Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Oor die ware vrees van God

86 Die skrifgeleerde sê: “Êrens diep in my hart het ek die gevoel dat ek dit begryp; maar in my hoof loop alles nou deurmekaar, en ek sien wel in dat dergelike dinge alleen in die hart van die siel, maar nooit met die harsing-verstand begryp kan word nie. Maar Moses het beveel om God te vrees en Hom altyd alleen te aanbid! Moet ek U nou nie meer vrees nie en U op die voorgeskrewe wyse aanbid?” 

[2] Ek sê: “Ja, ja, Moses het dit wel aanbeveel, en dit was ook wel goed; maar in hierdie tyd begryp niemand werklik meer wat dit beteken om “God te vrees” nie, en julle het die mense deels as gevolg van julle eie blindheid maar grotendeels vanweë julle onversadigbare winsbejag geheel onjuiste en volkome verkeerde denkbeelde oor die vrees van God bygebring. En so vrees die swak mense, wat nog `n bietjie in God glo, Hom as `n boosaardige, uiters onverbiddelike tiran, wat gespeen is van alle liefde en erbarming, en by die Woord en die begrip “God” deins hulle terug, omdat hulle in Hom byna niks anders as ewige toorn en ewige wraak sien nie.

[3] Maar daar staan ook geskryf dat die mens God moet aanbid en bo alles moet liefhê. Maar hoe kan mens `n goddelike wese liefhê en daardeur ook waaragtig aanbid, as mens vir Sy Naam al erger beef as vir die dood?

[4] Daarom sal jy nou goed begryp watter onwaar en in die hoogste mate verkeerde denkbeeld julle, en deur julle toedoen die ander mense ook, van die vrees van God het.

[5] Wat wil “God vrees” eintlik sê? God vrees wil sê: God as die ewige, hoogste en suiwerste liefde bo alles liefhê en, omdat God die hoogste waarheid is, in die goddelike waarheid bly en nie die leuens van die wêreld aanhang uit materiële eiebelang nie.

[6] Wie in alles waaragtig is, het die ware vrees vir God in sy hart; en wie dit het, aanbid God ook altyd en netsoos dit hoort. Want netsoos die leuens `n baie groot ontering van God is, so is die suiwer en lewende waarheid ook `n voortdurende, hoogste verering en geheel ware aanbidding van God. - Begryp jy dit nou?”

[7] Die skrifgeleerde sê: “Ja, Majesteit en Heer, vir myself begryp ek dit nou goed, en ek sien goed in dat dit ook inderdaad nie anders kan wees nie; maar dit sal nie so maklik wees om die ander mense die waarheid te laat begryp nie, omdat hulle al te veel vassit in allerlei dwalings en die leuens as `n waarheid beskou. Daar kom nog eers die tempel ook by, wat ons voorskryf wat en hoe ons met die volk moet spreek. En dit sal dus wel moeilik word om voortaan `n goeie leraar van die volk te wees. Maar aan elke oorwinning moet stryd voorafgaan! U, die Heer Self, het ons die waarheid onthul, en U sal ons ook ondersteun in ons stryd teen die vyande van die waarheid - daarom vra ons U nou en sal U ook altyd daarom vra; want sonder U steeds aanwesige hulp sal ons niks kan doen nie.

[8] Maar nou is die vraag hoe ons tot U moet bid, sodat U ons sal verhoor en ons help. As ons U nou, terwyl U aanwesig is, om iets goeds vra, dan verhoor U ons bede ook vinnig en maklik; maar hoe moet dit, as U persoonlik nie aanwesig is netsoos nou nie? Hoe moet ons dit dan vra?” 

[9] Ek sê: “Met hierdie vraag van jou is jy nog wel `n egter fariseër! As jy werklik in My glo, sal jy ook altyd kry wat jy die Vader in My Naam sal vra; daarvoor is My persoonlike sigbare aanwesigheid nie nodig nie, omdat Ek oral in die gees teenwoordig is en alles sien en hoor en alles, van die grootste tot die kleinste, baie presies en duidelik weet. 

[10] As jy My dus in die gees en in die volle waarheid om iets sal vra, sal Ek jou sekerlik ook hoor en verhoor; maar `n bede soos wat by julle gebruiklik is, naamlik met die lippe en in raaiselagtige bewoordings, verhoor Ek nie.

[11] Jy weet as skrifgeleerde tog ook wat God deur die mond van `n profeet tot die volk gespreek het, toe die hom in verband met die toenmalige benarde omstandighede tot Hom gerig het, sodat Hy die gebede van die volk sou verhoor: “Ek ken jou en die volk, wat My met die lippe eer en bid - maar hulle hart is ver van My!” Sien, so sal `n louter lippegebed van nou af aan ook nooit verhoor word nie, en gladnie as dit voor betaal word nie! 

[12] Wie My egter vol lewende geloof in sy hart om iets goeds sal bid, sal ook kry wat hy gevra het.

[13] En wie in My Naam volgens My leer leef en handel, die bid waaragtig en sonder onderbreking, en daarom sal aan hom ook altyd gegee word wat hy nodig het.”

[14] Die skrifgeleerde sê: “O Majesteit en Heer, ek dank U in my hart vir hierdie troostende les van U, en ek glo nou dat aan iemand wat bid volgens U wil, wat U nou duidelik uitgespreek het, ook ten deel val waaroor hy sal vra.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205