Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Oor die wetenskap van die ooreenstemmings

93 Die skrifgeleerde sê: “Ja, Majesteit en Heer, dit het ons nou almal so goed begryp, dat ons nou insien dat Joshua aan sy geweldige uitroep onmoontlik `n ander betekenis kon verbind het; maar waarom begryp ons dit dan nie so korrek nie?”

[2] Ek sê: “Omdat reeds vóór die Babiloniese gevangenskap, die ou innerlike wetenskap van die ooreenstemmings geheel en al van julle gewyk het; want die wetenskap is alleen toeganklik vir en eie aan die mense, wat nooit gaan wankel en swak geword het in die ware geloof en vertroue in die een, ware God nie, Hom as die Vader altyd bo alles en hulle naaste soos hulleself liefgehad het.

[3] Want die wetenskap is immers die innerlike skrif en die innerlike taal van die siel en van die gees in die siel. Wie die taal verloor het, kan die Skrif onmoontlik nie begryp nie, en haar taal kom hom in sy dooie wêreldse lig voor as dwaasheid; want die lewensomstandighede van die gees en van die siel is van `n heel ander aard as die van die liggaam.

[4] So het ook die hoor, sien, voel, dink, spreek en die skryf van die gees `n heel ander karakter as hier onder die mense in die natuurlike wêreld, en daarom kan dit wat `n gees doen en sê, alleen langs die weg van die aloue wetenskap van die ooreenstemmings aan die natuurlike mense duidelik gemaak word.

[5] As hierdie wetenskap vir die mense deur hulle eie skuld verlore gegaan het, het hulle vir hulleself die omgaan met die geeste van alle gebiede en alle hemele onmoontlik gemaak en daarom kan hulle die geestelike in die Skrif nie meer opneem en begryp nie. Hulle lees die geskrewe woorde volgens die blind aangeleerde klank van die dooie letter, en kan nie eers begryp en hulle is nie daarvan bewus dat die letter dood is en niemand tot lewe kan wek nie, maar dat dit alleen die inwendig verborge betekenis is, wat, aangesien dit self lewe is, alles lewend maak.

[6] As julle dit nou begryp, moet julle veral daarna strewe om die ryk van God in julleself lewend en baie aktief te laat word, dan sal julle ook weer die genoemde wetenskap van die ooreenstemmings tussen materie en gees verkry, anders sal julle nooit Moses of `n ander profeet in die diepte van die lewende waarheid kan begryp nie, en daardeur in julleself genoodsaak is om tot ongeloof, allerlei twyfels en sondes te verval. Want as `n blinde op `n weg loop waar `n hele boel klippe lê, sal hy dan kan voorkom dat hy terwyl hy loop, nou eers teen die een en dan weer teen die ander klip stamp en daarby heel dikwels val? En as daar `n afgrond onderweg êrens opdoem, hoe sal hy homself daarvoor behoed dat hy nie by die volgende stap daarin stort en onvermydelik die dood daar vind nie?

[7] Streef dus veral daarna dat julle so spoedig moontlik in die gees wedergebore en siende word, anders sal julle nie ontkom aan duisend gevare, wat op julle loer en dreig om julle te verslind nie!”

[8] Daarop sê die skrifgeleerde: “O Majesteit en Heer, U wysheid is onmeetlik, en vergeleke by U is ons mense so blind soos `n klip! Nou sien ek eers duidelik in wat die rede is van die algehele verval van geloof en vertroue in God, en ek sien ook in dat dit in die toekoms met hierdie verligte lewensleer van U presies so sal gaan as nou met die leer van Moses en die profete, en dat U liefde en erbarming U werklik weer daartoe sal bring om opnuut op hierdie aarde na die mense toe te kom. Nou is dit net die vraag of U weer netsoos hierdie keer of miskien op `n ander, alleen aan U bekende manier weer sal kom! Sou U ons dit nie van naderby wil aandui nie?”

[9] Ek sê: “Ek het julle dit tog al duidelik genoeg laat sien, hoe en op welke manier Ek weer op hierdie aarde tot die mense sal kom. Hoe kan jy My nou weer dieselfde vra?”

[10] Die skrifgeleerde sê: “Dit is waar, Majesteit en Heer, dat U dit al vir ons gesê het - as ek nou die wetenskap van die ooreenstemmings al sou besit het, sou ek die betekenis van U woorde ook heeltemal begryp het; maar ek beheers die wetenskap nog geensins nie en daarom is alles nie vir my duidelik wat U oor U wederkoms gesê het nie. 

[11] Kyk, dit gaan daar by my vraag nou vernaamlik om, of U netsoos nou weer as `n mens van vlees en bloed, gebore uit `n rein vrou, weer sal kom, of ongebore, meer as gees en tog ook sigbare mens, en waar, en by welke volk!

[12] Vir U ondeurgrondelike wysheid is dit natuurlik `n baie dom vraag van my; maar ek is immers eers sedert `n paar uur `n bekeerde mens, en daarom moet U my nie kwalik te neem wanneer ek U nog met allerlei dom vrae lastig val nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205