Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die leerlinge het `n vraag oor die verduistering van die suiwer leer van Die Messias

41 Daarop sê almal (die leerlinge): “Ja, Majesteit en Heer, wat U nou weer vir ons opgehelder het, het ons goed begryp; maar ondanks die vele wat ons uit U mond gehoor het, is dit vir ons nog steeds nie heeltemal duidelik waarom U dit toelaat dat daar in hierdie wêreld, nadat daar uit U hemele `n lig onder die mense gekom het, altyd weer `n langdurige diepe geestelike nag moet volg nie. 

[2] Ons almal, wat nou die suiwer leer uit U mond ontvang, sal dit as lewende getuies van U persoonlike teenwoordigheid, dade en leringe netso suiwer aan die ander mense deurgee, en ons opvolgers sal dit ook weer doen. En as daar iemand sou wees wat miskien in U Naam `n ander evangelie aan die mense sou verkondig, dan sal U dit tog sien en baie duidelik weet! U mag sou tog wel so `n profeet se mond kon snoer! As dit sou gebeur, sien ons nie in hoe U suiwer en goddelike leer ooit vervals sou kon word en uiteindelik in `n baie duister en growwe heidendom sou kon verander nie. 

[3] Ek sê: “Julle begryp nou nog nie baie nie, wat Ek egter goed kan sien! En so sou Ek julle nog baie kon sê en verklaar, maar julle sou dit nou nog nie kon vat en verdra nie. As Ek egter na My Hemelvaart, My Gees van alle Waarheid oor julle sal uitstort, sal Die julle in alle wysheid binnelei, en dan sal julle alles begryp en vat wat julle nou nog lank nie kon begryp en vat nie.

[4] Maar kyk, let goed op wat Ek julle nou nog sal sê! Ek sal julle geen leer gee nie, maar alleen baie betekenisvolle voorbeelde, waaruit dit duidelik mag word waarom julle nog baie nie kon begryp en vat nie, ondanks die feit dat julle al soveel van My gesien en gehoor het.

[5] Kyk eers na die lig van die son en die baie uiteenlopende uitwerking wat dit het op die skepsels van net hierdie aarde, en die reën wat op die aarde val en haar baie verskillende effekte op die plante, diere en mense! Op een en dieselfde veld staan heilsame kruie, maar daar tussenin ook giftige onkruid. Waar haal die giftige kruie hulle gif vandaan, terwyl hulle tog deur een en dieselfde son beskyn word, in dieselfde aarde hulle wortels het en deur dieselfde reën en dou bevogtig en tot lewe gebring word?

[6] Kyk, dit word veroorsaak deur hulle inwendige gees, wat die lig en die reën in sy karakteristieke eienskappe verander! Die leeu, die luiperd, die tier, die hiëna, die wolf en nog `n groot aantal ander roofdiere voed hulle met die vleis van sagmoedige diere, en word ook deur dieselfde son beskyn en verwarm en hulle les hulle dors met dieselfde water as die sagmoedige en tam huisdiere; waar kom hulle wildheid dan vandaan? Kyk, dit kom voort uit hulle inwendige gees, wat die sagte in hulleself in verskeurende wildheid verander!

|7] Of gaan maar net `n huis binne, waar jy `n paar ouers sal aantref wat met meer kinders geseën is! Die kinders het almal een en dieselfde vader, een en dieselfde moeder, eet dieselfde voedsel aan die tafel van hulle ouers, kry dieselfde onderrig en dieselfde versorging; maar die een kind is liggaamlik sterk, die ander swak, `n ander kind is opgewek en vlytig in alles, en `n ander kind weer, is knorrig en lui. Nog `n ander van die kinders het baie talent en leer en begryp alles maklik. Weer `n ander is weliswaar vol goeie wil, maar dit ontbreek hom aan talent, hy leer moeilik en begryp alles maar traag en selde op die manier netsoos die leerstof begryp moet word. So sal julle tussen hierdie kinders nog `n hele boel ander verskille opmerk. Ja, hoe gebeur dit eintlik? Sou julle nie ook hier nie wil sê nie: “Maar, Majesteit en Heer, waarom laat U dit eintlik toe? Watter wyse doel kan dit nou tog dien?”

[8] Ja, kyk, ook dit gebeur deur die innerlike vrye gees, wat dit alles teweegbring; as dit nie so sou wees nie, sou daar ook geen vrye innerlike gees bestaan, wie se taak dit is om haarself uit haarself tot `n selfstandige bestaan te ontwikkel en te vorm nie.

[9] Hoe dit kan en waarom dit so is, dit het Ek julle by verskillende geleenthede al laat sien en ook aanskoulik genoeg verklaar; maar tog vat julle dergelike dinge nog nie diepgaande genoeg nie, omdat die Ewige Gees van alle Waarheid en Wysheid julle siele nog nie heeltemal deurdring en vervul het nie.

[10] As julle die nou gesketste beelde egter enigsins grondig oorweeg, sal dit vir julle weldra met weinig moeite duideliker word, hoe die suiwerste lig uit My hemele mettertyd in die diepste duisternis kan verander en ook sal word, en dat Ek dit uiteindelik tog nog vroeër moet toelaat as wat Ek met al My mag en gesag die vrye lewensgees in die mens sou knel.  

[11] Hoe sou `n aarde julle eintlik geval, waarop die een ding netso sterk na die ander sou lyk as die een oog op die ander? Hoe sou die mense julle geval, wanneer hulle in alles so na mekaar sou lyk soos die spreeus, van wie daar nie één wyser en sterker is as sy buurman nie, wat presies soos hy lyk? Ek dink dat so `n matematies gelyke wêreld julle binne baie kort tyd erg sou begin verveel. En sou dit in My vrye hemele dalk anders wees, as daar nie `n nog eindeloos baie groter verskeidenheid en veelsoortigheid sou bestaan nie?

[12] Of wat sou julle van My wysheid dink, as Ek aan alle wesens enkel die gedaante van `n ei sou gegee het? Kyk, netsoos dit is, is dit alles baie korrek en goed! Nou sien julle, netsoos gesê, nie die rede van baie dinge in nie; maar die tyd sal kom dat julle dit alles sal vat en begryp. Laat julle dus genoeë neem met wat julle tot nou toe gegee is. 

[13] Daar staan egter nog spyse en wyn voor Ons op die tafel, laat Ons dan ook nog iets vir Ons liggame doen. Daarna sal Ons Onsself vir die nag ter ruste begewe en môre vroeg weer op weg gaan. Waarheen dit sal wees, sal die Gees van die Vader Ons meedeel.”

[14] Die Grieke was buitengewoon verbaas oor hierdie woorde van My en loof en eer My. Maar Ek eet en drink ongestoord verder, en so doen ook alle ander. Na die ete staan Ek op, en die weduwee laat vir My en My leerlinge `n goeie bed gereedmaak. Die Grieke bly egter by hulle tafels.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205