Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die ware profete

57 (Die Heer:) “Maar ook word daar dikwels vrome manne, wat altyd vas in God geglo het en Hom van harte liefgehad het, gereeld ook sonder dat hulle eers so `n skool besoek het, tot ware profete opgewek. So was Moses en Aäron self groot profete terwyl hulle in geen enkele skool daarvoor opgelei was nie; want hulle geloof, hulle aan God toegewyde hart en God Self was hulle skool. Netso word Elia en Jona, Joshua en Samuel ware profete, sonder voorafgaande skool; want God Self was hulle Heer en hulle Skool.

[2] Ook die aartsvaders was meestal sieners en profete sonder skoling; want alleen God, aan wie hulle sonder twyfel vasgehou en geglo het, was hulle skool, waar Hy Sy wil aan hulle openbaar het. En selfs in hierdie tyd was daar sieners en profete gewees, wat nie opgelei is in die skool vir sieners en profete nie; want God kyk altyd net na die hart van die mense en nie na die skool waar iemand hierdie of daardie vaardigheid bereik het nie.

[3] Kyk net na My leerlinge! Geeneen van hulle het ooit `n profeteskool gesien nie, en tog sal vele van hulle groter dinge doen as alle ou sieners en profete; want alleen Ek is hulle Heer en hulle skool, en so sal dit voortaan tot aan die einde der tye van hierdie aarde wees en bly.

[4] In die toekoms sal daar weliswaar baie skole opgerig word, waaruit `n ontelbaar aantal valse leraars en profete sal voortkom, egter maar baie min ware profete ooreenkomstig God se wil.  

[5] Waarlik sê Ek vir julle: In die toekoms sal alleen diegene `n siener en profeet word, wat in My sal glo, My bo alles, en sy naaste soos homself, sal liefhê en My leer inderdaad sal volg! Daarom sal ook nie elkeen wat gelowig “Heer, Heer!” tot My roep, My ryk binnegaan nie, maar alleen diegene wat My wil sal doen, wat duidelik in My leer uitgespreek is.

[6] Daarom moet ook julle dus nie enkel en alleen sinlose hoorders van My Woord wees nie, maar dadelik daarvolgens handel; dan sal julle in julleself die ware ryk van God ontvang! Verwag egter nooit dat die ryk van God, wat `n ryk van die innerlike lewe is, met uiterlike tekens en uiterlike prag en praal na die mense sal kom nie; maar dit bevind hom binne-in julle! Wie dit in hulleself soek op die wyse wat Ek julle getoon het en dit nie op die manier vind nie, soek tevergeefs in die hele wêreld en op alle sterre. 

[7] Die pad na die ware, lewende ryk van God is dus baie smal en dikwels oorwoeker met allerlei doringstruike. Deemoed en volledige selfverloëning is die naam daarvan. Vir wêreldse mense is dit volkome onbegaanbaar.

[8] Maar diegene wat in My glo en My gebooie hou, sal nie deur die dorings op die pad na God se ryk gewond raak aan sy voete nie. Slegs `n ernstige begin is moeilik; wanneer die erns egter bly en nie deur allerlei wêreldse oorwegings verswak word nie, is die geheel en al bereik van God se ryk baie maklik. Want vir iemand wat steeds in volle erns na die Godsryk in homself streef, is My juk sag en die las wat Ek hom te dra gee lig; en die ernstige soekers na die ware ryk van God sal Ek in hulle hart steeds luid toeroep: “Kom almal na My toe, wat vermoeid en belas is! Ekself kom julle al meer as halfweg tegemoet en wil julle ten volle versterk en verkwik!”

[9] Teen diegene egter wat maar net “Heer, Heer!” tot My sal roep, maar hulle belangrikste sorg op suiwer wêreldse dinge rig en maar net terloops strewe na dit wat van die ryk van God is, sal Ek sê: “Waarom roep julle wêreldse mense My, en waarom skreeu julle? My hart het julle nog nie herken nie. Laat dit waaroor julle julleself besorg maak, julle nou ook die hulp gee waarna julle verlang! “Waarlik Ek sê vir julle: Sulke mense sal aan hierdie kant waarskynlik nooit die ware en lewende ryk van God in hulleself vind nie en sal vir hulle medemense slegte leraars, sieners en profete wees; en aan die anderkant sal dit vir sulke halfdooie siele nog onvergelyklik baie moeiliker wees om die ryk van God in hulleself te soek en te vind.

[10] Laat elkeen daarom werk solank die dag duur; want as die nag daarna kom, sal daar nouliks gewerk kan word! - Het jy, My vriend, begryp wat Ek nou gesê het?”

[11] Die herbergier sê: “Ja, Majesteit en Heer oor alles, ek dank U vir hierdie les, uit die diepste innerlike van my lewe! Nou is die wese van die ou profeteskool vir my heeltemal duidelik. Maar tegelyk vra ek U ook of U my, wanneer ek ernstiger as tot nou toe die smal en doring besaaide pad na die Godsryk sal opgaan, barmhartig al by die eerste stap tegemoet sal wil kom om my te help, sodat ek by die voortgaan op die smal en doring besaaide lewensweg nie moeg, moedeloos en ongeduldig word nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205