Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 110

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Elke mens dra, ooreenkomstig sy persoonlikheid, die hemel sowel as die hel in homself

110 Julle sal wel dink, maar menige ander sal sekerlik nog meer by hierdie verkondiging aanwesig wil wees; dit is weliswaar prysenswaardig en moreel gesien ook nuttig om sodanige verklarings, waarmee die fundamenteel boosaardige as`t ware aanskoulik voorgestel word, te verneem, maar daar is op aarde nou al soveel beskrywings van die hel. Dit lyk asof almal dieselfde oorsprong het, maar is almal verskillend van mekaar! By die een is die hel `n vurige swawelpit, by die ander `n knaende glimwurm, by ander weer `n woedende vuur, `n ewige duisternis, `n ewige dood. By sommiges word die verdoemdes gepynig, gekook en gebraai, by ander is hulle gewoonweg baronne. Sommiges sien in die hel weer niks anders as `n verskriklike koue, ander weer die vuur van die siedende toorn. Sommiges sien daarin ellendige, misvormde en uitgehongerde mensegedaantes, ander weer `n versameling van die mees sonderlinge, afskuwelikste gestaltes wat ooit aan `n menslike fantasie kon ontspruit. En so het mens, met die begrip van die hel, werklik `n ware Proteus (verkleurmannetjie) voor hom, wat mens in geen enkele gedaante kan vaslê nie.

2 Daar word hier weliswaar vir suiwer menslike begrippe `n volkome aanvaarbare en vir hierdie tyd `n baie begryplike voorstelling van die hel gegee, maar wie staan daarvoor in dat hierdie voorstelling mettertyd nie weer deur `n ander verdring word nie? Want daar bestaan onder die mense niks so veelvuldig in allerlei vorme as juis die oord van verskrikking onder die begrip "die hel" nie.

3 Goed, sê ek vir julle, my beste vriende! Julle sorglike teenwerping het sy goeie rede, want dit is volkome gebaseer op die realiteit van die gangbare begrippe oor die hel. Daarom wil en moet ek ook die hel vir julle toon in `n algemene lig, waarin elke moontlike, tot nou toe waar dan ook op aarde, gangbare voorstelling van die hel volkome geregverdig word.

4 Wanneer mens die hel slegs uiterlik, oppervlakkig bekyk, dan is dit begryplik dat dit soos `n ware Proteus (verkleurmannetjie) in `n steeds ander verskyningsvorm optree. Maar dit lê baie anders wanneer mens haar volkome wil deurgrond.

5 Sodat julle dit duidelik mag insien, sal ons met behulp van klein voorbeelde hierdie baie netelige saak so belig dat dit vir elkeen sonhelder voor oë sal staan.

6 Laat ons net `n staat neem waarin baie duisende mense lewe. Al hierdie mense, met uitsondering van idiote, dommerike en onmondige kinders, vorm vir hulself allerlei bont begrippe oor die geheime staatspolitiek. Wie dit van naderby wil leer ken, hoef maar net met verskillende mense daaroor te spreek. Die een sien niks anders as oorlog, die ander niks anders as geheime verraad, weer `n ander geheime volksopruiing, ander weer suiwer wysheid. Sommiges skreeu hardop oor onregverdigheid, ander kom woorde tekort om die grondwet en die geheime staatkundige politiek op te hemel.

7 Dit is egter nog suiwer nugter opvattings van die meer ontwikkelde volksdeel oor die geheime politieke staatsbestuur. Maar wie dwaashede wil hoor, moet hom maar net in die duister woonkamers van die boere op die platteland begewe. Dan kan hy daarvan verseker wees dat hy in sulke agterkamertjies alles sal hoor wat daar maar uit `n onontwikkelde, ruwe menslike fantasie kan voortkom. Byvoorbeeld dat die keiser van plan sou wees om `n stad te laat vergiftig of dat hy in `n bepaalde geweste die volk met die pes wil laat besmet of dat hy met `n ander koning `n verbond sou gesluit het om die volk van een of ander streek in één nag met die swaard om te bring om hom op hierdie gewelddadige manier die goedere van die omgebringde onderdane toe te eien, om maar nie aan ander onnoselhede te dink nie, byvoorbeeld dat die koning by een of ander geleentheid vir die verkryging van `n groot aardse voordeel, sy eie siel of die siele van sy onderdane aan die duiwel in eie persoon sou verkoop het! Dat dit alles so is, hoef verder nie bewys te word nie, omdat dit iedereen vry staan om hom daagliks daarvan te oortuig.

8 Dat die sake so staan, is nie te betwyfel nie, maar die vraag is: Wie van hierdie duisende mense wat hulle politieke insigte te berde gebring het, het die korrekte begrip daarvan en daarmee die korrekte betekenis van die grondbeginsels van die geheime staatsbestuur aangevoer? Eintlik niemand nie, maar desondanks beskou iedereen met `n geheimsinnige, gewigtige gesig sy mening as die korrekte. Hoe is dit egter moontlik om vir hom `n gefundeerde insig te vorm oor iets, waarvan `n mens self geen verstand het nie ?

9 Kyk, die oorsaak daarvan lê ten dele in die uiterlike versky­ningsvorm, net soos in die individualiteit van hulle wat die verskyningsvorm bekyk. Hoe minder die waarnemer self innerlik gewek is, des te onsinniger is die begrippe wat hy vir hom vorm oor die verskyningsvorm. En kyk, presies so is dit tot nou toe met die insigte oor die hel gesteld.

10 Slegs aan uiters weinig sieners word dit vergun om `n dieper insig in die wese van hierdie oord te verkry, maar aan baie word dit toegestaan om een of ander verskyningsvorm van die oord te aanskou. En so het die voorstelling van die verskyningsvorme deur die enorme hoeveelheid die ware aard steeds oortref. Om hierdie rede is dan die hel onder so 'n verskeidenheid aan vorme verveelvoudig voorgestel en niemand weet tot op hede presies wat hy nou vir homself by die oord moet voorstel nie.

11 Volgende vraag: Wie in die land sou wel die beste grond­beginsels vir die geheime staatsbestuur kan opstel? Sekerlik niemand anders as die verstandige monarg self nie.

12 Wanneer die saak onweerlegbaar so inmekaar steek, dan sal hierdie vraag ook van toepassing wees op die duistere verhoudinge aan die ander kant. Die antwoord sal dan ook nie anders wees as dat slegs Hy oor die oord die korrekte en algemeen geldende grondbegrip kan opstel nie, die Heer is die hoof oor alle hemele sowel oor alle helle!

13 Maar soos iemand wat in die geheime grondbeginsels van die staatsinrigting ingewy is, met groot gemak die oorsaak van alle begrippe wat onder die volk in omloop is, synde sal deursien, so sal ook hulle wat die ware aard van die oord, wat die hel genoem word, vanuit die Heer ken, en die oorsaak van alle ander dwase idees daaroor begryp.

14 Elke mens dra, ooreenkomstig sy persoonlikheid, die hemel sowel as die hel in homself.

15 Word hy dan nou deur `n bepaalde situasie van sy eie persoonlikheid bewus, dan word hy daardeur maar net van sy eie onontwikkelde hel of sy hoogs onvolmaakte hemel bewus. Langs hierdie weg kan daar dan tallose baie, verskillende beelde van die hel ontstaan.

16 Kan dit egter al as oorsaak gesien word? Sekerlik net so min as wanneer daar iemand sou kom wat rotsvas sou wil beweer dat die see slegs `n halwe skoen diep sou wees, omdat hy dit met `n wandelstokkie langs die kuslyn opgemeet het. Dieselfde geld hier ook vir die bewering van alle sieners wat sê: Ek het die hel in hierdie of daardie situasie so gesien. Net so min as wat iemand die vlak oewer, wat weliswaar ook by die see hoort, as die eintlike seebodem kan beskou, net so min kan so `n aanskoue verskyningsvorm ook as die eintlike hel beskou word.

17 Hoe die eintlike hel egter gevind en grondig beskou kan word, sal die vervolg laat sien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205