Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer in Jerigo

Die weersien met Kado

6 Toe Kado dit hoor, wag hy geen oomblik meer nie, gee die tollenaar `n muntstuk as boodskappersloon en haas hom so vinnig moontlik na My toe.

[2] Toe hy buite asem by Ons aankom, staan Ons op van die grasveld en Ek reik hom die hand; maar hy omarm My, druk My aan sy bors, gooi My toe onder vele vriendskaplike kusse en sê ten slotte, oorvloeiend van blydskap en geluk (Kado): “O Majesteit en Heer, wat het U my `n onbeskryflike vreugde berei deur so vinnig terug te kom! O, ons gelukkiges, dat ons U weer in ons sondige en vir U ewig onwaardige midde het! Dit is nou nog maar drie dae dat U hier afwesig was, en vir my het dit byna drie jare geword; want die groot verlange van ons hele huis na U het ons geduld swaar op die proef gestel. As U nie vandag gekom het nie, sou ek môre in alle vroegte ons beste kamele in beweging gesit en U na Essea nagereis het. O, omdat U nou gekom het, is alles weer volkome goed en uitstekend in orde! Maar nou, o Majesteit en Heer, ons enigste liefde en ons hoogste behoefte, kom tog, kom nou met my saam, sodat ons hele huis sielsgelukkig kan word!” 

[3] Ek sê: “Jou vriendelikheid het My hart verkwik, en Ek sal met jou saamgaan; maar laat Ons nog `n rukkie wag! Ons sal die stad binnegaan as dit donker begin te word, sodat Ons geen opsien baar onder die nuuskierige volksmenigte nie; want omdat hier môre mark gehou word, is daar baie vreemdelinge, en die moet Ons nie aangaap en kritiseer as Ons die stad binnegaan nie. By jou vader het nou immers ook `n paar fariseërs hulle intrek geneem; hulle sal weldra ondergebring wees, en dan kan Ons jou huis geheel ongehinderd binnegaan.” 

[4] Dit vind Kado goed; maar hy roep die tollenaar nog `n keer en stuur hom na die herberg, om aan sy mense te sê dat hulle `n goeie aandete moes voorberei. Die rede sou hulle binne `n kort tyd wel vol blydskap verneem.

[5] Daarop haas die tollenaar hom nogmaals die stad in en bring die boodskap oor.

[6] Die vader van Kado sê: “Ek vermoed wel waaroor dit gaan! Gaan sê maar vir Kado dat ons uitstekend vir alles sal sorg!”

[7] Toe die tollenaar weer terugkom en Kado die antwoord van sy vader oorbring, en dit al taamlik donker begin te word, sê Ek: “Nou kan ons heel kalmpies aan op weg gaan en sal deur niemand onderweg meer bekyk en herken word nie; en al sien iemand Ons, dan sal hy Ons as juis aangekome handelaars beskou, maar dit maak nie vir Ons saak nie.”

[8] Ons kom Ons dan ook op Ons gemak en ongehinderd by die herberg van Kado aan. 

[9] Voor die herberg aangekom, sê Ek aan Kado: “Vriend, gaan jy nou eers na binne en vertel jou mense dat Ek met My leerlinge uit Essea aangekom het! As Ek die gastekamer binnekom, moet hulle nie in vreugde uitbars, om die vreemdelinge nie voortydig op My opmerksaam te maak nie. En laat hulle My ook nie met “Majesteit” en “Heer”, maar gewoon as `n goeie vriend aanspreek; want Ek kyk tog immers maar net na die hart en nooit na die mond nie. Die rede waarom Ek dit nou so wil hê sal jy later wel insien en begryp. Gaan doen dit nou maar!”

[10] Kado haas hom nou die huis binne en gee instruksies aan syne, netsoos Ek hom opgedra het.

[11] Daarop gaan Ek die ruim gastekamer binne, waar `n groot tafel reeds vir Ons gedek was.

[12] Toe ons binnekom, kom elkeen natuurlik vriendelik na Ons toe. Die vader en moeder van Kado en ook sy vrou en kinders begroet My heel vriendelik en vra My om te gaan sit, aangesien Ek verseker moeg sou wees van die lang reis. Hierdie begroeting was heel goed en maak dat die vreemdelinge geen ag slaan op My en My leerlinge nie. Maar by al die goed gekose bewoordings kry almal trane in die oë van groot vreugde, veral die vader van Kado en die ou, troue dienaar van Kado, wat Apollon heet. Maar Ek versterk dadelik hulle gemoed en so kon hulle My aanwesigheid verder sonder trane verdra.

[13] Ons gaan dadelik aan tafel sit en die herbergier, Kado, sy vrou en kinders, en op My versoek, ook Apollon, gaan sit die naaste aan My; die moeder van Kado het egter nog besigheid in die kombuis, en sy broers en susters moes die gaste bedien. 

[14] Toe Ons nou heel welgemoed aan die tafel sit, waarop die beste wyn en die beste brood in oorvloed reeds was, wil enkele leerlinge, en vernaamlik ons Judas Iskariot, dadelik daarna gryp, omdat hulle al aansienlik honger was. 

[15] Maar Ek sê: “Omdat julle dit tot nou toe uitgehou het, sal julle ook wel in staat wees om dit nog `n paar oomblikke uit te hou, sonder om van honger of dors om te kom! Wag op die warm spyse; eers as dit op tafel staan, moet julle eers bietjie brood met sout neem en daarna `n klein slukkie wyn, dan sal die aandete julle sterk en fris en opgewek maak, maar andersins julle ledemate en ingewande maar net verswak! Die mens moet ook sy liggaam gesond probeer hou as hy sy siel van droefheid en angs bevry wil sien. Doen julle ook netsoos Ek dit doen!”

[16] Die leerlinge bedank My vir hierdie raad en volg dit ook op.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205