Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 87

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die oefen in geloof en vertroue

87 Daarop sê enkele van My leerlinge: “Heer, dit sou alles wel in orde gewees het, as die mens nie blootgestel was aan verleidings om `n sonde te begaan nie! As die mens soms op `n swak oomblik dan tog heel maklik die een of ander sonde begaan, word sy vertroue en geloof dermate daardeur verswak; en al het hy ook berou oor die sonde wat hy begaan het en al het hy die uiteindelike skade wat daardeur veroorsaak is, volkome goedgemaak, dan bly daar tog `n sekere skroom in sy siel, waardeur hy hom nie so vol geloof tot U durf wend as wanneer hy nie gesondig het nie.

[2] Wat moet so `n mens dan doen om op so `n manier tot U te bid, dat hy volledig glo dat U hom sal verhoor?”

[3] Ek sê: “Die mens moet weet dat Ek ten eerste geen toornige en wraaksugtige nie, maar `n geduldige en liefdevolle, sagmoedige God is, netsoos reeds deur die mond van die profete gesê is en netsoos Ek nou tot alle sondaars roep: “Kom almal na My toe, wat vermoeid en met sondes belaai is; want Ek wil julle almal verkwik!”

[4] En ten tweede moet die mense hulle altyd oefen in die ware bid en dit bly volhou; want `n korrekte en vaste vertroue word die mens ook eie deur die korrekte oefening, wat `n leerling op watter gebied dan ook nog altyd tot meesterskap gebring het.

[5] Iemand wat goed voorsien is van alle goedere van hierdie aarde verleer die ware en gelowige bid maklik. As hy eenmaal in nood kom, dan begin hy ook wel hulp by God te soek deur te bid; maar hy het by homself te weinig vertroue daarin dat hy by God verhoring sal kry, en dit kom duidelik deur `n gebrek aan oefening in die lewende, volle vertroue op God.

[6] En waardeur kan `n mens sy vertroue in God beter versterk as deur te oefen, naamlik deur onophoudelik te bid en te vra? En waaruit daardie onophoudelike bid en vra hoofsaaklik uit bestaan, het Ek julle al duidelik gemaak.”

[7] Nou kyk die leerlinge mekaar aan en Andreas sê: “Heer, ek herinner my nog baie goed aan die beeld wat U ons by `n soortgelyke geleentheid getoon het, waarin sprake was van `n bedelaar wat in die nag onbeskaamd êrens aangeklop het, en aan wie die Heer van die huis midde in die nag ten slotte tog brood gegee het, meer om van verdere gekerm en gebedel af te wees as uit egte barmhartigheid.

[8] Ek het self gereeld nagedink oor dié enigsins merkwaardige beeld, maar ek kon dit tog nie in ooreenstemming bring met U hoogste liefde en erbarming nie. Nou eers begin dit vir my duidelik te word, noudat U oor die onophoudelik bid en vra en ook oor die oefen in geloof en vertroue in U gespreek het.

[9] Met die in die nag om brood vra het U seker die oefen in geloof en vertroue in U bedoel, terwyl U met die aanvanklike ietwat hardhorige huisvader Uself en met die bedelaar ons mense weergegee het, en het laat sien dat ons nie moet ophou om te bid en te vra nie, ook al word ons nie onmiddellik deur U verhoor nie.

[10] U wil Self dat ons met ons onophoudelike bid en vra werklik tot klaagliedere by U moet kom, voordat U ons verhoor, want daardeur wil U dat ons vertroue in U aldeur en in toenemende mate geoefen word, waardeur ons uiteindelik so sterk kan word dat ons ons eie dag des lewens, wat U ryk in onsself is, kan bereik; daarin dra ons dan as U kinders in U gees en wil in die hart van ons siel self elke hulp en krag en sal ons U verder nie aldeur lastig hoef te val met bedel in die nag van ons lewe nie. Want nou moet die mens in sy swakheid van sy lewensnag hulp soek; maar as hy eenmaal deur U barmhartigheid self sterk en magtig geword het, dan kan hy homself help! - Heer, het ek die beeld wat U destyds gegee het, ooreenkomstig die waarheid begryp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205