Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die betekenis van die handel volgens God se Woord

74 (Die Heer:) “Luister! As iemand `n swak maag het, neem hy `n slag `n kruiedrank wat vir julle welbekend is, waardeur die sleg verteerde spyse langs die bekende natuurlike weg uit die maag en die derms afgevoer word; die sleg verteerde spyse is te vergelyk met die bedenkings wat in die siel opgeneem is, naamlik of sy dit of dat wel heeltemal moet glo en daarvolgens moet handel.

[2] As die liggaamlike swak maag eenmaal gereinig is, wat moet daar dan gedoen word om te sorg dat hy weer sterk word en sterk bly? So iemand moet egter aktief word en daarby in die fris, suiwer lug flink beweging neem, dan sal die maag in die eerste instansie daardeur sy volle en gesonde krag herwin. Kyk, dit moet die siel ook doen! Sy moet haar hart reinig van alle dwaalleringe, verkeerde voorstellings en idees. Dan moet sy die waarheid, netsoos Ek dit aan julle leer, met liefde, gewillig en vol geloof opneem en daarmee flink aan die werk gaan; dan sal sy daardeur weldra baie sterker word en ook volledig en blywend gesond word! 

[3] Daarom moet niemand van julle maar net luister na My Woord nie, maar ook ernstig en ywerig daarvolgens handel. Dan sal alle bedenkings en twyfel binne `n baie kort tyd uit sy siel verdwyn het.

[4] Soos die natuurlike maag van die liggaam in gesonde, kragtige toestand allerlei rein en desnoods ook onrein voedsel in hom kan opneem sonder om skade te ly, omdat hy deur sy aktiwiteit al die onreine uit homself verwyder of dit in iets suiwer verander, so doen ook die gesonde, kragtige maag van die siel dit, en sodoende is vir die rein mens alles rein, en selfs die mees onreine geestelike peswalm van die hel kan hom geen skade berokken nie. 

[5] As julle My ryk volledig in julle sal besit, sal julle oor slange en skerpioene kan wandel en gif uit die hel kan drink, sonder dat dit julle ook maar enigsins sal skaad.

[6] As julle dit nou almal goed begryp en in julle opgeneem het, sal julle nou ook ooreenkomstig die volle, lewende waarheid kan insien wat Ek in Kapernaum vir julle wou laat verstaan onder “My vlees eet” en “My bloed drink”, en julle sal dit voortaan seker geen harde leer meer noem nie.

[7] Reeds in die sigbare natuurlike wêreld is die diepere oorsake van die dinge en van baie verskynsels vir die suiwer menslike verstand moeilik op `n sodanige manier te verklaar dat dit vry bly van alle moontlike dwalings wat die slegte bygeloof voed, en wat so die weg der waarheid bewandel; hoeveel moeiliker is dit vir die liggaamlike oog van die mens om onsigbare, hemels geestelike dinge, kragte, werkinge en verskynsels as vir die suiwer harsingverstand te begryp en vir die siel insigtelik te maak!

[8] Daarom sê Ek julle dan ook altyd: Julle sal eers in alle wysheid in geestelike, hemelse lewensomstandighede en die krag en mag daarvan ingewy word, as julle in My Gees volledig nuut gebore sal wees op die manier, wat Ek julle uitvoerig en duidelik getoon het. En vra julleself nou af, of julle die korrekte, volle waarheid van dit alles ook ten volle begryp het!”

[9] Die leerlinge sê: “Ja, Majesteit en Heer, as U op die manier die geheime van die ryk van God vir ons onthul, is dit vir ons ook maklik te begryp; maar as U in gelykenisse gaan spreek, is die betekenis van U woorde vir ons steeds moeilik en soms gladnie te begryp nie. Maar as U die gelykenisse daarna aan ons uitlê, kan ons insien dat alleen die goddelike alwysheid dergelike beelde en gelykenisse kon gee. O Heer, ons dank U uit die diepste van ons hart vir U meer as groot geduld en U liefde vir ons! As ons as mense ooit swak en moeg sou word op die weg na die ware nuwe geboorte, die wedergeboorte van U gees in ons, verlaat ons dan nie, Heer, maar versterk ons, en laat ons nooit swak word nie! En as ons gemoed angstig en verdrietig word, wanneer U in die toekoms nie meer sigbaar onder ons sal rondgaan nie, kom dan met U barmhartigheid en ontferming, en troos ons, en versterk ons liefde, ons geloof, ons hoop en ons verwagting!”

[10] Die herbergier en sy geneesde opperkneg sê: “O Majesteit en Heer, ook ons vra U vir dit wat die leerlinge U gevra het!”

[11] Ek sê: “Waarlik, waarlik Ek sê vir julle: dit waaroor julle die Vader in My Naam sal vra, sal julle ook gegee word! Waar is daar `n vader onder die mense, wat tog meestal maar net sleg is, wat vir `n kind wat hom om `n stuk brood vra, `n klip, of `n dogter wat hom `n vis vra, `n slang sou gee?

[12] As die mense, wat - netsoos gesê - maar net sleg is, hulle kinders al goeie gawes gee, hoeveel te meer sal die Vader in die hemel, wat as enige meer as goed is, goeie dinge doen vir diegene wat Hom liefhet en gelowig daarom vra.

[13] Daarom kan julle altyd `n vrolike hart en `n blye gemoed hê; want die heilige en meer as goeie Vader waak altyd oor julle en sorg vir julle welsyn en sieleheil.

[14] En die Vader is in My, netsoos Ek altyd en ewig in Hom is, en Ek gee julle die volledige versekering dat Ek julle nooit as wese sal agterlaat nie, tot aan die einde der tye van hierdie aarde. 

[15] Waarlik sê Ek vir julle: Na hom wat My werklik sal liefhê en hom aan My gebooie sal hou, sal Ek na kom en Myself aan hom openbaar, en dan sal elkeen hom daarvan kan oortuig dat hy hom nie as `n wees in die wêreld bevind nie! Diegene aan wie Ek My op die manier sal openbaar moet dit egter nie vir hulleself hou nie, maar die troos ook aan sy broers meedeel, sodat ook hulle daardeur vertroos en versterk word.

[16] Wie die swakkes dikwels versterk, die bedroefdes troos en die lydendes graag help, sal in al die dinge die tienvoudige lewensloon van My mag verwag. Daarvan kan julle altyd volledig verseker van wees!”

[17] Hierdie woorde van My maak elkeen vrolik en opgewek, en die herbergier laat Ons bekers nogmaals vul met sy beste wyn, en Ons drink en praat dan ook nog ongeveer `n uur lank met mekaar.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205