Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die trapsgewyse reiniging van die wetenskap en haar toepassings

91 (Die Heer): “Nou dink julle natuurlik by julleself: Wat vir My in die tyd moontlik sal wees, naamlik om die wetenskap te reinig, dit sou Ek tog nou ook kan doen; dan sou daardeur die suiwer leer, verenig met die suiwer wetenskap en die verworwenhede daarvan, in `n sekere sin hand aan hand op die mense kan oorgaan, en dan sou die valse profete, wat stellig hier en daar wil optree, sekerlik geen sake doen wat hulle selfsug sou bevredig nie.

[2] Maar Ek sê vir julle: Dit sou wel baie goed wees as dit so sou gaan; maar tog loop dit nie op die manier netsoos julle nou heel goed bedoel nie, - Ek sou die mense dan naamlik hulle vrye wil moet ontneem en hulle met die almag van My wil, tot louter masjiene moet omvorm! En wat sou die mense daarmee win vir die ewige heil en lewe van hulle siele?

[3] Weet julle dan nog nie dat alles wat onder die dwingende wet staan nie- naamlik die almag van My wil - op sigself geoordeel en dood is nie? Ek het julle dit tog al so gereeld so grondig uitgelê, en ondanks dit alles beland julle tog in julle ou wêreldse verstand.

[4] Kyk, as Ek nou in hierdie tyd onmiddellik duisend maal duisend wetenskaplikes van allerlei aard onder die mense sou opwek, wat in alle dinge die suiwerste wetenskap besit en ook volgens die wetenskap deur en deur ontwikkel was, dan sou hulle deur die mense van teenswoordig nog meer vervolg word as julle, wat weldra die verspreiders van My leer sal wees en vanweë My Naam deur die duister wêreldse mense vervolg sal word! Want die kennis van die mense, wat - netsoos reeds gesê - vir meer as driekwart met die diepste bygeloof vermeng is en waarmee die mense hulle hulle materiële voordele verskaf, is baie moeiliker om te reinig.

[5] By baie geleenthede het Ek julle die verskillende dinge, verskynsels en gebeurtenisse goed, aanskoulik en grondig verklaar, netsoos Ek dit ook gedoen het vir ander mense wat `n goeie wil en `n ontvanklike hart het, Ek het vir julle oë en ore die hele sterrehemel sodanig onthul, dat julle nou goed weet wat Ons son, die maan, die planete en die tallose ander sterre is en watter hoedanigheid hulle het, en verskeie daarvan het Ek julle laat besigtig deur julle innerlike geestelike oë te open; en so besit julle nou in baie dinge al die suiwerste kennis.   

[6] Maar gaan leer dit waarin Ek julle onderrig het maar eers op die manier aan die blinde mense, dan sal julle maar al te gou ervaar hoe moeilik mense van hulle ou kennis en van ondeursigtige vooroordele af te bring is!

[7] Bowendien is daar ontelbare mense wat deur hulle selfsugtige priesters en heersers dermate dom gemaak is, dat hulle so `n verryking van hulle kennis as `n onvergeeflike vergryp teen die gode sou beskou en diegene wat hulle tot `n vergryp teen hulle gode verlei, erg sou toetakel.

[8] Om by die mense in die loop van die tyd `n volledige reiniging van die wetenskappe en die daaruit voortkomende toepassings te bewerkstellig, moet My leer eers aan hulle verkondig word en moet die vele afgode saam met hulle priesters en tempels vernietig word.

[9] As dit gebeur het en My evangelie aan die mense verkondig is, al is dit ook deur vele valse profete, dan sal hulle ook in staat wees om hulle wetenskappe en wat hulle daarmee tot stand gebring het geleidelik aan te reinig; en dit sal soos `n bliksem wees, wat van sonsopkoms tot sonsondergang alles wat daar op aarde is helder sal verlig. Onder “sonsopkoms” moet die geestelike verstaan word, onder “sonsondergang” al die natuurlike.

[10] As julle dit nou begryp het, vra dan nie weer of dit of dat nie nou al moontlik sou wees nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205