Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Oor die boom van die lewe en die boom van die kennis

83 Ek sê: “Ten eerste bly die waarheid ook sonder tekens een en dieselfde waarheid, en wie daarvolgens sal lewe en handel, sal diep van binne daarvan bewus word, dat My leer `n goddelike en geen menslike Woord is nie.

[2] Ten tweede sal hulle wat My leer oor die ryk van God in die mens aan ander sal oordra en nie maar net leraars wees nie, maar ook self My wil doen wat duidelik in My leer besluit lê, ook in staat wees om in My Naam tekens te doen, en nog groter as Ekself. 

[3] Maar slegs as leraars en nie as mense wat self My leer toepas nie, sal hulle nie in staat wees om tekens te doen nie; want die krag om tekens te doen gaan nie van die verstand uit nie, maar van die lewende geloof en die vaste wil tot handeling. Want die verstand van die harsings is `n dooie wêreldse lig van die mens, wat nooit in die mees innerlike gebiede van die gees en sy krag kan deurdring nie; maar die lewende geloof in die hart is die ware lewenslig van die siel, wat in haar die gees wek en daarvoor sorg dat dit die hele mens deurdring. En as die mens van die gees deurdring is, dan is hy ook deurdring van die alvermoënde krag daarvan; en wat die lewende gees wil, wat dan met die siel één wese vorm, dit gebeur, en die wil is dan al `n volbringde werk.

[4] Daarom staan daar ook in die Skrif dat God twee bome in die tuin van die lewe geplaas het: `n Boom van die lewe en `n boom van die kennis, en aan die mens gesê het: “As jy slegs die vrugte van die boom van die lewe eet, sal jy ook lewe; maar as jy ook van die vrugte van die boom van die kennis sal eet, voordat dit deur My vir jou geseën word, dan sal die dood oor jou kom en sal jy sterf!”

[5] Maar die mens laat hom, aangesien hy `n geheel vrye wil het, deur die slang van sy begeerte verlei en eet van die boom van die kennis, nog voordat dit deur die rypheid van die geloof in die hart van die mens geseën was, dit wil sê: Hy begin met sy natuurlike verstand die Gees van God en so die gees van die lewe met sy natuurlike verstand te soek en te deurgrond. Die gevolg daarvan was, dat hy hom daardeur maar net steeds meer van God verwyder het, in plaas van om Hom steeds meer te nader. En dit was reeds die dood, dit wil sê die geestelike dood van die mens, en die hele mens word kragteloos en verloor die heerskappy oor alle dinge in die natuurlike wêreld, en word gedwing om met behulp van die swak skynsel van sy harsingverstand deur eie arbeid in die sweet van sy aangesig in fisieke en nog meer in geestelike opsig sy voedende brood te verwerf.

[6] En kyk, die mense het hulle tot nou toe sover van God en dus ook van die ware innerlike lewe verwyder, dat hulle byna gladnie meer in `n God glo nie en dus ook nie aan `n voortlewe van die siel nadat die liggaam weggeval het nie. En diegene wat nog meganies glo in `n God of in blinde bygeloof het in vele gode, netsoos die heidene, stel hulle vir God of die gode so eindeloos ver van hulle verwyderd voor, dat dit vir hulle ten slotte onmoontlik begin te lyk dat `n mens die God, van wie hulle glo dat die so eindeloos ver van hom verwyder is, ooit sou kan nader.

[7] En noudat God Self in alle volheid van Sy ewige mag en krag en met al Sy Liefde en Wysheid liggaamlik na die mense toe gekom het, sien hulle dit nie en beskou dit in hulle groot blindheid en domheid as onmoontlik, terwyl alle dinge tog by God moontlik is. En omdat Hy Homself nou met `n liggaamlike mond en nie met bliksem en donder openbaar nie, beskou hulle nou God Self as `n godslasteraar en `n boosaardige opruier van die volk teen God en teen die konings van die wêreld, wat hulleself as gode beskou en hulle ook as sodanig deur die mense laat eer.

[8] En kyk, dit is alles die gevolg van die feit dat alle mense liewer die dooie vrug van die boom van die kennis geëet het as die lewende en lewegewende vrug van die boom van die lewe.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205