Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

Beelde van die eerste en die tweede hel 

109 Hoe die verskyningsvorm van die eerste hel lyk, het julle tydens die verloop van die mededeling oor die son al eens gesien, net soos die binnegaan in die eerste hel op verskillende maniere. Ek moet net nog daaraan toevoeg dat die ywer van die helse geeste wat julle in die eerste hel gesien het, by voorkeur slegs gerig is op genot en vreet. Hierdie toestand lyk soos op die aarde, waarin die mense ook al die moontlike doen om, soos julle gewoonlik sê, brood op die planke te kry.

2 Daar is die verskillende soorte bedrywe opgestel, ander aas op een baan as beampte, weer ander op `n goeie huwelik. Dit alles doen hulle nie vanweë die goeie nie, maar uitsluitlik terwille van hulself en die daaglikse brood. In hierdie toestand bekommer hulle hulle weinig oor een of ander prag of glorie, maar dit gaan vir hulle veral om `n sekere broodwinning.

3 Op die hemelse manier is mens enkel en alleen besorg oor die liefde en die ken van God. Vir al die ander sorg die Heer! Volgens die helse manier maak die mens hom egter juis besorg oor die teenoorgestelde. Mens wil `n sekere versorging hê en dink in die beste geval; as ek eers maar van alle uiterlike behoeftes verseker is, dan sal ek wel sien of die gees met hierdie versorging tevrede is. Wanneer iemand dan `n uiterlike versorging, wat gewoonlik met een of ander beskeie besit verbonde is, verkry het, dan gaan hy baie gou tot `n hoogmoed oor wat aan sy besit verwant is, wat hy midde in `n sekere praal steeds meer versterk. Om die rede begin jong beamptes dan ook net soos nuwe bedryfsvoerders, elkeen natuurlik op sy eie gebied, steeds meer te spog. Baie spoedig weet hulle nie meer hoe hulle moet sit, staan, loop, kyk, luister en spreek nie, sodat `n mens al dadelik merk en in `n sekere sin sal erken en van hulle gesig aflees, hoe bemiddeld hulle is en welke belangrike amp hulle beklee.

4 As sulke mense op hierdie manier van alles voorsien is, dan hoef hulle vir niks meer te sorg nie, want hulle het hulle vaste inkomste en hulle daaglikse brood. Nou sou hulle moet begin om vir die geestelike te sorg. Maar inteendeel, nou het die pronk- en heerssug hulle intrede met die versorging gemaak. Daarom sorg hulle nou meer as ooit daarvoor om steeds maar hoër op te kom en net soos die bedryfsvoerders, steeds ryker te word. In hierdie situasie word hulle vervul met afguns en innerlike haat teenoor diegene wat hulle op een of ander manier in die weg staan.

5 Die naasteliefde gaan by hulle sover, dat menige ondergeskikte beampte niks vuriger wens as die dood van die hoëre beampte wat bo hom geplaas is, om dan by so 'n geleentheid die plek van sy meerdere te kan inneem. Die fabrikant wens niks vuriger as die saaklike ondergang van sy kollegas nie, sodat hy dan die hele handel na hom toe kan trek. Ja, sy naasteliefde gaan sover dat hy, as dit maar ietwat moontlik sou wees, al sy konkurrente in `n druppel water sou wil verdrink. Hy onderneem ook alles wat maar denkbaar is om, waar en hoe maar moontlik, sy naaste konkurrente te ruïneer.

6 As julle hierdie wêreldse gedrag `n bietjie van naderby belig, dan sien julle die eerste hel met haar vraatsug reeds heeltemal voor jou en ook sien julle haar skerp uitgebeeld hoe dit in die tweede hel in haat, toorn, nyd en heerssug oorgaan. Julle hoef hier niks anders te doen as om die uiterlike morele en burgerlike staatswette te deurstreep nie en julle het die eerste en tweede hel letterlik en figuurlik voor oë.

7 Wat op aarde, onder die dekmantel van morele en burgerlike wette, nog van `n sekere beskawing getuig, ontaard hier by die wegval van hierdie wette dadelik in oorlog, roof- en moordlus. Siedaar – die perfekte beeld van die eerste hel.

8 Wil julle die beeld van die tweede hel sien, doen dan dieselfde. Julle sal dadelik oral verborge listigheid begin te ontdek en nêrens sal julle mense of geeste saam sien, wat nie mekaar se doodsvyande is nie. Ook al bejeën hulle mekaar uiterlik vriendelik en vol hoflikheid en ook vol skynbare wederkerige liefde, dan is al hierdie liefde tog niks anders as suiwer haat nie. Want dit is alles politiek om die teenstander rustig te stem en hom fyntjies te ontwapen, om hom dan meer verseker sonder teenstand te kan oorval en ten gronde te rig.

9 Kyk op julle aarde maar net na die sogenaamde onderkruipers en hakskeenlekkers. Dit is gewoonlik die ergste vyande van diegene voor wie hulle kruip. Hulle tel hulle op, om dieselfde rede as wat die gier (tipe arend) die skildpad optel om hom, wanneer hy die korrekte hoogte met hom bereik het, op `n skandelike manier te laat val en so nog meer deur sy val te wen. 

10 Kyk, dit is weer letterlik en figuurlik die suiwer helse liefde van die tweede graad. Daarom word daar in hierdie hel ook allerlei bedrieglike kunste uitgehaal om mekaar daarmee te vang en ten gronde te rig, in die dwase veronderstelling dat mens deur die val van ander, op watter wyse dan ook, steeds meer sou kan wen.

11 Op hierdie manier leer ons leerlinge die helle ook eers teoreties en daarna prakties deur en deur ken. En so het ons ook op die kortste moontlike manier die verskyningsvorme van die eerste twee helle in oënskou geneem. Wie nog ietwat oor hierdie beskrywing sal nadink, sal alles sonhelder voor hom hê. Wat die verskyningsvorm van die derde hel egter betref, daaraan sal ons `n aparte beskouing wy, want dit moet die beste begryp word, omdat dit die oorsaak van al die kwaad is. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205