Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Oor die toelaat van nood en siekte

35 Aangesien die son egter reeds ondergegaan het, sê Ek aan die Grieke: “Ek laat julle heeltemal vry; as julle onderdak vind, kan julle vannag hier in Nahim bly, of ook na huiswaarts keer. Nóg die een nóg die ander sal vir julle `n nadeel wees.” 

[2] Die Griek, wat die vader van die blinde meisie en die hoof van die Griekse dorpie was, sê: “O, Heer, Heer, Heer van ewigheid, met onderdak is dit hier wel goed! Ons is weliswaar ongeveer `n honderd persone, maar by die gelukkige weduwee kan en - met U almagtige hulp - sal ons almal `n baie ruim onderkome vind. As ons vannag in U geselskap mag bly, dan sal ons bly, al sou al ons wêreldse prulle tuis vannag ten gronde gaan; want om één Woord uit U goddelike mond te hoor is eindeloos baie meer werd as alle skatte der aarde en meer as die son, die maan en alle sterre! Ons bly daarom hier. Vir wat die herberg sal kos het ons genoeg geld by ons; en al sou dit ons al ons goedere kos, dan bly ons tog by U, o Heer, Heer, Heer! Want al het ons ook al ons aardse goedere om U ontwil verloor, maar egter U barmhartigheid daarby gevind, dan het ons daardeur `n eindelose groot wins geboek! Daarom bly ons in U nabyheid, bereid tot elkeen offer wat ons kon opbring!” 

[3] Ek sê: “Bly dan - vir al die ander sal Ek goed sorg! Want waarlik, Ek sê vir julle: Wie se gesindheid en geloof in die vervolg nie sal wees soos die van julle nie, sy siel sal die ryk van God nouliks verwerf! As julle op die manier in julle hart steeds by My sal bly, sal Ek, kragtig werksaam in die gees, ook by en te midde van julle bly; en diegene by wie Ek sal bly, sal nooit gebrek en nood hoef te ly wat hulle aardse behoeftes betref nie en nog minder wat betref die behoeftes van hulle siel.

[4] Gebrek, nood en allerlei ellende laat Ek alleen onder die mense kom as hulle heeltemal afvallig van My geword het, en deels duister en dom afgodedienare en deels suiwer selfsugtige en goddelose wêreldse mense geword het. Want nood en gebrek dwing die mense om na te dink oor die oorsake van hulle ellende en maak hulle vindingryk en skerpsinnig, en op die manier sal daar baie vinnig verstandige en wyse manne opstaan uit `n volk, wat hulle medemense die oë open en hulle die bronne van die algemene ellende toon. Dan verlaat vele hulle verlammende traagheid om hulle te bewapen vir die stryd teen die magtig geworde leeglopers, wat as tiranne heers oor die volkere wat hulle met blindheid geslaan het en wat die eintlike aanstigters van die algemene ellende op hierdie aarde is. Hulle sal deur gereelde harde stryd heeltemal oorwin en verdryf word, of op sy minste gedwing word om die volkere sulke wette te gee wat daaronder kan lewe. En so doen dan altyd geluk en welstand hulle intrede onder die mense, na gelang die mense weer teruggekeer het op hulle weg na die enige ware God.

[5] As die mense hulle nooit van God sou afgekeer het nie, sou hulle ook nooit tot nood en ellende verval het nie.

[6] As julle dus ook in julle nakomelinge steeds in geloof en daad volgens My leer in en by My bly, sal julle ook nooit ellende hoef deur te maak nie. Ook siektes van die liggaam sal julle siele nie angstig en kleinmoedig maak nie; want liggaamlike siektes is altyd maar net die bittere gevolge van die nie opvolg van die gebooie wat Ek die mense altyd duidelik meegedeel het.

[7] Wie hom reeds vanaf sy jeug trou aan hierdie gebooie sal hou, sal tot op hoë leeftyd geen arts nodig hê nie en sy nakomelinge sal nie hoef te ly onder die sondes van hulle ouers nie, netsoos dit by die ou, aan God troue volkere gereeld eeue lank die geval was. Maar steeds wanneer die mense begin te ontaard, het daar ook weldra ernstige liggaamlike lyding oor hulle gekom en het hulle die gevolge leer ken van die te weinig of heeltemal nie in ag neem van God se gebooie nie.

[8] Want as daar byvoorbeeld iemand is wat vir een of ander doel `n kunstige masjien kan vervaardig, dan begryp hy vanself ook hoe dit vir `n doelmatige gebruik toegepas moet word en hoe mens die masjien moet hanteer, sodat dit nie beskadig raak en vervolgens volledig ongeskik word vir verdere gebruik nie. En as die deskundige maker diegene wat die masjien van hom gekoop het om te gebruik, sê en laat sien - waarop hy moet let om daar `n duursame en nuttige gebruik van te kan maak, moet die koper tog ook presies in ag neem wat die meester van die masjien vir hom gesê het. Maar as die koper daar mettertyd uit eiewysheid of ligsinnigheid nie meer oplet hoe die masjien behandel en gebruik moet word nie, dan is dit aan homself te wyte dat die masjien beskadig geraak en vir die regte gebruik dus geheel of gedeeltelik onbruikbaar geword het.

[9] God is die groot Heer van die masjien van die menslike liggaam, wat Hy as `n uiters kunstige masjien vir die mense ingerig het om `n nuttige gebruik daarvan te maak. As die siel hierdie tot lewe gebringde masjien gebruik volgens die advies wat haar duidelik meegedeel is - en dit is die tien gebooie van God - dan sal die liggaam ook steeds sy goed te gebruikte gesondheid behou; as die siel egter mettertyd traag en sinnelik geword het en geen ag meer slaan op hierdie gebooie van die ewige groot Heer van die masjien nie, dan is dit ook aan haarself te wyte as haar liggaam tot allerlei ellende verval het. Ek dink dat julle My almal goed begryp het; laat Ons nou dus na die herberg gaan.”

[10] Die Grieke bedank My uitvoerig vir hierdie les, en ook My leerlinge sê: “Dit was weereens duidelike taal!”

[11] Daarop gaan Ons op weg om Ons na die reeds vermelde herberg te begewe, waar al `n ryklik en goedbereide maal op Ons gestaan en wag het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205