Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die belofte en die seën van die Heer vir die bewoners van die bergdorp

62 (Die Heer:) “Bly dus in My leer, dan sal Ek ook in die gees by julle bly, netsoos Ek dit ook doen by alle mense wat in My glo en volgens My leer lewe en handel en diegene wat Ek uitgestuur het om aan alle volkere die evangelie te verkondig - naamlik dit van die koms van God se ryk op aarde, waaruit dit bestaan en wat die wese daarvan is - netsoos wat julle hulle met alle liefde en vriendelikheid opneem en hulle te eet en te drink gee.

[2] Want diegene wat Ek nou uitstuur is soos die profete, en wie vir `n profeet in aardse opsig iets goeds doen, sal ook die loon van `n profeet ontvang; en dit is, dat Ek netsoos by `n profeet in die gees by hom sal wees en bly, en hy geen gebrek sal hê aan seëninge van My nie.

[3] Tot nou toe het julle die grond, wat heel klipperig is, met moeite bewerk, en julle akkers, tuine en weiding het vir julle maar `n maer oes opgelewer; maar julle het nie gemompel en God ook vir daardie weinige gedank. Hy het daardie weinige ook vir julle geseën, en dit was toereikend vir julle en deur julle naasteliefde ook vir menige vreemdeling, wat honger, dors en gereeld ook naak by julle aangekom het. 

[4] Omdat julle met daardie weinige getrou was, sal julle grond van nou af aan, waarvan die oppervlakte, wat waarlik nie klein genoem kan word nie, sy klipperige karakter verloor, en in die toekoms sal julle ryk oeste verkry en ook baie dienare nodig hê. Kortom, die gees, wat Ek in julle sal wek, sal julle leer hoe julle in die toekoms julle aardse weiding en akkers moet versorg en verbou.

[5] Wanneer julle grond vol seën sal word, word dan nie oormoedig nie, maar bly netsoos julle nou is; dan sal My seën in natuurlike én geestelike opsig ook by julle bly! So is dit en so bly dit, netsoos julle ook daadwerklik in My leer sal bly!”

[6] Na hierdie woorde van My werp alle aanwesige bewoners van die klein bergdorp hulle voor My op die knieë en dank My vir die barmhartigheid wat Ek hulle bewys het. Die ou man en die man wat volledig genees was, kan nouliks deur hulle trane van louter dankbaarheid spreek. Maar Ek beveel hulle om op te staan en om nou opgewek aan die werk te gaan, wat hulle dan ook doen; alleen die oue en die geneesde bly nog en kyk met geluksalige blikke na My en My leerlinge. 

[7] Die geneesde sê: “O, hoe moet hierdie uitverkore leerlinge van U tog nie gelukkig wees nie, omdat hulle steeds in U nabyheid is, o Heer, en getuie kan wees van al U dade en lesse!”

[8] Ek sê: “Daarom sal hulle later, as Ek nie meer as sigbare persoon by hulle sal wees nie, maar daar sal wees, waar Ek vandaan gekom het, ook des te swaarder lewensproewe en allerlei vervolgings van die kant van die wêreld te deurstaan kry; want die wêreld, soos wat dit nou is, is blind en doof; terwille van My Naam sal die hulle haat, netsoos hulle ook vir My haat, omdat hulle My nog nooit geken en ook nie sal ken nie, en so sal hulle in haar sondes en gruweldade ten onder gaan.

[9] Kyk, dan sal julle dit in hierdie wêreld makliker hê, hoewel mense ook julle dikwels krities sal ondersoek of julle dalk in My glo en volgens My leer handel en lewe!

[10] As mense julle daarna sal vra, word dan nie angstig en dink ook nie na oor wat julle die vraestellers en versoekers ten antwoord moet gee nie! Op die oomblik wanneer julle dit nodig sal hê, sal die regte antwoord wel vir julle in die mond gelê word, en dan sal julle versoekers absoluut nie in staat wees om julle van repliek te dien nie. Ook daarvan kan Ek julle volledig verseker.” Daarop was die twee gerus gestel, en Ek gee die leerlinge `n teken dat dit tyd was om verder te reis.

[12] Toe maak die leerlinge aanstaltes om op weg te gaan en Ek voeg My by hulle, en met die snelheid van die wind verlaat Ons die bergdorp. Vóórdat die dorpsbewoners nog om hulle heen kon kyk, het Ons al volkome uit hulle gesigsveld verdwyn, en daardie snelle verdwyning bring enkele bewoners van die dorp op die gedagte dat Ons geeste was; maar die ou man en die geneesde lê hulle uit wie Ek was, en hoe alles daarom ook vir My moontlik was. 

[13] Die daaropvolgende jaar, toe hulle klipperige akkers in weelderige landbouland begin te verander, word hulle geloof ook nog sterker, en van tyd tot tyd het Ek sigbaar onder hulle verskyn en hulle in hulle geloof versterk en in hulle liefde, geduld en sagmoedigheid. Want toe hulle gehoor het dat Ek in Jerusalem gekruisig was en aan die kruis gesterf het, het enkele van hulle baie bang geword en het begin twyfel; daarom was dit ook nodig dat Ek persoonlik na hulle toe moes kom en My as Heer en Oorwinnaar van die dood aan hulle moes vertoon. By hierdie geleenthede het Ek hulle getroos en verklaar aan hulle vanuit die Skrifte dat dit alles met My moes gebeur, sodat elke siel wat in My glo, deur die duistere poort van die dood in die ewige heerlikheid kon binnegaan, waar Ek binnegegaan het en waar Ek My al sedert ewigheid bevind. Ek lê hulle uit dat die dinge wat daar gebeur het uit liefde vir die mense gebeur het, sodat hulle deur hulle geloof in My en My menswording - tot hulle heil, maar tewens tot oordeel oor die slegte wêreld - My ware kinders en in alles aan My gelyk sou word. Daarna word hierdie bewoners van die bergdorp, wat binne enkele jare groot aansien verwerf het, ware helde in die geloof en in die handel daarvolgens.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205