Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die korrekte verering van die Heer

44 Hierop vra die Griek aan My: “O Majesteit en Heer! Aangesien ons almal nou die ewig onskatbare geluk gehad het om Uself in U goddelike persoonlikheid te leer ken en uit U mond die woorde van die lewe gehoor het, is ek altans, wat ons Grieke aanbetref, van mening dat ons `n huis vir U moet bou, waar ons eenmaal per week bymekaar kan kom om daar U leer te bespreek en Moses en die profete te lees; want op ander dae is elkeen van ons tog meer of minder met werk besig, nou eers hier en dan weer daar, en dan is dit gladnie moontlik om met mekaar oor U leer en dade te spreek en mekaar tot aktiewe besig wees, volgens U wil, aan te spoor nie. O Majesteit en Heer, sê ons tog of dit vir U welgevallig sou wees!”

[2] Ek sê: “Waarom wil julle `n heilige huis bou, terwyl julle tog julle huise het waarin julle woon, waar julle ook in My Naam bymekaar kan kom om oor My leer te praat en die ervarings wat julle opgedoen het, wat verseker vir elkeen uit die lewe volgens God se wil sal voortvloei?! Netso min is dit nodig om `n bepaalde feesdag daarvoor in te voer wat julle, netsoos byvoorbeeld die fariseërs die Sabbat, die “dag van JaHWeH” sou noem; elke dag is immers `n dag van JaHWeH, en mens kan dus ook op elke dag ewe veel goed doen. Want God kyk nie na `n dag en nog minder na `n huis wat ter ere en aanbidding van Hom gebou is nie, maar God kyk maar net na die hart en die wil van die mens. As die hart suiwer en die wil goed is en hierdie die hele mens tot dade bring, dan is dit al die ware, egte woning van God se Gees in die mens, en sy altyd goeie en aktiewe wil volgens die bekende wil van God is die ware en dus ook altyd egte dag van JaHWeH!

[3] Kyk, dit is die waarheid, en daarby moet julle ook onafgebroke bly! Al die ander is ydel en het geen waarde vir God nie.

[4] In later tye sal die mense wel bepaalde huise vir My bou en daar, netsoos die fariseërs in die tempel te Jerusalem en die heidense priesters in hulle afgodstempels, `n bepaalde godsdiens verrig op `n bepaalde dag van die week, waar hulle dan ook nog ander groot hoogtydae in die jaar daaraan sal toevoeg. Maar wanneer dit in stryd met My advies en My wil, algemeen gangbaar sal word onder die mense, sal die hiervoor bespreekte tekens van My lewende teenwoordigheid by, in en te midde van die mense geheel en al verdwyn! Want in tempels, wat onder die predikaat “Tot groter eer van God!” deur mensehande gebou is, sal Ek netso min woon as nou in die tempel in Jerusalem!

[5] Maar as julle in `n gemeente uit liefde vir My `n huis wil bou, laat dit dan `n skool vir julle kinders wees, en gee hulle leraars volgens My leer daarby! Ook kan julle `n huis bou vir die armes, siekes en gebrekkiges! Voorsien so `n huis van alles wat nodig is om die mense wat daar woon, te kan versorg, dan sal julle jul daarmee altyd kan verheug in My welgevalle! Al die ander en wat daarbo uitgaan is uit die bose en het, netsoos reeds gesê, vir God geen waarde nie.

[6] In `n goed ingerigte skoolgebou kan julle dan ook julle vergaderings en besprekings in My Naam hou, en is dit nie nodig dat julle vir daardie doel nog `n derde huis bou nie.

[7] Hoe God egter in die gees en in waarheid sonder onderbreking aanbid moet word, het Ek julle almal duidelik en in goed verstaanbare woorde gesê, en daarom het Ek verder niks meer daaraan toe te voeg nie. Ek het julle die weg getoon waarlangs julle gaandeweg tot alle waarheid en wysheid kan kom, en dit was in eerste instansie noodsaaklik vir julle. Maar handel en leef nou op die manier, en soek die Godsryk veral in julleself; al die ander sal julle daarby gegee word!”

[8] Nadat Ek dit gesê het, buig alle aanwesiges en dank My van ganser harte ook vir hierdie les. Ook die weduwee kom met haar seun nog `n keer voor My staan en beide bedank My vir die aan hulle bewese liefde; daarop gee Ek almal die seën, en gaan Ons vinnig op weg.

[9] Toe Ons deur die stadjie trek, word Ons deur vele gesien, wat gister getuie was van wat Ek aan die seun van die weduwee gedoen het, en hulle loop op Ons af en roep hardop: “Heil U, groot Profeet van die Heer! Deur U het God nou Sy volk opnuut in sy groot verlatenheid besoek. Dank en eer aan Hom, die God van Abraham, Isak en Jakob, nou en in alle ewigheid! O groot profeet, wat so seer vervul is van God se gees, sou U nie wil toestaan dat enkele van ons met U meereis om U leer te hoor en dit dan aan ons te verkondig nie? Want gister het ons uit U die weinige woorde afgelei dat U vol goddelike wysheid is - en daarvan sou ons meer wil hoor!”  

[10] Ek sê: “Dit het julle nou nie nodig nie! As julle egter volgens My leer sal lewe en handel, hou dan God se gebooie, wat Moses gegee het, dan sal julle op die manier ook geheel en al volgens My leer lewe; want Ek het nie in hierdie wêreld gekom om Moses en die profete op te hef nie, maar om alles wat daar in hulle boeke geskryf staan, te bevestig en te vervul.

[11] As julle meer te wete wil kom oor Myself, gaan dan na die weduwee, waar die Grieke hulle nou ook nog bevind! Hulle sal julle wel vertel wat hulle uit My mond gehoor het.”

[12] Na hierdie woorde van My verlaat die opdringerige mense Ons en gaan na die weduwee.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205