Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die wederkoms van die Heer

(Lukas 17:22-36)

70 Na die onderlinge beplan wend die leerlinge hulle na My toe en sê: “Majesteit en Heer, U het ons al verskillende kere gesê dat dit ons gegee sal wees om die geheime van die ryk van God goed te verstaan, en U het ons ook al soveel dinge duidelik onthul, dat ons in die gees U oneindige skepping en nog duisend ander dinge goed begryp, waarvan geen enkele geleerde nog ooit vir hom `n voorstelling kon gemaak het en waar hy deur eie naspeur en soeke ook nooit `n volkome duidelike voorstelling daarvan sal kan maak nie, om welke rede alle menslike kennis tot nou toe dan ook stukwerk is. Sê ons nou tog ook eers ietwat meer konkreet oor U wederkoms! In welke tyd sal U weer kom, en waar en hoe? Want ons is van mening dat ook dit hoort by die verstaan van die geheime van God se ryk.”

[2] Ek sê: “Ook dit het Ek julle al verskillende kere baie uitvoerig getoon; maar omdat ook julle nie volkome van My Gees deurdring is nie, begryp julle dit nog nie ten volle nie. Die jaar, die dag en die uur kan Ek julle nie met sekerheid sê nie, omdat dit op hierdie aarde immers alles van die volkome vrye wil van die mense afhang. Daarom weet ook geen engel in die hemel dit nie, maar alleen die Vader en ook diegene aan wie Hy die wil openbaar. Bowendien is dit vir die heil van die siel nie absoluut noodsaaklik om dit heel presies vooruit te weet nie.

[3] Sou dit goed wees vir `n mens, as hy die dag en die uur van sy sterwe heel presies vooruit sou weet? Vir heel weiniges, wat in die gees wedergebore is: Ja; maar vir tallose sou dit `n groot kwaad wees! Want die naderende uur van hulle sterwe sou hulle dermate van vrees, angs en vertwyfeling vervul, dat hulle sulke vyande van die lewe sou word, dat hulle hulleself voortydig van die lewe sou beroof om sodoende die angs vir die dood te ontvlug, of hulle sou in `n dermate sterk lewenstraagheid beland, dat daar vir die siel weinig heil sal wees om heeltemal verseker vooruit te weet, naamlik wat, hoe en wanneer die een of ander haar in hierdie wêreld kan en ook moet oorkom. 

[4] Ek sê vir julle: Die tyd sal kom dat julle in diegene wat in geloofsopsig julle nakomelinge sal wees, soos nou hier, sal vra wanneer die dag van die Menseseun sal kom, en sal verlang om die dag te sien en hom tog nie sien soos wat julle verlang nie. In die tyd sal daar vele opstaan en op die voorgrond tree en met `n wyse gesig sê: “Sien, die dag is hier, of daar en dan!” Maar gaan nie daarheen nie en volg nie sulke profete nie.

[5] Die dag van My tweede wederkoms sal wees soos `n bliksem, wat van die ooste na die weste hoog langs die bewolkte hemel skiet en alles verlig wat onder die hemel is. Voordat dit sal gebeur, sal - netsoos Ek julle al verskeie male verkondig het - die Seun des mense nog baie moet ly en geheel en al verwerp word deur dié geslag, naamlik deur die Judeërs en fariseërs, en in later tye deur diegene wat mens nuwe Judeërs en fariseërs sal noem.

[6] Soos dit gegaan het ten tye van Noag, sal dit ook gaan in die tyd van die tweede koms van die Menseseun. Hulle sal heel welgemoed eet en drink, hulle sal trou en hulle ten huwelik laat gee tot op die dag dat Noag in die ark geklim het en die vloed vervolgens gekom het en almal verdrink het. En dit sal op dieselfde manier gaan as ten tye van Lot: Hulle het geëet en gedrink, hulle het gekoop en verkoop en geplant en gebou. Op die dag toe Lot uit Sodom weggegaan het, netsoos Ek julle op die Olyfberg van naderby verklaar het, het dit egter al vuur en swael uit die hemel gereën en het hulle almal omgebring.  

[7] Sien, so sal dit ook wees en gebeur in die tyd, wanneer die Seun des mense weer vir die tweede keer geopenbaar sal word! Wie op die dag op die dak is en weet dat sy huisraad in die huis is, laat die nie van die dak afkom om sy huisraad af te haal nie! - wat as volg verstaan moet word: Wie die dinge werklik begryp, moet by daardie begrip bly en nie daardie vlak verlaat nie, uit angs dat hy daardeur miskien aan wêreldse voordele sou kon inboet nie; want die dinge sal vernietig word.

[8] Netso nog `n ander beeld: Wie hom op die veld (die vryheid van insig) bevind, moet hom nie omkeer na wat daar agter hom is nie (ou drogleringe en die instellings daarvan), maar vir hom die lot van die vrou van Lot herinner en in die waarheid voorwaarts strewe.

[9] Ek sê vir julle nog meer: In dieselfde tyd sal daar twee in `n meule wees en dieselfde werk doen. Die een sal aangeneem word en die ander agtergelaat, dit wil sê, die eerlike werker sal aangeneem en die ontroue en selfsugtige sal agtergelaat word. Want wie sy siel vanweë die wêreld probeer behou, sal haar verloor; maar wie haar terwille van die wêreld sal verloor, sal haar lewe behou en haar tot die ware, ewige lewe help. 

[10] Verder sê Ek julle nog: In een en dieselfde nag van die siel sal twee mense in een en dieselfde bed lê. Ook dan sal die een aangeneem en die ander agtergelaat word, dit wil sê: Twee mense sal hulleself, weliswaar uiterlik gesien, in die sfeer van een en dieselfde geloofsbelydenis bevind, maar die een sal inderdaad `n lewende geloof hê en daarom ook aangeneem word in die lewende en ligryk van God, maar die ander sal slegs vashou aan die uiterlike kultus, wat geen innerlike waarde vir die lewe van die siel en die gees het nie, en sal nie opgeneem word in die lewende en ligryk van God nie, omdat sy geloof sonder die werk van naasteliefde as te ware dood is.

[11] En verder sal daar twee mense op die veld van die arbeid wees. Die één, wat sonder eie belang in die lewende geloof sal werk, uit liefde tot God en uit liefde tot sy naaste, sal ook in die ware ryk van God opgeneem word; diegene egter wat op dieselfde veld sal werk soos die fariseërs sonder innerlik lewende geloof uit suiwer eiebelang, sal vanselfsprekend agtergelaat en nie opgeneem word in die lewende en ligryk van God nie!”

[12] Kyk, so sal dit gestel wees met die tweede koms van die Menseseun, en so sal dit hom manifesteer! As julle in die toekoms dieper deurdring sal wees van My gees, sal julle alles wat Ek gesê het, ook duidelik verstaan; op die oomblik kan Ek julle dit egter nie helderder en duideliker vertel nie.”

[13] Die leerlinge sê: “Majesteit en Heer, dit is alles goed so en ons glo U woorde; maar waar en wanneer sal dit gebeur, volgens aardse tyd gereken? Dit sou U ons tog ook nog wel kan sê!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205