Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Oor die nuwe tyd

90 Eén van die sogenaamde Judese Grieke sê: “Majesteit en Heer, sal daar by U tweede koms op hierdie aarde ook `n leer aan die mense gegee word? As U weer met hierdie leer by hulle sal aankom, sal hulle immers ook sê: “O, gaan tog weg met die leer, wat soveel onheil op aarde aangerig het!" 

[2] Ek sê: “Vriend, die leer wat Ek julle nou gee, is God se Woord en bly ewig, en daarom sal die mense, waaroor ons nou gesels, ook slegs hierdie leer van My kry, wat julle van My ontvang het; maar in die tyd sal dit nie vir hulle in verhulde vorm nie, maar volledig onthul volgens sy hemelse en geestelike betekenis, gegee word, en daaruit sal die nuwe Jerusalem bestaan wat uit die hemele na hierdie aarde sal neerdaal. In die lig daarvan sal dit vir die mense eers duidelik word hoe erg hulle voorgangers deur die valse profete om die bos gelei en bedrieg is, netsoos nou die Judeërs deur die fariseërs.

[3] Die skuld van al die vele onheil op aarde sal hulle dan nie meer aan My en My leer in die skoene skuif nie, maar die uiters selfsugtige en heerssugtige valse leraars en profete, wie se mentaliteit hulle in die lig van hulle wetenskappe en vele vaardighede maar al te presies sal deursien het.

[4] Wanneer die baie helder lig van die nuwe Jerusalem oor die hele aarde sal skyn, sal die leuenaars en bedrieërs volledig ontmasker word en sal hulle die loon vir hulle werk gegee word. Hoe hoër iemand van hulle meen te staan, des te dieper sal sy val ook wees. Behoed julle daarom nou al vir die valse profete! Het julle dit nou ook begryp?”  

[5] Daarop sê ook My ander leerlinge: “Majesteit en Heer, waarom gee U nie eintlik U leer vir ons ook al so onthul soos wat U dit eenmaal in die verre toekoms aan die genoemde wetenskappers en kunstenaars sal gee nie? So `n nuwe Jerusalem het die mense nou tog ook nodig!”

[6] Ek sê: “Ek het julle nog baie te sê en te onthul, maar julle almal kan dit nog nie verdra nie; maar wanneer die Gees van die Waarheid uit My oor julle sal kom, sal hy julle in alle waarheid en wysheid binnelei en dan sal julle jul volledig in die lig van die nuwe Jerusalem bevind.

[7] Of julle dan egter ook in staat sal wees om die lig op julle leerlinge te laat oorgaan, dit is `n ander vraag wat julle nouliks sal kan beantwoord, vooropgestel dat julle begryp en insien dat elke onderrig ten eerste in `n sekere sin aan kinders gegee moet word en dat dit meer `n vrye, as `n dwingende karakter moet hê, en ten tweede dat mens van niemand kan verlang dat hy die Skrif moet lees, as hy nie die letters ken nie.  

[8] Julle kan nou nog gladnie vermoed tot watter groot en veelomvattende wetenskappe en ander vaardighede die mense dit eenmaal sal bring nie, en hoe seer Elke bygeloof onder die mense daardeur uitgeroei sal word nie. Waar in die hele wêreld is daar nou sprake van `n suiwer wetenskap, wat stoel op die grondbeginsel van die welberekende waarheid, en waar is daar sprake van `n deur so `n wetenskap berekende toepassing?

[9] As daar nou onder die mense nog enige wetenskap en `n daarvan afgeleide toepassing bestaan, dan is meer as driekwart daarvan blinde bygeloof. Op so `n verrotte vrug van die nog nie geseënde boom van die kennis, kan geen hoër hemelse waarheid geplaas word nie; en as julle dit daarop sou wil plaas, sal daar `n vrug te voorskyn kom wat mens wel as voer vir die drake sou kan gooi, maar nie as voedsel aan die mense sou kan gee nie.

[10] Kyk en onthou goed: Uit dergelike vrugte sal ook die valse profete met al hulle dwaalleringe en valse wondertekens voortkom en meer as driekwart van die aarde tot verderf bring! Want as mens moeite sal gaan doen om My suiwer waarheidsleer te verenig met die nou onder die mense bestaande wetenskappe, wat met allerlei bygeloof vermeng is, en met niksseggende en toepassings daarvan, in die mening dat die waarheidsleer daardeur des te aanneemliker sou word vir die mense, dan sal mens My leer vanselfsprekend steeds meer verontreinig en sal die wetenskappe en hulle toepassings, wat vol bygeloof sit, daardeur nog dieper in die aloue nag wegsink as wat hulle sedert die eerste begin van die mense ooit gesink het. Hulle sal ten slotte `n tyd lank uitsluitlik die eiendom word van die valse profete, sodat die met behulp daarvan des te makliker en op groter skaal die blind gehoue volk vir hulle sal kan win.

[11] Maar dit sal nie so bly nie; want op die regte oomblik sal Ek mense wek vir die suiwer wetenskappe en kunste, en hulle sal dit aan die mense van die dakke verkondig, hoe die dienare van Bileam hulle wonders gedoen het. Sodoende sal die suiwer wetenskap in alle dinge en ook die suiwer kuns tot `n onoorwinlike voorloper en voorvegter van My word teen die ou bygeloof; en as die Augiasstal daardeur gereinig sal wees, sal Ek maklik en heel doeltreffend weer na hierdie aarde kan kom. Want My suiwer lewensleer sal hom maklik verenig met die oral suiwer wetenskap van die mense en op die manier die mense `n volledige lewenslig gee, omdat die een reinheid die ander nooit kan verontreinig nie, netsoos die een sonneklaar waarheid die ander nie kan verontreinig nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205