Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die wynwonder en die gevolge daarvan

82 Toe die herbergier van My hoor dat Ek die dorp weldra wil verlaat, word hy verdrietig en sê: “O Majesteit en Heer, U sal ons dorp vandag tog nie verlaat nie?”

[2] Ek sê: “Vriend, daar is nog baie blindes en dowes van hart en van siel; Ek moet ook by hulle kom en hulle help. Soos dit julle goed gedoen het, toe Ek by julle kom, so sal dit nog vele goed doen as Ek na hulle toe sal kom. Maar Ek sal tog nog enkele ure in jou huis bly; en in die tyd sal Ons nog oor die een en ander kan spreek. Maar laat nou nog `n vars, suiwer wyn op Ons tafel sit!”

[3] Die herbergier sê: “O Majesteit en Heer, `n wyn, wat redelik vars, suiwer en goed is, het ek in al my kelders nie! Wat moet ek nou doen?”

[4] Ek sê: “Gaan maar na die kelder wat hom onder hierdie saal bevind, daar sal jy wel bietjie wyn vind!”

[5] Die herbergier sê: “O Majesteit en Heer, hier onder hierdie saal is wel `n ou kelder; maar daar is maar net ou, bykans onbruikbare keldergerei soos wynsakke, kruike en nog ander vate. Maar wyn is daar absoluut nie te vinde nie!”

[6] Ek sê: “Jy moet juis uit dié kelder wyn vir Ons haal, sodat jy en almal wat hier in jou huis is, nog meer as tot nou toe sal merk dat geen enkele Esseen ooit in staat is om dergelike dinge te doen nie, soos wat die skrifgeleerde nog by homself dink!”

[7] Hierop sê die herbergier: “O Majesteit en Heer, behalwe ons skrifkenner dink nou vas en seker niemand in my hele huis dit meer nie! Ek glo dat die volheid van God se Gees liggaamlik in U woon! U wil is Sy wil en U Woord is Sy Woord, en daarom is alles wat U sê `n ewige waarheid, lig, liefde, lewe en netso goed as `n volbragte taak. En so glo ek dan ook dat daar in die ou kelder wyn is, en wel van die allerbeste soort!”  

[8] Ek sê: “Gaan dan na benede en bring dit vir Ons!”

[9] Hierop neem die herbergier twee groot kraffies, soos die opperkneg, gaan na die genoemde kelder en tref daar tot hulle groot verbasing alle ou sakke, ongeveer honderd en vyftig stuks, alle kruike en ander vate, wat nou in goeie toestand verkeer, vol met die beste wyn. Albei van hulle proe die wyn en vind dit buitengewoon goed en heerlik van smaak. Hulle vul die vier saamgeneemde kraffies, bring die wyn na die tafel en vul Ons bekers, wat al leeg was.

[10] Die fariseër was die eerste wat sy beker tot die laaste druppel leeg drink en daarna aan sy metgesel, wat nie so goed wyn wou te drink wat dalk wel betoor was nie, sê: “Jy moet die wyn ook probeer, sodat ook jy kan insien dat die geloofsbelydenis van ons herbergier waar is!” 

[11] Toe neem die skrifgeleerde ook sy beker, begin die wyn te proe, en omdat dit vir hom maar al te goed smaak, drink ook hy sy beker tot die laaste druppel leeg.

[12] Toe hy sy beker heeltemal leeg gedrink het, sê hy (die skrifgeleerde):”Werklik, dit is een van die tekens wat hom op geen enkele natuurlike manier laat verklaar nie! Om allerlei soorte siekes enkel deur `n meer as vaste geloof en `n onbuigsame wil te genees, wat volgens ou sages en oorlewerings al onder die mense bestaan het; want daar is, al is dit ook sporadies, hier en daar nog geheel en al onbedorwe mense, wat `n meer as groot en netso sterk lewenskrag besit. As sulke mense met hulle geloof en wil op `n sieke wil inwerk, word die sieke as te ware deurdring en vervul van `n stroom lewensvuur en kan in één oomblik gesond word; oor dergelike genesings weet mens baie uit die ou geskrifte van byna al ons bekende volkere. So weet mens ook dat daar mense bestaan het wat na gelang hulle goeie of kwade goeddunke by `n klaarligte dag allerlei dinge kan toor en ook ander dinge kan doen, wat vir `n natuurlike mens wonderbaarlik moes voorkom. Maar ou, leë wynsakke en ander vate slegs deur die wil ten eerste in `n bruikbare staat te bring en hulle vervolgens ook met die suiwerste, beste wyn te vul, dit is iets waarvan geen enkele van alle kronieke en ou sages iets oor vertel nie. Dit beskou ek dan ook as `n bomenslike teken, wat sonder `n groot oorvloed aan egte goddelike krag nie tot stand gebring sou kan word nie - en nou begin ook ek te glo dat U werklik die Gesalfde van God is!”

[13] Ek sê:”Daaraan doen jy goed, as jy dit glo; diegene wat in hulle geloof “Majesteit, Majesteit en Heer” aan My sal sê, sal My ryk van die lewe egter nie geheel en al binnegaan nie, maar alleen diegene wat volgens My leer sal handel en lewe. Want My woorde is lewe en goddelike krag, as hulle inderdaad deur `n mens uitgevoer word; maar by mense wat die woorde wel hoor en hulle ook in hulle herinnering bewaar, maar nie daarvolgens handel en lewe nie, het geen nut vir die ewige lewe van hulle siel nie, - maar dit sal daarenteen vir hulle tot `n oordeel wees, wat die ander dood in die ander lewe is. Ek het dit nou vir julle gesê, sodat niemand hom kan verontskuldig dat hy dit nie sou geweet het nie!”

[14] Daarop sê die skrifgeleerde: “Majesteit en Heer, om dit te glo is vir ons nie moeilik nie en ons is deur die tekens wat U hier gedoen het, volkome daarvan oortuig dat U woorde die volle waarheid is; maar hoe sal diegene van die waarheid oortuig word, wat U leer van ons sal hoor en vir wie ons geen tekens sal kan doen as definitiewe bevestiging van die waarheid wat U leer bevat nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205