Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 89

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Hoe dit in die toekoms met die geloof gestel sal wees

89 (Die Heer): “Maar wat My vraag betref oor die toestand van die geloof by die mense in die nog verre toekoms wanneer die Seun van die mense weer na die aarde sal kom, op die manier wat Ek julle al dikwels vertel het, sê Ek vir julle dat Hy oor die algemeen nog minder lewende geloof sal aantref as nou. Want in die tyd sal die mense in baie wetenskappe en allerlei verdorwenhede dit heel ver bring, grotendeels deur hulle onvermoeibare ondersoek en berekenings onder die lootjies en wyd uitgestrekte takke van die boom van die kennis, en hulle sal met die kragte in die natuur van die aarde, wat nou nog heeltemal vir die mense verborge is, wonderbaarlike dinge tot stand bring en sal sê: “Kyk, dit is God - daar is geen ander nie!”

[2] Die geloof van die mense sal derhalwe so goed as geheel verdwyn wees. By die mense sal Ek by My wederkoms dus geen geloof meer vind nie! 

[3] `n Ander groot deel van die mense sal hulle in `n nog baie digter en duisterder heidense bygeloof bevind as alle heidene nou op die hele aarde. Vir `n geruime tyd sal hulle hulle leraars, verteenwoordigers en beskermers vind in die groot en magtiges van die aarde van die tyd; maar die kinders van die wêreld, wat goed toegerus sal wees met alle wetenskappe en ander verdorwenhede, sal die baie duistere bygeloof met alle geweld onderdruk en die groot en magtiges van die aarde in meer as groot verleentheid bring, omdat deur die wetenskap allerlei soorte kennis die gewone volk, wat vir `n lang tyd met alle geweld blind gehou was, sal begin insien dat hulle maar net gekneg was, terwille van die wêreldse roem en die gemaklike lewe van die groot en magtiges, wat self geen geloof het nie. En as Ek dan kom, sal Ek ook by hulle geen geloof vind nie.

[4] In die tyd van die groot duisternis sal Ek geen geloof by hulle kan vind nie, omdat hulle die domste en mees blinde knegte was van diegene wat hulle oorheers, wat baie goed sal insien waarvoor die volslae blindes goed te gebruik is, en hulle dit nooit so sou laat welgeval as volslae blindes nie. Maar as die blindes ook eenmaal deur die wetenskaplikes siende geword het, dan het hulle aanhangers geword van diegene wat hulle vir die grootste deel vrygemaak het van die harde knegskap van die groot en magtiges; en as Ek dan sou kom en sê: “Luister, volkere van die aarde, Ek het nou weer na julle toe gekom en wil julle opnuut die regte weg na die ewige lewe van julle siele toon!” - wat sal die mense, wat van elke geloof gespeen is, dan daarop sê?

[5] Hulle sal My ten antwoord gee: “Vriend, wie Jy ookal is, hou op met die ou, verslete en gelukkig in rook opgegane domheid, waarvoor sedert die tyd dat hulle vir die eerste ontstaan vele strome van dikwels geheel onskuldige bloed gevloei het! As die sogenaamde goeie Vader in die hemel, wat ons nie ken nie en na wie ons nou ook heeltemal geen verlange meer voel nie, so `n groot vriend van bloed is, dan kan Hy tog maklik die groot oseaan in bloed verander en Hom uitermate daaraan verlustig; maar ons het so `n lewensleer absoluut nie meer nodig nie, wat in plaas van die beloofde Godsryk maar net die reinste hel onder die mense op die tog al skrale aarde gebring het. Ons hou ons nou by die wetenskappe en haar toepassings van allerlei aard en lewe daarby in vrede en rus, al is dit volgens ons vertroue, ook maar tydelik; want `n tydelike, maar vreedsame en rustige lewe het ons nou baie liewer as `n deur onnoembaar lyde en vele strome onskuldig gevloeide bloed gekoopte en daarby tog in twyfel getrekte hemel met al sy mooi salighede!”

[6] As die mense van die tyd sulke dinge sê, sal My vraag, of Ek by My wederkoms op aarde enige geloof sal vind, wel baie geregverdig wees!

[7] “Maar”, sê julle nou by julleself, “ja, wie se skuld sal dit dan wees? Van die hel dalk? Heer, vernietig dit dan! Of miskien van die valse, selfsugtige profete, onder wie se dekmantel dan ook weldra allerlei groot en magtiges soos paddastoele uit die aarde sal opskiet en na alle kante met oorlog oor die aarde sal trek en die mense sal kwel? Heer, laat die valse profete in U Naam dan nooit opstaan nie! Maar as U dit Self so wil hê, moet U dit ook daarmee eens wees as U by U volgende wederkoms op hierdie aarde geen geloof meer vind onder die mense nie!”

[8] Hierop sê Ek: Die kortsigtige menslike verstand oordeel hier volgens sy insig weliswaar heeltemal korrek, en van wêrelds menslike kant is daar nie soveel daarteen in te bring nie; maar God, die Skepper en ewige Instandhouder van alle dinge en wesens, het op Sy beurt baie ander opvattings en planne met alles wat Hy uit Homself geskape het, - en daarom weet Hy ook die allerbeste waarom Hy die een en ander onder die mense op hierdie aarde toelaat.

[9] Uiteindelik sal al die bygeloof met die wapen van wetenskappe en tegniek van die aardbodem weggevee word, waarmee tog geen mens in sy vrye wil ook maar in die minste gehinder sal word nie.

[10] Daardeur sal alle geloof mettertyd onder die mense verlore gaan; maar die toestand sal maar `n baie kort tyd duur. 

[11] In die tyd sal Ek eers die ou boom van die kennis seën, en daardeur sal die boom van die lewe in die mens weer sy ou krag herwin, en dan sal daar voortaan slegs één Herder en één kudde wees!

[12] Wie dit nou begryp het, sal ook My vraag begryp, naamlik of Ek in die tyd wel enige geloof, netsoos nou op aarde, sal aantref. So `n geloof soos nou, sal Ek in die toekomstige tye sekerlik nie meer aantref nie - maar `n ander! Waaruit dit sal bestaan, daarvan kan julle julleself nou geen voorstelling van maak nie; maar desondanks sal dit tog eenmaal so gebeur soos wat Ek julle nou vooraf gesê het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205