Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die tekens van die geestelike aanwesigheid van die Heer

43 Daarop kom die Griek egter nog, wat al voorheen die woordvoerder was, na My toe en sê: “Majesteit, Majesteit, God en Heer van ewigheid in U Gees! U verlaat ons nou wel in U sigbare persoonlikheid, maar ons vra U of U nie met U Gees van die hoogste God, by ons wil bly nie, en of U ons nie af en toe `n teken wil gee waardeur ons seker daarvan kan wees dat U aan ons dink nie en so in die gees by ons sal wees.”

[2] Ek sê: “Ja, en dit sal ook so wees tot aan die einde der tye van hierdie sigbare wêreld! Maar julle sal altyd nie net één teken nie, maar verskeie tekens hê, waaraan julle sal kan sien dat Ek in die gees by julle, te midde van julle en in julle aanwesig is! Die sekere en onbedrieglike tekens sal altyd en ewig die volgende wees:

[3] Die eerste is, dat julle My meer sal liefhê as wat ook ter wêreld! Want as iemand iets ter wêreld meer liefhet as vir My, is hy My nie werd nie; maar wie My werklik bo alles liefhet, is deur die egte liefde in My, en Ek is in hom.

[4] Die tweede teken van My teenwoordigheid by julle mog wees, dat julle uit liefde vir My julle naaste en medemense, jonk en oud, netso sal liefhê as julleself; want hoe kan iemand God in My, wat hy nie kan sien nie, liefhê, as hy sy naaste wat hy kan sien, nie liefhet nie? Ook al sien en hoor julle My nou, tog sal julle My van nou af aan nie meer in hierdie wêreld sien nie! En as julle My nie meer sal sien nie, sal julle liefde dan bly netsoos dit nou is, terwyl julle My sien? Ja, by julle sal die liefde wel bly; maar sorg daarvoor dat sy ook op die manier by julle nakomelinge sal bly! Want as iemand My in sy hart waaragtig bo alles sal liefhê deur volgens My wil, wat aan hom geopenbaar is, te lewe en te handel, sal Ekself persoonlik in die Gees na hom toe kom en sal Ek my as volkome teenswoordig aan hom openbaar.

[5] `n Derde teken van My aanwesigheid by, in en te midde van julle sal ook wees, dat julle altyd alles gegee sal word wat julle die Vader in My in My Naam en in alle erns voor sal vra. Maar dit spreek vanself dat julle My nie oor dom en onbelangrike dinge van hierdie wêreld moet vra nie; want as julle dit sou doen, sou julle immers duidelik toon dat julle dergelike dinge meer liefhet as vir My, en dit sou dan egter geen teken wees van My aanwesigheid by, in en te midde van julle nie.

[6] Die vierde teken van My magtige aanwesigheid by, in en te midde van julle sal wees, dat dit met liggaamlik siek mense beter sal gaan as julle hulle uit ware naasteliefde in My Naam die hande sal oplê, indien dit hulle siel tot heil sal strek as hulle beter word.

[7] Maar dit spreek vanself dat julle daarby altyd in julle hart sal sê: Heer, nie my wil nie, maar alleen U wil geskied! Want julle kan nie weet of en wanneer dit `n siel tot heil strek as haar liggaam beter word, en `n ewige lewe op hierdie aarde is geen mens beskore nie! Daarom kan die oplê van die hande ook nie altyd en elke mens van sy liggaamlike kwale bevry nie. Maar tog sal julle geen sonde begaan as julle elke sieke die liefdediens wat deur julle aangegewe is, bewys nie; Ek sal wel die Helper wees, as dit nuttig sal wees vir die sieleheil van die mens - en dit kan alleen Ek weet. 

[8] As julle van verre gehoor het dat die een of ander vriend van julle siek in die bed lê, bid dan vir hom en lê hom in die gees die hande op; dan sal dit ook beter met hom gaan! 

[9] Die gebed, wat julle slegs in julle harte moet uitspreek, moet daarby bestaan uit die volgende paar woorde: “Mag Jesus, die Heer, jou help! Hy versterk jou, Hy genees jou deur Sy barmhartigheid, liefde en erbarming!“ As julle dit vol vertroue en geloof in My, oor `n siek vriend - of vriendin - uitspreek, hoever die ook van julle verwyder is, en daarby in die gees julle hande bo hom sal hou, sal dit van staan af aan beter met hom gaan, as dit nuttig sal wees vir sy sieleheil.

[10] Nog `n vyfde teken van My teenwoordigheid by, in en te midde van julle sal wees dat julle, as julle altyd My wil doen, in julleself die wedergeboorte van die gees sal bereik. Dit sal `n egte lewensdoop wees, omdat julle daarby van My gees vervul en daardeur in alle wysheid binnegelei sal word.

[11] Laat elkeen van julle veral na die vyfde teken strewe! Want diegene aan wie die teken gegee sal word, sal reeds in hierdie wêreld die ewige lewe hê en kan doen en tot stand kan bring wat Ek nou doen en tot stand bring; want dan sal hy één met My wees.

[12] Nou het Ek julle die tekens van My teenwoordigheid getoon; handel daarvolgens, dan sal julle baie binnekort My gees by, in en te midde van julle waaragtig gewaarword!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205