Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die genesing van die tien melaatses

(Lukas 17:11-19)

66 Na `n kort tydjie kom Ons in die omgewing van `n klein dorpie of markplek, en daar kom Ons tien mense tegemoet wat aan kwaadaardige melaatsheid ly. Hulle kom almal uit die omgewing van Nasaret en moes al `n hele jaar lank in die oop lug verblyf, omdat niemand hulle in `n herberg wou opneem nie en geen arts hulle ook kon help nie. 

[2] Toe hulle baie naby My omgewing kom, herken die tien My, en ook sommige van My leerlinge bly staan, en hulle verhef hulle stem en sê: “O Jesus, goeie Heer, ons ken U en U goddelike mag, ontferm U oor ons; want nie alleen ly ons dikwels nouliks te verdra pyne nie, maar elkeen vlug uit ons omgewing uit!”

[3] Ek sê aan hulle: “Mog julle geloof julle help! Keer nou weer terug na die markplek en toon julle aan `n priester, wat ook `n arts is (wat die Judese priesters hulle gewoonlik verbeel het om te wees), en hulle sal aan julle `n vir die wêreld geldige verklaring afgee dat julle nou volkome rein is! Maar gaan daarna weg en wees die mense van nut deur die werk van julle hande, en sondig nie meer nie, sodat julle nie nog slegter daaraan toe raak as tot nou toe nie; want dit is die sonde van geilheid wat dergelike kwale aan die liggaam teweegbring! Gaan nou, en doen wat Ek julle beveel het!” 

[4] Toe keer die gereinigde mense weer haastig terug na die markplek en gaan na `n priester, toon hulle aan hom en vra hom om vir hulle `n getuienis te gee.

[5] Die priester bekyk hulle, sien dat hulle heeltemal skoon was en gee teen `n klein offer aan elkeen van hulle - netsoos dit gebruiklik was - `n eie verklaring, bestaande uit `n blaadjie gladgemaakte donkievel, wat met `n ster bestempel was.

[6] Met die verklaring gaan hulle toe na `n herberg en word na die toon van die genoemde verklaring sonder enige beswaar as gaste in die herberg opgeneem.

[7] Een van hulle sê egter aan sy vroeëre lotgenote: “Luister eers, die goeie Heer Jesus uit Nasaret het ons deur Sy wonderbaarlike goddelike mag van ons ernstige kwaal bevry; daarom beskou ek dit as ons eerste plig dat ons nou dadelik omkeer, Hom tegemoet gaan en nogmaals ons dank aan Hom betuig!”

[8] Toe sê die ander: “Jy het wel gelyk; maar die son het al ondergegaan en dit begin te skemer, en Hy sal nou nie buite voor die markplek staan en wag tot ons terugkom en ons dank mondelings aan Hom betuig nie. Ons dank Hom in ons hart en Hy, wat ook weet wat `n mens dink, sal ons dit tog nie kwalik neem as ons Hom nou nie tegemoet gaan na die plek waar Hy waarskynlik nie meer te vinde sal wees nie.” 

[9] Maar die een sê: “As die goeie Heer Jesus die gedagtes van die mense ook van `n afstand ken, netsoos wat ons dit al by Hom meegemaak het, sal Hy ook weet dat ek nou gaan terugkeer na die plek waar ons gereinig is, om Hom daar die Hom toekomende eer te gee - of Hy nou daar sal wees of nie!”

[10] Die ander sê: “Jy moet doen wat vir jou goed en reg lyk; ons dink egter nie dat ons verkeerd handel as ons doen wat vir ons goed en reg lyk nie!”

[11] Daarop gaan die nege die herberg binne, maar die een keer terug na die plek waar hy gereinig was, en waar Ek vanweë die heerlike aand nog met My leerlinge verblyf het. Toe hy by My kom, voel hy `n groot blydskap dat hy My nog daar aantref op dieselfde plek waar hy `n halfuur vroeër saam met die ander nege van die kwaadaardige melaatsheid gereinig was. 

[12] Terstond val hy voor My op sy aangesig neer en prys God met `n luide stem aldus (die geneesde melaatse): “O Jesus, beste, goeie Heer, Seun van die lewende ewige God, wat na aard en wese één met Hom is en derhalwe ook alles kan wat die Vader kan, ek dank U en prys U, omdat U my en ook die ander, my lotgenote, so `n groot barmhartigheid bewys het! Eer, lof en prys hulle U netso as die Vader in die hemel, wat in U, Sy Seun, na ons arme sondaars gekom het om te vervul wat Hy deur die mond van die aartsvaders en profete getrou en openlik belowe het! O, mag U liefde, barmhartigheid en erbarming steeds by ons bly, en laat, o Jesus, ook die blindes van gees dit insien!”

[13] Ek sê: “Staan op! Want jou groot geloof het jou gehelp! Jy is `n Samaritaan en het My herken, en jy het gekom en het God die eer gegee netsoos dit hoort; daarom sal jy ook in My liefde bly. Maar wat is eintlik met die ander nege aan die gang? Het hulle nie ook netsoos jy rein geword nie? En as hulle rein geword het, waarom het hulle dan nie met jou saamgekom om ook, netsoos jy, aan God die eer te gee nie? Is daar dan, behalwe jy, niemand wat omgedraai het om die eer te gee aan Hom, wat hom gesond gemaak het nie? `n Vreemdeling weet dus beter wat God toekom as hulle, wat hulle as die kinders van God laat eer! Daarom sal die eer ook weldra van die kinders afgeneem word en aan die vreemdelinge gegee word!”

[14] Die Samaritaan kniel nog voor My op die grond en Ek sê nogmaals vriendelik aan hom: “Staan nou maar heeltemal op en gaan na die herberg; want jou geloof het jou gehelp! Sê egter ook aan jou metgeselle, wat Judeërs is, wat Ek aan jou gesê het!”

[15] Toe rig die geneesde hom heeltemal op en gaan na die herberg, en daar tref hy sy metgeselle, wat goed inlê aan die brood en wyn.

[16] Toe hy by hulle kom, vra hulle hom dadelik of hy My nog gevind het.

[17] En hy vertel hulle heel ernstig en vrymoedig wat Ek aan hom gesê het.

[18] Toe word die nege oorval deur die angs dat hulle weer in die melaatsheid sou kon terug val. Toe eet en drink hulle nie meer nie en was spyt dat hulle nie ook gedoen het wat die Samaritaan gedoen het nie.

[19] Baie gou daarna kom Ek saam met My leerlinge en neem My intrek in dieselfde herberg; alleen word Ons onmiddellik `n groot kamer toegewys, en die herbergier self, wat ook meer `n Samaritaan as `n Judeër was, vra Ons dadelik wat Ons wil eet en drink.

[20] Ek sê: “Gee Ons maar wat julle het, dan sal Ons dit eet!”

[21] Toe gee die herbergier sy dienare onmiddellik opdrag om brood en wyn te bring, en later sou daar `n korrekte hoeveelheid visse goed vir Ons voorberei word.

[22] Soos die herbergier beveel het, gebeur dit ook.

[23] Terwyl Ons Onsself `n rukkie goed help aan die brood en die wyn, word die personeel deur nuuskierigheid na Ons toe gelok, om te sien en te hoor wie Ons was en waar Ons vandaan gekom het. Toe hulle Ons egter sien, besef hulle dat ons vas en seker dieselfde moes wees, deur wie die tien melaatses gereinig was; want die het Ons vantevore noukeurig beskryf, en so herken die bediendes Ons baie gou as die wonderheilande.

[24] Dit word ook dadelik aan die herbergier vertel - en daarom skenk hy Ons ook dadelik meer aandag en vra uit na Ons posisie en Ons werk. Hy kom aan Ons tafel sit, neem ook brood en wyn en vra aan een van My leerlinge, of Ons dalk dieselfde manne was van wie daar één, Jesus genaamd, die tien melaatses slegs deur die mag van Sy Woord volkome gereinig het.

[25] Die leerling, wat Jakobus die kleine heet, sê egter: “Daar aan die hoof van die tafel sit die Heer; vra dit aan Hom, dan sal Hy jou die regte antwoord gee!”

[26] Toe kom die herbergier dadelik na My toe en sê: “Luister, Vriend, is jy die wonderbaarlike Heiland, wat buite die markplek die tien mense van hulle kwaadaardige melaatsheid gesuiwer het, slegs deur die mag en krag van Sy Woord? Is Jy nou die reeds alom bekende Jesus van Nasaret?”

[27] Ek sê: “Bring diegene hier wat dit vir jou vertel het; hulle sal jou wel weer sê of Ek Hy is!”

[28] Toe gaan die herbergier onmiddellik weg en bring enkele van die gereinigdes na Ons toe, en hulle sê dadelik asof uit één mond (die geneesdes): “Ja, ja, dit is Hy wat ons ondankbares die groot barmhartigheid bewys het!”

[29] En nou kniel ook die nege wat tevore nie omgedraai het nie, voor My neer en gee My die eer.

[30] Maar Ek sê aan hulle: “Omdat julle na My gedryf is deur die angs dat julle weer melaats sou kon word, het julle nou ook gekom om God die eer te gee! Die het julle hierdie keer vergewe en julle sal rein bly; maar in die toekoms sal My seën nie by diegene bly wat te lui is om na `n ontvange barmhartigheid diegene eer te bewys van wie hulle die barmhartigheid ontvang het nie. Staan nou op en gaan, en sondig voortaan nie meer nie!”

[31] Toe staan die gereinigdes op, bedank My nog eens en gaan weer na die kamer wat aan hulle toegewys was.

[32] Nou wis die herbergier met wie hy te make het. Hy word dadelik vol hoogagting teenoor My, gaan die kamer uit na die kombuis en beveel sy vroulike kokke dat hulle vir Ons die allerbeste vis moes voorberei, wat dan ook gebeur.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205