Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer seën die woestyn

48 Nou kom ook Ons rowers heel bedeesd te voorskyn uit die grot, wat Ek nie laat volstroom en opvul het nie, en Ek roep vir Olgon na My toe.

[2] Toe hy met nog twee van sy belangrikste metgeselle kom, sê Ek aan hom: “Wel nou, Olgon, glo jy dat Ek die Een is netsoos wat Ek Myself met My woorde aan jou voorgestel het?”

[3] Olgon en sy twee metgeselle sê: “Ja, o Heer, Heer! Dit glo ons nou sonder ook maar die minste spoor van twyfel! U is geen uitverkorene van JaHWeH nie, maar U is werklik, en op wonderbaarlike wyse Hom Self, en wel in eie persoon! O wees ons, arme en altyd swak sondaars in U oë, genadig en barmhartig!”

[4] Ek sê: “Julle sondes, waar die fariseërs die skuld van is, het Ek julle al vergewe; as julle egter volgens julle gewete in stryd met die wet van Moses nog `n misdaad teenoor iemand begaan het, maak dit dan goed aan hom - en as hy julle dit sal vergewe, sal dit julle ook in alle hemele volkome vergewe wees.

[5] As julle egter `n harde mens aantref, wat julle dit nie wil vergewe nie, word dan nie bang nie, want in daardie geval sal julle goeie wil deur My in plek van die werk aangeneem word, en die onversoenlike mens sal sy hardheid as skuld op sy afrekening vermeld sien! Want alleen Ek is die mees wyse en mees regverdige regter, wat as enige oor elkeen sy mees juiste oordeel kragtig uitspreek.

[6] Maar nou het julle van My `n egte stuk land as geskenk gekry, op so `n manier dat nie eers `n engel van die hemele, laat staan `n mens julle dit sou kon betwis nie; maar netsoos julle kan sien, lyk sien nou nog meer verlate en onherbergsamer daaruit as voorheen, hoewel dit nou deur `n buitengewoon ingrypende verandering uitermate vrugbaar geword het. Nou is dit die vraag hoe julle dit gaan verbou.”

[7] Olgon sê:” O Heer, Heer! Dit sou volgens my idee nou seker baie maklik en goed gaan! Kyk, o Heer, Heer, toe U die aarde geskep het deur die almagtige goddelike wil van U Gees, het U tog ook die saad vir die tallose plante nie op die een of ander manier al in voorraad gehad nie, behalwe alleen in U almagtige wil! Maar U is in ewigheid dieselfde as wat U was by die begin van die wonderbare skepping van die hele groot aarde. Besaai U nou hierdie streek met die almag van U goddelike wil, dan sal die gebied op die manier beslis die beste verbou wees! O Heer, Heer, doen hier dieselfde, dan sal die hele voorheen woeste streek in baie kort tyd in `n ware Eden verander word!”

[8] Ek sê: “Glo julle dan wel sonder twyfel, dat Ek in staat is om ook dit te doen?”

[9] Olgon sê: “O Heer, Heer! Vir U alleen is niks onmoontlik nie! Wat U sê is ewige waarheid, en dit glo ons sonder enige twyfel; en wat U wil, gebeur, en ons wil en sal U wil ook doen netsoos U dit deur Moses en die profete aan die mense geopenbaar het. En ons het nou immers ook uit U mond gehoor wat U wil is en ons sal trou daarvolgens handel; maar besaai U, o Heer, Heer, hierdie nou nog woeste streek!”

[10] Ek sê: “Dan is dit netsoos julle glo! Julle hart, gees en wil was net so woes en verlate soos hierdie streek, en julle volkome gebrek aan geloof het die hardheid van julle hart teweeggebring, wat volkome lyk soos die klipagtige bodem van hierdie woestyn. Maar Ek het in julle hart `n magtige storm opgeroep en het dit sagter gemaak deur die geopende hemel in julle self, deur die waarheidsbliksem van My woorde, deur die stormagtige mag van My aan julle getoonde wil en ten slotte deur die geweldige stortreën van My liefde en erbarming; en Ek het julle ook weer besaai met velerlei waarheid uit God se mond, wat julle die mees waaragtige vrugte van die lewe sal oplewer, as julle daarvolgens sal lewe en handel. Soos Ek nou in `n baie kort tyd allerlei voedsel vir die ewige lewe van die siel in julle gesaai het, so is nou ook hierdie woestyn besaai met allerlei voedsel om julle liggame te voed.

[11] Julle is net sewentig mense, en as julle in verskillende rigtings deur hierdie streek reis, sal julle net soveel wonings aantref, wat van alles voorsien is; en uit die naam wat op die huis geskryf is, sal blyk wie die een of die ander huis in besit moet neem. Binnekort sal die gebied voor julle oë groen word en opbloei. - Nou kan julle gaan kyk wat Ek vir julle gedoen het!

[12] Verbrei My Woord ook onder die heidene, wat gereeld na julle toe sal kom; maar swyg voorlopig oor die wonder en spreek ook naderhand nie met baie woorde daaroor nie; dit is voldoende as julle sê dat alles by God moontlik is.” 

[13] Toe Ek dit gesê het, reis Ek met My leerlinge weer baie vinnig verder, en voor die bekeerde rowers hulle omgedraai het, was Ons al ver van hulle vandaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205