Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die ryk van God

72 Nou sê die herbergier met diepe ontsag en hoogagting: “O Majesteit en Heer, U dade is baie wonderbaarlik - maar U woorde is werklik suiwer waarheid en lewe. Want as U handel, merk ook `n blinde dat daar in U wil meer as menslike krag en mag heers; maar as U spreek, herken mens eers heeltemal dat U die Heer Self is! Want die wysheid van U woorde is groter as die helderste lig van die middagson.

[2] Maar nou moet ook ek die vryheid neem om U, o Majesteit en Heer, terwille van die ryk van God, `n vraag te stel. As U my dit barmhartig sal toestaan, sal ek spreek.”

[3] Ek sê: “Sê maar wat jy wil; dan sal Ek jou antwoord !” 

[4] Nou sê die herbergier: “Majesteit en Heer, aan U dierbare leerlinge en daarnaas ook aan my en my deur U geneesde opperkneg het U nou heel wyse dinge gesê oor U tweede koms en derhalwe ook oor die koms van die ryk van God op hierdie aarde. Daarby het my één ding erg opgeval, en wel wat betref die ryk van God op aarde wat êrens in die verre toekoms sal ontstaan en dat die ryk van God dus ook werklik op die aarde sal kom.

[5] So sê U ook dat die ryk van God geensins met uiterlike praal onder die mense sal kom nie, maar dat dit baie diep binne-in die mens is, en dat hulle dit maar net hoef te soek, te vind en in hulleself hoef te ontplooi.

[6] Ek is nou egter van mening dat ons wat ons hier almal in U teenwoordigheid bevind, dit duidelik nie in ons nie, maar nog baie buite ons het, en dat ons met die grootste vertroue kan sê: Kyk, hier is die Messias (Christus), wat sedert ewigheid gesalfde Heer aller heerlikheid is, en Hyself is alles in alles en derhalwe ook die ewige ryk van God en die Lewe en die Waarheid! Omdat U nou by ons is, is ook U ryk nie in ons nie, maar by ons, te midde van ons.

[7] Sal dit met hierdie baie heilige gebeurtenis in die tyd wat vroeër deur U genoem is, ook so wees, of sal U tweede koms tog baie verskil van die van nou?”

[8] Ek sê: “O My beste vriend, jy het nou egter baie goed gespreek en Ek kan jou sê dat nie jou vlees en bloed nie, maar alleen jou gees jou dit ingegee het; maar tog sal dit met die toekomstige wederkoms van die Menseseun wees netsoos Ek julle almal duidelik genoeg vertel het.

[9] Jy het heeltemal gelyk as jy nou sê dat die ryk van God in My na julle toe gekom het en hom by julle en in julle midde bevind; maar dit is nog nie voldoende om die ewige lewe van die siel te bereik en ten volle te behou nie, omdat die ryk van God in My weliswaar na julle toe gekom het, maar daarmee nog nie deurgedring het tot julle innerlike nie, wat eers kan en sal gebeur wanneer julle, sonder om rekening te hou met die wêreld, My leer heeltemal in julle wil, en derhalwe ook in alles wat julle doen, opgeneem het. As dit eenmaal die geval sal wees, sal julle nie meer sê: “Messias (Christus), en met Hom die ryk van God, het na ons toe gekom en woon by en onder ons!” nie, maar julle sal sê: ”Nou leef ek nie meer nie, maar Messias (Christus) leef in My!” As dit by julle die geval sal wees, sal julle ook ten volle begryp dat die ryk van God nie met uiterlike prag en praal na en in die mense sal kom nie, maar hom slegs inwendig in die mens sal ontplooi en die siel in die ewige lewe van die ryk van God in sal trek en haar blywend daarin sal vashou.

[10] Weliswaar moet die weg eers van buite af aan die mens getoon word deur God se Woord, wat vanuit die hemele tot die mens kom en waarmee mens kan sê: “Vrede sy met jou; want die ryk van God het naby gekom!” Maar daarom is die mens nog nie in die ryk van God nie, en die ryk van God nie in hom nie. 

[11] Eers wanneer die mens begin te glo sonder om te twyfel en sy geloof tot lewe gebring het deur volgens die leer te handel, ontplooi die ryk van God hom in die mens, netsoos die lewe in `n plant hom in die voorjaar onmiskenbaar van binne uit begin te ontplooi, wanneer die plant deur die lig van die son beskyn, verwarm en daardeur aangesit word tot innerlike aktiwiteit.

[12] Al die lewe word weliswaar van buite af gestimuleer en gewek, - maar die ontstaan, die ontwikkeling, ontplooiing, vorming en verstewiging kom dan altyd van binne uit.

[13] So moet ook diere en mense hulle voedsel eers van buite af in hulle opneem; maar die opneem van voedsel en drank is nog lank nie die egte voeding van die liggaam nie, maar dit gaan daarna eers vanuit die maag na alle dele van die liggaam. Soos wat die maag in `n sekere sin die lewevoedende hart van die liggaam is, so is ook die hart van die mens die voedende maag van die siel, wat die Gees uit God in haar moet wek, en My leer is die ware lewensvoedsel en die ware lewensdrank vir die maag van die siel.

[14] In wat Ek aan die mense leer, het Ek dus `n werklik voedende brood uit die hemele, en die handeling volgens die leer is `n ware lewensdrank, `n baie goeie en kragtige wyn, wat deur sy gees die hele mens tot lewe wek en hom deur en deur verlig deur die ligtend oplaaiende vlam van die lewensvuur. Wie daardie brood eet en die wyn drink, sal in ewigheid geen dood meer sien, voel of smaak nie.

[15] As julle dit nou begryp het, handel dan ook daarvolgens; dan sal My woorde in julle volledige, lewende waarheid word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205