Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Oor die geestelike omstandighede van ons tyd

40 (Die Heer:) “In dié tyd sal die ware geloof en die suiwer liefde heeltemal uitdoof. In plek daarvan sal daar onder die ergste strafregtelike wette `n waangeloof aan die mense opgedring word, netsoos ook `n kwaadaardige koors die menslike liggaam die dood opdring. En as daar een of ander deur My gees versterkte gemeente sal opstaan teen die valse leraars en profete wat in die goud, silwer, edelstene en ander groot aardse goedere bid en wat hoogmoedig, heerssugtig en selfsugtig soos hulle is, hulle aan die mense voordoen as julle enig ware opvolgers en My plaasvervangers om ten hoogste vereer te word, en as die gemeente hulle sal toon dat hulle juis die teendeel is van hoe hulle hulleself met die brutaalste en godvergete onbeskaamdheid vir die mense aanbied, deur hulle te dwing om alleen by hulle hulle sieleheil en die waarheid te soek, dan sal daar stryd en oorloë en vervolgings wees, netsoos wat daar sedert die begin van die mense op hierdie aarde nog nie plaasgevind het nie.

[2] Maar die allerergste en allerduisterste toestand sal nie lank duur nie, en dan sal dit gebeur dat die valse leraars en profete uiteindelik die doodsteek vir hulleself sal gee. Want dan sal My gees, dit wil sê die gees van alle waarheid, ontwaak onder die op vele maniere gekwelde mense, die son van die lewe sal geweldig begin te straal en die nag van die dood sal in haar ou graf ondergaan.

[3] Ek het julle die duistere tyd, wat Ek nou weergee, al verskeie keer voorspel en het dit nou maar net weer genoem, sodat julle des te makliker die ooreenkoms kan ontdek tussen die gebeurtenis van vanaand en die toekomstige tyd.

[4] Kyk, die klein stadjie, wat aan byna alle kante deur heidense dorpies en distrikte omring is, word nog deur `n klein aantal Judeërs bewoon, wat hulle netsoos enkele ortodokse Samaritane in `n suiwerder Judeërdom bevind en vir wie die wette van die tempel merendeels `n gruwel is! Hulle sien die slegte en troebel handelswyse van die tempel baie goed, hoewel hulle hulleself nie daarteen kan verset nie. Hulle bure is heidene, wat weliswaar ook niks vir hulle afgode oorhet nie, maar terwille van die uiterlike skyn tog nog moet maak asof dit vir hulle belangrik is. Maar eintlik glo hulle al in heeltemal niks anders meer nie as in `n goeie wins, wat hulle op een of ander manier kan buitmaak. 

[5] Kyk, dit sal in die tyd wat deur My voorspel is, ook so wees, maar dan op groot skaal, wêreldwyd!

[6] Een suiwer gemeente sal op soortgelyke wyse as dié stadjie voortbestaan, eers omgewe deur mense sonder enige geloof, wat maar net allerlei winsgewende industrieë sal bedryf en hulle nie oor My suiwer leer en nog minder oor die berugte heidendom van Rome in die tyd sal bekommer nie. Onder sulke omstandighede sal die suiwer gemeente dan ook begin te lyk soos `n bedroefde weduwee.

[7] My suiwer leer sal lyk soos die weduwee wat so treurig was en wie se dooie seun Ek weer tot lewe gewek het; en die geloof beteken die dooie seun, wat Ek opgewek het. Hy word gedood deur die kwaadaardige koors, wat weer ooreenkom met die wêreldse mentaliteit wat vol winsbejag is, waartoe ook hierdie mense hier oorgegaan het, en wel op grond van die weersinwekkende en slegte bedrieëry van Jerusalem en daarnaas ook op grond van die totale afwesigheid van die heidene wat die dorp omring, wat in die voorspelde vreeslike toekomstige tyd die naam “industrieë” sal hê. 

[8] Op grond van dit alles gaan die voorheen suiwer, synde dus ook die jong geloof - omdat dit eers ongeveer sestien jaar gelede ingeburger geraak het deur `n Samaritaan wat hier kom woon en wat die eggenoot van hierdie weduwee was - te gronde deur die koors van die wêreldse mentaliteit, omdat hy sterf en Ons hom as `n dooie ontmoet.

[9] Maar dan kom Ekself, bekeer die heidene en kom met hulle hierheen, op die mees treurige aand van hierdie gemeente; Ek maak die dooie geloof weer lewend en gee dit weer terug aan die weduwee, dus aan die suiwer leer van God. En na hierdie daad van My, sal alle heidene ook hierheen kom, wat weer opnuut die tot lewe gewekte geloof in één, enig ware God sal aanneem en hulle lewe sal inrig volgens Sy wil wat Hy aan hulle bekend gemaak het. 

[10] Die blinde meisie, wat Ek siende gemaak het, stel egter die volkome ongelowige industrie voor van die tyd waaroor dit nou gaan, en die sal dermate karig en skraal wees dat die te trotse en prag beluste konings met alle geweld swaar belastings van die mense sal eis, selfs oor wat hulle eet en drink, en daardeur sal daar groot nood, duurte, ongeloof en liefdeloosheid ontstaan onder die mense, wat mekaar oor en weer sal bedrieg en vervolg.

[11] Maar - onthou dit goed! - wanneer die nood die hoogste sal wees, sal Ek kom vanweë die min regverdiges, die ellende uitroei van die aarde en My suiwer lewenslig in die harte van die mense laat skyn.

[12] En met wat Ek nou gesê het, het Ek aan jou, My beste broeder Jakobus, die vingerwysings wat jy van My verlang het, ook gegee, en jy as kragtige denker sal die res maklik ontdek. 

[13] Hoewel die siel van die mens nie gelukkiger daarvan word nie, wanneer sy die triestige toekoms vir die tyd ken, skaad dit haar ook nie, as sy haar oefen in die ooreenstemmings en daardeur insien hoe alles wat daar sigbaar is en gebeur in hierdie wêreld in baie noue verband staan met die innerlike, verborge wêreld van die geeste, wat in hulleself alle tye en ruimte soos in `n voortdurend onthulde “hede” omvat, en hoe die twee betrekking op mekaar het. - Het julle dit alles nou goed begryp?”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205