Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer gee uitleg oor die eet van Sy vlees en die drink van Sy bloed

73 Nou sê die leerlinge: “Majesteit en Heer, hierdie les van U is goed te begryp - maar toe U eens in Kapernaum, waar soveel volk uit alle streke rondom Jerusalem U agterna gereis het, `n soortgelyke onderrig gegee het oor die eet van U vlees en die drink van U bloed, was dit kennelik `n harde leer, veral vir die mense wat U eenvoudige, duidelike Woord nie begryp het netsoos dit volgens die ware betekenis begryp moes word, en daarom het toe vele toenmalige leerlinge U verlaat. Onsself het dit aanvanklik nie begryp nie, maar die herbergier, wat nooit `n leerling van U was nie, het dit vir ons uitgelê, en as ons nou die leer met hierdie vergelyk, wil dit dieselfde sê as wat U nou heel duidelik en glashelder uitgelê het. - Het ons gelyk of nie?”

[2] Ek sê: “Ja verseker, want brood en vlees is een en dieselfde, netsoos ook wyn en bloed, en wie in My Woord die brood der hemele eet en deur na daardie Woord te handel, dus deur die werk van die ware, mees onbaatsugtige liefde vir God en sy naaste, die wyn van die lewe drink, eet ook My vlees en drink My bloed. Want netsoos die natuurlike brood, wat deur die mense geëet word, in die mens in vlees verander en die gedrinkte wyn tot bloed word, so word in die siel van die mens die brood van My Woord in vlees, en die wyn van die daadwerklike liefde in bloed verander.

[3] As Ek egter sê: “Wie My vlees eet”, dan is daarmee ook al aangegee dat hy My Woord nie alleen in sy geheue en in sy verstand opgeneem het, maar tegelykertyd ook in sy hart, wat - netsoos Ek al sê - die maag van die siel is, en dit ook gedoen het met die wyn van die daadwerklike liefde, wat daardeur geen wyn meer is nie, maar reeds die bloed van die lewe; want die geheue en die verstand van die mens staan in verhouding presies so tot die hart as die mond tot die natuurlike maag. So lank die natuurlike brood hom nog tussen die tande in die mond bevind, is dit nog geen vlees nie, maar brood; as dit egter fyngekou in die maag aankom en daar met die maagsappe vermeng word, is dit, wat sy fyn voedende deel aanbetref, al vlees, omdat dit ooreenkom met die vlees. So is dit ook met die wyn of met water, wat sekerlik ook wynstof bevat, omdat sonder water, wat die aarde in haar dra om alle plante en diere te voed, die wynstok sou sterf. So lank as wat jy die wyn in jou mond hou, gaan hy nie in die bloed oor nie; maar in die maag sal hy baie vinnig daarin oorgaan.

[4] Wie dus My Woord hoor en dit in sy geheue bewaar, hou die brood in die mond van die siel. As hy met sy verstand ernstig daaroor begin nadink, kou hy die brood fyn met die tande van die siel; want die verstand is vir die siel wat die tande in die mond is vir die liggaamlike mens.

[5] As My brood, My leer dus, deur die verstand fyngekou oftewel as volle waarheid begryp en opgeneem is, moet dit vervolgens ook deur die liefde vir die waarheid in die hart opgeneem word en deur die vaste wil oorgaan in die daad. As dit gebeur, dan word die Woord omgesit in vlees en deur die ernstige daadkragtige wil in die bloed van die siel, wat My gees in haar is, waarsonder die siel netso dood sou wees as `n liggaam sonder bloed.

[6] Die ernstige daadkragtige wil kom ooreen met `n goeie verteringsvermoë van die liggaamlike maag, waardeur die hele liggaam gesond en sterk gehou word; as die verteringskrag van die maag swak is, dan is die hele liggaam alreeds siek en swak en word dit selfs al van die beste en suiwerste voedsel siek. Dieselfde geld vir die siel, in wie se hart die wil om die leer in dade om te sit, verswak is. Sy bereik die volle, gesonde geestelike krag, bly halfweg steek, raak maklik in allerlei twyfel en bedenkings en begin nou eers die een en dan weer `n ander voedsel te probeer, om te sien of dit miskien `n beter en meer versterkende uitwerking het. Maar daarmee is die siel, wat eenmaal bietjie sieklik is, tog nie heeltemal gehelp nie. “Ja”, vra julle julleself nou af, “is `n sieklike siel dan eintlik gladnie meer te help nie?” “O ja, sê Ek. Maar hoe?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205