Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die middagmaal

95 Tydens die gesprek van Ons het dit al byna middag geword, en Ek sê aan die leerlinge: “Julle kan julle nou gereedmaak om te vertrek; want Ons het vandag nog `n lang weg om te gaan!”

[2] Maar die herbergier sê: “O Majesteit en Heer, U sal tog wel die middagmaal, wat nou weldra heeltemal gereed sal wees, saam met U leerlinge by my wil gebruik?”

[3] Ook die fariseër en die skrifgeleerde vra My dit.

[4] En Ek sê aan die laaste: “Vriend, kyk eers na buite, hoe jou metgeselle met die hulp van vele gehuurde arbeiders daar in die puin van die afgebrande sinagoge besig is om hulle gevonde skatte bymekaar te maak en na `n veilige bewaarplek te bring. Sou jy nie wil meehelp nie?”

[5] Die skrifgeleerde sê: “O Majesteit en Heer, ek het hier die eindeloos baie beter skat gevind en sal my voortaan wel wyslik daarvoor behoed om te naby aan die wêreldse skatte te kom; want as ek dit sou doen, sou dit wat ek vannag gedroom het, wel eers volledig en eg vir my bewaarheid kan word. Laat die wêreldse mense dus maar soek in die reste van die brand soveel as wat hulle wil, ook al sou hulle my deel aan hulleself toe-eien; vir my is U aanwesigheid nou eindeloos baie beter as alle skatte van die aarde. Wees daarom tog so barmhartig om maar net tot na die middag hier te bly!”  

[6] Ek sê: “Uit liefde vir julle, omdat julle My ook liefhet, sal Ek nog tot na die middag hier bly! Maar hou steeds jou droom in gedagte en bly trou aan jou voorneme; dan sal jy weldra in `n helderder lig wandel! Wat jy egter nog van jou aardse skatte sal vind, neem dit en verdeel alles onder die armes, dan sal Ek jou in ruil daarvoor `n ander skat uit die hemele skenk! Aan wie in My Naam baie gee, sal ook Ek baie gee; maar aan wie in My Naam alles gee, sal ook Ek alles gee vir die ewigheid!” 

[7] Na hierdie woorde van My sê die herbergier en die fariseër: “Majesteit en Heer, waarom sê U dit nie ook aan ons nie?” 

[8] Ek sê: “Julle weet tog al wat julle te doen staan! Wie die goeie wil het, het ook al die werk voor hom. As julle vir die armes goeie huisvaders is, dan doen julle al eweveel as wanneer julle alles weggegee het, en My seën vir julle sal nie agterweë bly nie. Dink veral aan die arme weduwees en wese, dan sal Ek aan julle dink en julle nie as wese op hierdie aarde agterlaat nie, maar voortaan in die Gees by julle bly! Maar gaan nou eers kyk, herbergier, hoe dit met die middagmaal staan!”

[9] Daarop gaan die herbergier vinnig na die kombuis om te kyk hoe dit met die bereiding van die middagmaal staan. Die was al `n hele ent gevorder, en die herbergier haas hom dan ook om die tafel opnuut te dek.

[10] Maar Ek sê: “Laat dit maar - hierdie bakke, wat nog sedert die oggendmaal op tafel staan, het nog nie so vuil geword dat mens nie die middagete daaruit sou kan eet nie; wat vir My rein is, moet ook vir julle rein wees!”

[11] Die herbergier neem egter tog skoon doeke en maak die volkome leë bakke skoon; want My leerlinge verstaan die kuns baie goed om bakke heeltemal leeg te maak. Daarop neem die herbergier en sy bediendes die skoongemaakte bakke, loop daarmee na die kombuis en bring toe `n groot aantal goed voorbereide visse, asook brood en verskeie kraffies vol wonderwyn; en Ons begin dan ook onmiddellik die maal tot Ons te neem.

[12] Tydens die eet word daar nog oor baie dinge gespreek wat ook al by ander geleenthede bespreek is en daarom - NOTA BENE - nie weer vertel hoef te word nie.

[13] Toe Ons klaar was met die eet, kom daar twee van die fariseërs die eetsaal binne, wat die hele oggend hulle skatte uit die reste van die brand gesoek en na `n veilige bewaarplek gebring het.

[14] Hulle verbaas hulle baie toe hulle die een fariseër en selfs die skrifgeleerde heel welgemoed aan Ons tafel sien eet, en hulle sê aan die laasgenoemde (die fariseërs): “O, julle maak dit vir julle wel baie maklik! Ons werk die hele oggend buite om nog iets van die kosbare skatte wat deur die vuur vernietig is, te vind en in veilige bewaring te stel, en julle doen julle te goed, sonder om julle oor ons te bekommer! Wat se gedrag is dit van julle?”

[15] Die skrifgeleerde word baie boos oor hierdie opmerking en sê: “Luister! Ten eerste het ons dit wat ons, ons s`n mag noem al lankal heeltemal in orde, en ons sien nou absoluut nie in waarom ons julle moet help met die soek en in orde kry van julle eiendomme nie, aangesien julle ook nog nooit op die idee gekom het om ons met iets te help nie. En ten tweede het ons by hierdie geleentheid bowendien `n heel ander skat ontdek en gevind, waarvoor ons nou eindeloos baie liewer is as al julle bymekaar geskraapte goud en silwer; maar julle sal waarskynlik wel nooit besitters van hierdie skat word nie. En ten derde het ons hier `n egte lewenswyn te drinke gekry, soos wat julle verlekkerde kele waarskynlik nooit te proe sal kry nie! En so is ons nou beide in alle opsigte baie goed voorsien en hoef aan julle geen verantwoording daaroor af te lê nie. As julle my verstaan het, kan julle julleself gou weer omdraai en teruggaan na waar julle werklik totaal ongenooid vandaan gekom het!”

[16] Toe die twee fariseërs op die punt staan om hulle, vanweë die antwoord, eers stewig van repliek te dien, staan die herbergier op, wat as Samaritaan en Romeinse burger altyd korte mette maak met die fariseërs, en sê: “Hier is ek na aardse maatstawwe nog die baas, en elke vreedsame gas is vir my lief, waardevol en dierbaar, of hy nou `n heiden of dan wel `n Judeër is; want `n heiden het homself nie tot heiden en `n Judeër homself waarlik nie tot Judeër gemaak nie. Maar as daar sulke rusiesoekers oor die drempel van my huis kom, is daar nie baie voor nodig om te sorg dat ek gebruik maak van my aloue huisreg nie! As julle iets wil eet en drink, gaan dan na julle gewone eetkamer en bestel wat julle wil, dan sal wat julle verlang, ook so vinnig moontlik gebring word. Maar hier het julle niks te doen, niks te sê en niks te maak nie; want dit is geen Judese nie, maar `n Romeinse herberg, waar alle reisigers gelyk behandel en bedien word.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205