Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

In die hele skepping is daar niks voorhande wat vernietigbaar is nie

108 Menigeen sou nou kan vra: Hoe kan mens nou dink en as moontlik beskou dat een of ander, in die hoogste mate ondergeskikte lewenskrag vanuit die sfeer van haar bewussyn teen `n oneindige, absoluut volmaakte lewenspotensie in opstand kan kom; want die lae lewenspotensie moet tog seker iets daarvan weet en daarvan bewus wees dat `n minimum van lewenskrag homself nooit staande sal kan hou teenoor die oneindige nie en dat daar van `n oorwinning tog ewig geen sprake kan wees nie! Goed, sê ek, die teenwerping klink nie sleg nie, maar berus nog in `n groot mate op onwetendheid. In `n uitsonderlike geval kan mens haar wel by benadering aandui, maar aangesien daar in die suiwer geesteryk geen hipotese en dus ook geen benaderings bestaan nie, maar slegs waarhede, kan dit dus ook geen volledige antwoord waardig wees nie.

2 `n Geestelike antwoord is `n volle waarheid, maar as dit nie in die vraagstelling beslote lê nie, kan daar ook nie geantwoord word nie. Die vraagsteller sal weliswaar `n antwoord kry, maar nooit `n regstreeks op sy vraag passende antwoord nie, dog slegs as `n indirekte waarheid. So is dit ook hier. As die antwoord daar is, dan sal die bewustelike (betrokke) teenwerping hom vanself oplos.

3 Of dus `n laer of soos hier, `n uiters ondergeskikte lewens­potensie in opstand kan kom of nie en of dit deur die oneindige lewenspotensie volledig vernietig kan word, sal dadelik aan die hand van enkele klein voorbeelde toegelig word.

4 Hoe swaar `n hele rotsgebergte is, hoef mens werklik nie aan iemand, wat wel eens `n paar kleiner klippe gedra het, van naderby uit te lê nie. Waaruit bestaan `n klein rotsgebergte dan? Uit suiwer atomiese klein deeltjies wat deur die wedersydse aantrekkingskrag stewig aanmekaar kleef. Wanneer ons van onder af in die gebergte omhoog grawe tot by die plek waarop die hoogste, dus swaarste bergtop rus, dan ontdek ons daarby oral goedbewaarde en buitengewone stewige klipwande. Neem ons uit hierdie stewige klipwande slegs `n klein deeltjie, plaas dit op `n staalplaat of op `n klip en slaan dan `n bietjie met `n hamer daarop, dan sal die deeltjie tot stof word.

5 Vraag: Waarom het die deeltjie geen weerstand teen die slaan van die hamer gebied nie, terwyl dit voorheen duisende jare lank aan `n nie te berekende groot druk van die swaar gewig van `n hele gebergte weerstand kon bied? Mens sal sê: Onder die gebergte was dit `n konkrete deel van die gehele massa en dit kon derhalwe die algehele druk met die hulp van die ander dele weerstaan. Maar net, sonder hulp sou dit daarom al onder `n geringe druk beswyk het. Goed, maar het hierdie geringe druk die deeltjie volledig vernietig? Volstrek nie, maar net in nog veel kleiner deeltjies verdeel.

6 Sou mens dan nie `n sodanige druk kan uitoefen om hierdie deeltjies volledig te vernietig nie? Ook dit is nie moontlik nie, nóg deur druk, nóg deur watter ander kragaanwending dan ook, want langs die een weg kan dit slegs in die kleinste deeltjies verdeel word, maar langs die ander weg in `n eenvoudige en vervolgens nog minder vernietigbare element verander word.

7 So rus ook die hele gewig van die aarde op haar klein, nietige middelpunt. Hoe kan dit dan die swaartekrag, wat so van alle kante daarop inwerk, weerstaan? Om die eenvoudige rede, dat volgens die ewige goddelike ordening daar niks in die hele oneindige skepping voorhande is, wat vernietig kan word nie en die allerkleinste homself voortdurend teenoor die allergrootste kan handhaaf, so nie in hierdie nie, dan tog weer in `n ander vorm.

8 As ons nou hierdie klein deeltjies `n volkome bewussyn toedig, waardeur haar realisering ewig nie vernietig kan word nie, dan is die vraag; watter krag kan sy dan aan bande lê en wat kan sy oorwin? Of verloor `n hele gebergte dalk iets, as sy kleinste basisdeeltjie onvernietigbaar is? Sekerlik nie, want sou één atoom vernietig kan word, dan sou dit ook vir die ander geld en op hierdie wyse sou dit ook met die hele groot gebergte gedaan wees.

9 Dit sou ook die geval wees met die aarde, en met God Self sou dit ten slotte nie beter gaan as daar in Sy hele oneindigheid êrens iets voorhande sou wees wat vernietig sou kan word nie.

10 Volgens die onveranderlike, ewige goddelike ordening kan die allerkleinste dus naas die allergrootste bestaan. Wanneer dientengevolge die kleinste lewenspotensie in haar geestelike sfeer besef dat sy nie gedood en nie vernietig kan word nie, dan het sy ook geen angs meer vir die allerhoogste lewenspotensie nie. En die bewussyn besorg dan die laagste lewenspotensie `n gevoel van heerssug waarin sy sê: Ek is vir die opperste lewenspotensie, wat hom as Godheid sien, so noodsaaklik en onontbeerlik, dat hy nie sonder my kan bestaan nie. As ons, as verskeie, ja talloos baie lae lewenspotensies, ons tot een geheel verenig, dan kan ons vanuit die sentrum werk en die vermeende opperste potensie tot die laagste maak. Die kan ons dan net so goed aanbid, net soos wat hulle dit nou van ons verlang. As mens moontlikerwys die binneste van `n wêreld na buite kan keer, dan moet dit ook met ons, lewenskragte, die geval kan wees. As ons, lae potensies, onsself verenig en groot beroering na buite toe veroorsaak, dan sal die Godheid soos `n lae lewenspotensie aan ons voete lê. 

11 Kyk, dit is jou reinste helse filosofie en tewens die eintlike oorsaak van al die kwaad, en haar naam is heerssug!

12 Met die begrip het ons nou ook die hele wese van die onderste hel leer ken en die wese stem ooreen met die uiterlike verskyningsvorm van `n hemelliggaam. Op die oppervlak is die eerste graad van die hel in die poliepagtige genotsug duidelik te herken, want daar is alles wat julle sien op vraatsug gerig. In die meer inwendige kors van die aarde openbaar die vasting en maer word; daar bestaan nêrens plantegroei nie. Daar lê alles soos in `n star en op wraak gesinde dood; hoogstens is hier en daar oonde en warmwaterbronne te sien as ooreenstemmende beelde van die reeds oral deurskemerende toorn van die geeste van hierdie hel.

13 Gaan ons na die inwendige van die aarde, dan ontdek ons niks anders as `n aanhoudende, geweldige chaotiese verwarring. Die een vuur steek die ander aan en verstik dit weer. Elke waterdruppel wat daarin beland, verander onmiddellik in `n gloeiende hittige damp.

14 Hoe meer homself egter hier afspeel, des te groter is die reaksie bo die aardoppervlak en dit temper al hierdie inwendige reaksies altyd met die grootste gemak. En op die manier word alles so wys deur die Heer gelei, dat ook al hierdie helle, ondanks hulle sterkste weersin, Hom tot ewige behoud van die dinge moet dien. En die dwangmatige dien, wat aan die helse geeste welbekend is, is hulle grootste kwelling, omdat hulle goed kan insien, dat ondanks hulle afkeer, al hulle aktiwiteite deurgaans volkome met die goddelike ordening moet ooreenstem. 

15 Dit is egter tewens ook die oneindige liefde en wysheid van die Heer, want slegs langs hierdie weg is dit moontlik om aan die heerssugtige handelwyse van hierdie boosaardige wesens paal en perk te stel. Want as hulle sien dat die Heer hulle mees boosaardige ondernemings altyd ten goeie kan keer, word hulle kwaad en doen heeltemal niks meer nie, totdat hulle weer `n nuwe plan gesmee het om teen die Heer ten uitvoer te bring. Die Heer weet natuurlik ook om dit net soos die vorige te benut. Dit is teoreties beskou die aktiwiteit en die wese van die onderste hel.

16 Hoe dit homself egter alles in `n verskyningsvorm openbaar, sal ons in die vervolg van naderby beskou en wel in al drie helle!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205