Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer in Galilea

In die plattelandse herberg

64 Na die heuningmaaltyd het die leerlinge baie dors geword, en toe Ons by `n plattelandse herberg kom, wou hulle iets drink.

[2] Die herbergier verontskuldig hom dat hy, behalwe `n bietjie water uit die reënput en skaapmelk, niks te drinke gehad het nie; die leerlinge neem genoeë met die skaapmelk, wat die herbergier in ruim mate besit, en les hulle dors daarmee.

[3] Nadat die leerlinge hulle dors geles het, vra die sogenaamde en reeds bekende Judese Grieke en ook die leerlinge van Johannes, wat almal behoorlik baie geld by hulle het, wat die melk kos.

[4] Die herbergier sê: “Vir wie van julle `n Judeër is, is dit gratis - want by my is die gewoonte dat `n Judeër, wat die eerste keer in my herberg `n verfrissing vra, dit sonder vergoeding kry; maar die Grieke moet betaal vir die verfrissing, en elkeen wel met `n penning!”

[5] Hoewel hulle Judeërs was, sê die Judese Grieke: “Vriend, ons dra weliswaar Griekse kleding, maar ons is besnede en is dus Judeërs en geen Grieke nie! Maar dit maak nie saak nie. Jy het so `n goedkoop prys bereken, dat ons dit nie alleen enkelvoudig nie, maar drievoudig wil en ook sal betaal; want die melk van jou skape was vars en goed en ons het ons dors geles, en daarom het jy te weinig in berekening gebring! Hier, neem die geld aan!”

[6] Daarmee gee een van die Judese Grieke hom `n silwerstuk ter waarde van honderd penning.

[7] Die herbergier verontskuldig hom dat hy so `n geldstuk nie kan wissel nie en sê: “Omdat julle ook Judeërs is, netsoos julle self beweer en wat ek volkome glo, hoef julle ook nie te betaal nie; daarom neem ek geen kleingeld van julle aan en gladnie enige groot geld nie!”

[8] Daarop sê Ek aan die herbergier: “Wie sulke lae pryse vra soos jy, begaan geen sonde as hy aanneem wat die gaste hom uit vrye wil aanbied nie.” 

[9] Na hierdie opmerking van My neem die herbergier die geldstuk aan en sê: “Dan betaal die een vir die ander! Dit is weliswaar geen weg waaroor baie karavane dikwels reis nie - want die reisigers deins terug vir die groot en nabye woud, waar allerlei roofdiere hulleself ophou en wat die reisigers veral in die winter gereeld baie lastig val - maar in die voorjaar en in die somer kom daar tog reisigers oor hierdie ou weg wat, volgens wat die mense sê, nog deur die Filistyne aangelê is, en daar sal wel `n paar daarby wees wat `n gratis versorging baie goed sal kan gebruik.

[10] O, het ek maar `n goeie fontein by my boerderybedryf gehad, wat origens wel groot is, dan sou dit hier op bepaalde tye nie ontbreek aan gaste nie; maar al my reënputte het dikwels maar net soveel drinkbare water as wat ek vir my bedryf nodig het. Daarom kan ek ook maar selde vreemdelinge by my herberg. Kyk, hierdie dag loop al ten einde, en ek sou julle graag vir die nag onderdak wou verleen, omdat die volgende plek, `n klein dorpie, ongeveer twee uur ver hiervandaan lê - maar ek het geen wyn, byna geen brood en geen sout nie! Ons lewe hier werklik maar net van die melk van ons skape en bokke en hulle gerookte vleis - ook hoenders doen dit hier goed en lê baie eiers, - maar ek moet voortdurend heelwat goed bewapende en moedige herders in diens hê, sodat my kuddes nie te veel skade ondervind van die groot roofdiere nie. Maar as julle met ons eenvoudige maaltye tevrede is, kan julle wel die nag hier by my deurbring. Ek het genoeg geld van julle gekry en sal nie môre met `n nuwe rekening kom nie. My vrou en vyf reeds volwasse dogters berei ons eenvoudige maaltye baie goed voor.”  

[11] Ek sê: “Vriend, Ons sal vandag weliswaar nie hier nie, maar in die naby geleë klein dorpie oornag; maar omdat ek `n Heer is in die vind van suiwer en lewende waterbronne, wil Ek eers by jou huis rondkyk of daar nie `n plek te vinde is, waar daar miskien wel `n ryk waterbron is nie.” 

[12] Die herbergier sê: “O Vriend, dan sal Jy vergeefse moeite doen, netsoos wat ander waterkundiges ook reeds hier gedoen het, wat in die hele wye omtrek water gesoek en met al hulle instrumente, waarmee mens die aanwesigheid van `n onderaardse bron goed skyn te kan waarneem, nie so `n plek gevind het nie! Werklik, God sou in die gebied eers `n waterbron moet skep, anders sal daar hier geen te vinde wees nie - en om my huis wel die allerminste; want daar het ek met my knegte alles al onderstebo gekeer en niks anders as dooie en droë gesteente aangetref nie.”

[13] Ek sê: “Dan kom dit nou maar net op `n klein proef aan. Miskien geluk dit My beter as jy en al jou watervoelers?!”

[14] Die herbergier sê: “O Vriend, Jy kan dit wel probeer - maar ek glo nie so baie daaraan nie!”

[15] Ek sê: “Dit maak in elk geval nie saak nie; want naderhand sal jy wel tot meer geloof kom!”

[16] Hierna vra Ek aan die herbergier, op welke plek in die omgewing van sy huis hy `n ryk bron sou begeer. 

[17] Die herbergier sê: “Vriend, dit ook nog? Ja, as Jy so `n herderstaf van Moses sou gehad het, kyk, dan sou die twee manslengte hoë, harde rots die mees geskikte plek daarvoor gewees het! Soos die rots in die woestyn op bevel van Moses water moes gegee het, toe hy sy staf in die rots steek, so sou hierdie rots dit ook kan doen. Maar daar bestaan nou geen Moses meer nie en `n dergelike staf ook nie, en daarom sal ons rots ook wel nooit `n waterbron word nie.”

[18] Ek sê: “Vriend, hier reg voor jou staan meer as Moses en alle profete, en My wil is magtiger as jou herderstaf van Moses! Kyk, Ek sal nie met `n stok op die rots slaan nie, Ek sal dit selfs nie eers met `n vinger aanraak nie, en die rots sal uit homself vir `n lang tyd soveel suiwer, prima drinkwater gee, dat jy en jou nakomelinge nooit enige gebrek aan water sal hê nie!”

[19] Daarop keer Ek My na die rots en sê: “Ek wil, dat daar `n hele stroompie vol suiwer, goeie water uit jou gaan opborrel en dan nog `n duisend jaar sal voortstroom, en dat dit eers sal opdroog wanneer duistere heidene hierdie plek sal vertrap!”

[20] Op hierdie woorde van My kom daar op dieselfde oomblik `n stuk van die rotswand los, en met `n kragtige gebruis skiet daar so `n magtige waterstroom na buite, dat daar onmiddellik vanaf die rots na benede, na die laer geleë dal toe, so `n sterk stroompie begin te stroom, dat dit baie gou `n bedding vir homself maak om verder daarin te stroom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205