Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die vertrek na Kana

96 Toe die twee die herbergier so hoor spreek, bring hulle nie baie meer daarteen in nie, maar keer Ons vinnig die rug toe en gaan na hulle eetkamer, waar `n paar ander ook al op hulle wag.

[2] Daar vertel hulle hoe hulle deur die skrifgeleerde en veral deur die herbergier behandel was. 

[3] Hulle metgeselle sê: “Die herbergier ken ons al baie lank as baie trots en eiesinnig, en ons trek ons dan ook niks van sy aangebore grofheid aan nie. Ons is maar net bly dat ons ons goeie dinge van waarde vir die grootste deel gevind en na `n goeie bewaarplek gebring het; ons kan dit nou wel daarvan neem.

[4] Maar tog is dit wel eienaardig dat die skatte van een van ons en ook van die skrifgeleerde, wat hom die meeste na die Nasarener rig, ongedeerd gebly het en van die fariseër Joram, selfs sy woning! Ook die woning van die skrifgeleerde is slegs in soverre beskadig, dat die plafon hier en daar deurgebrand lyk te wees; die deur na sy woonkamer lyk egter weinig deur die vuur beskadig, dus sal ook sy skatte seker minder beskadig wees!”

[5] `n Ander sê: “Hoe dit ookal sy, oor `n paar maande is ons sinagoge wel weer heeltemal in orde, en ons het nog meer as genoeg om van te lewe. Laat ons nou dus maar geen afbreuk doen aan ons genoeë deur sulke bykomstighede nie!”

[6] Daarop bestel hulle visse en lamsvleis, ongesuurde brood en wyn, wat `n egte Judeër mag drink - dit kry hulle dan ook dadelik en hulle doen hulle onbesorg te goed daaraan.

[7] Ons was nou ook klaar met Ons maaltyd en die herbergier vra My of hy miskien tog te veel aan die twee fariseërs gesê het.

[8] Ek sê: “Wees nie besorg daaroor nie; want hulle het `n sterk maag en kan baie verdra, as dit maar net nie daarna uitsien dat hulle tekort kom nie! As hierdie twee hier, wat Ek nou al tot Myne reken, verstandig is, kan hulle slaag om die ander ook aan hulle kant te kry. 

[9] Maar nou het dit egter tyd geword dat Ek met My leerlinge verder moet reis; want Ek sien waar Ek weldra moet aankom. Julle moet nie verdrietig word daaroor nie, want Ek verlaat julle, maar net wat My sigbare liggaam betref; met My alom werksame Gees bly Ek egter by julle, netsoos by elkeen wat in My glo, My liefhet en volgens die leer wat hy ontvang het, leef en handel. As julle nog een of ander twyfel in julle hart bespeur, wend julle dan in julle hart maar tot My, dan sal Ek julle die antwoord op die tong lê. Bly dus in My, dan sal Ek in julle bly!”

[10] Hierop belowe almal My plegtig dat hulle tot aan hulle aardse lewenseinde My leer getrou in praktyk sou bring, My in hulle hart sou bewaar en teen elke vyandige benadering en boosaardige vervolging verdedig.

[11] Daarop staan Ek vinnig op met My leerlinge en reis langs die geheime weg verder na Kana. Om geen opsien te baar nie, wou Ek nie deur die markplek reis nie, want die vrou wag nog steeds op My, om in My die Ene te sien wat haar dogter in die môre siende gemaak het.

[121 Die vrou het weliswaar reeds die hele oggend by verskeie huise navraag gedoen, maar kon nêrens iets oor My te wete gekom het nie; sy het sodoende met die meisie op die plein op die uitkyk gaan staan, maar natuurlik sonder resultaat. Die herbergier tref die vrou egter saam met die meisie aan, neem hulle albei op in sy huis en versorg hulle uitstekend. Die meisie dien hom in die dorp tot `n afdoende bewys van wat Ek in die dorp bewerkstellig het; want van die tien gereinigde melaatses was daar al lankal, netsoos mens sê, geen spoor meer te vinde nie, en die geneesde opperkneg van die herbergier kon as geneesde jiglyer teenoor die wêreldse ingestelde mense ook nie geld as `n besondere bewys van My krag om wonders te doen nie, omdat daar tog gevalle was waarmee dergelike jiglyers ten slotte ook genees was deur goeie geneesmiddels, waaraan destyds minder gebrek was as in hierdie tyd.

[13] Maar `n blind gebore meisie, wat as sodanig in die hele streek maar al te goed bekend was, lê baie meer gewig in die skaal; en so het die herbergier, Joram en die skrifgeleerde, die meisie saam met haar moeder eerder as bewys van My goddelike mag gebruik as alle ander tekens, waaroor hulle wel kon praat, maar waarvoor hulle geen tasbare bewys meer kon lewer nie.

[14] Aan die meisie, wat tewens baie mooi was om te sien, val nog `n ongewone aardse geluk haar tien jaar later ten deel. Want die vrou van die bekende Kado in Jerigo het gesterf; hy kom na hierdie streek, leer haar ken en neem haar uit liefde vir My as sy tweede vrou. En so het My barmhartigheid, as dit iemand ten deel val, ook in aardse opsig steeds goeie gevolge.

[15] Joram, wat as eerste bekeerde fariseër en die skrifgeleerde, wat Boz heet, het die ander fariseërs binne `n kort tyd aan hulle goeie kant gebring, waartoe die geneesde meisie en later vriend Kado natuurlik baie bygedra het.

[16] Hiermee sal Ons die verhaal oor die markplek as geheel beëindig beskou en nou weer na Onsself terugkeer en sien hoe dit met Ons op Ons verdere reis na Kana gegaan het!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205