor haar oë en sê: “Achaia! Ek wil dat jy op dié oomblik sien, en dat jy voortaan nooit meer blind sal word nie!”

[8] Toe Ek hierdie woorde oor die meisie uitgespreek het, word sy volkome siende en wis van blydskap nie wat sy nou die eerste moes doen nie, en so gaan dit ook met haar ouers.

[9] Eers na `n rukkie val die meisie en haar ouers en broers en susters aan My voete, en hulle sê: “O Heer! U is meer as alle mense op die hele aarde! U is Self die een en enig ware God, nie alleen van die Judeërs nie, maar van alle mense op die hele aarde! U alleen wil ons elke offer bring en ons lewe lank U alleen liefhê, loof en prys!”

[10] Ek sê: “Achaia, hoe kom jy nou daarby om My as `n God te prys? Sien jy dan nie dat Ek `n mens is nie, netsoos die ander wat om jou heen is?”

[11] Die meisie sê: “Dit is wel so, dit wel, maar alleen volgens die skyn, in U uiterlike vorm; maar U innerlike is vervul met God se krag, en dit is immers eintlik die enig ware God! Bowendien het U nie aan my gesê: “Die God van die Judeërs maak jou siende!” nie, maar U het gesê: “Achaia, Ek wil dat jy sien!”, en toe word ek siende! U het my dus gehelp vanuit U eie mag, wat suiwer goddelik moet wees, omdat ek anders wel vir altyd blind sou gebly het. Aan U dus al my liefde en diepste verering!”

[12] Na hierdie betuiging kom ook alle ander en loof en prys My, en aller oë was op My gerig.

[13] Terwyl almal na My kyk en My loof en prys, laat Ek die tempel saam met sy afgod deur die mag van My wil verdwyn, en sê toe aan die Grieke: “Omdat julle nou die regte en enig ware God gevind het, het Ek vanuit My volmaakte mag julle afgod met die bybehorende tempel vernietig. Gaan soek maar die plek waar die tempel gestaan het!” 

[14] Toe gaan almal na die tempel kyk, en hulle kon nie meer vasstel waar dit tevore gestaan het nie; want Ek het nie alleen die tempel met die afgodsbeeld nie, maar ook die heuwel vernietig.

[15] Toe die Grieke dit sien, begin hulle My nog luider te loof en te prys, en hulle vra My wat hulle moes doen om die barmhartigheid wat hulle nou bewys was, meer waardig te betoon.

[16] Ek onderrig hulle met `n paar woorde, almal neem My leer aan en weldra het hulle `n goeie gemeente in My Naam gevorm.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205