Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Nog `n beeld van die onderste hel

113 Laat ons net kyk na `n uitgesproke vryer en ook `n vryster. Waarmee is so 'n vleeslustige ononderbroke mee besig in sy gedagtes? Indien dit moontlik sou wees en die natuur dit sou toelaat, sou hy liefs met die mooiste en weelderigste meisies op alle moontlike maniere onophoudelik seks wou hê. As so iemand ook maar `n ietwat aantreklike vroulike wese in die oog kry, kan iedereen by die eerste oogopslag in sy oë lees dat hy haar ter plaatse vir sy genoegdoening sou wil gebruik, sonder om ook maar ietwat rekening daarmee te hou vir welke doel die geslagsdaad deur God ingestel en geskape was. As burgerlike sedewette hom nie daarin sou verhinder nie, dan sou geen vroulike wese, selfs nie op openbare plekke, teen sy begeerte veilig gewees het nie.

2 Maar dit verander in wese niks aan die saak nie, want vanuit sy begeerte het hy tog gesondig. Laat ons net aanneem dat so 'n sinlike persoon `n vermoë het wat toereikend is om vir hom daarmee nagenoeg al die genot waarin hy sin het, te kan verskaf. Wat doen hy? Hy reis na allerlei lande om hom daar verskillende, besondere genoegdoenings te verskaf, want in sy eie woonplek smaak niks meer lekker vir hom nie, omdat hy immers van alles wat vir hom bereikbaar was, geniet het, maar alles waarvoor hy, so gesê nog `n passie voor voel, ondanks sy groot vermoë, kan hy nie bereik nie.

3 Wanneer ons wellusteling so van alles voldoende geniet het en sy natuur hom die snode diens begin te weier, dan gryp hy na kunsmatige middele om so sy afgestompte natuur weer nuwe lewe in te blaas. Help dit ook nie meer nie, dan voorsien hy hom van die skandelike byslaap van gesonde seuns en jong manne. Daardeur word sy natuur weer `n bietjie opgekikker.

4 Sy natuur slaan daarby heeltemal om, hy kry as`t ware `n afkeer van vroue en probeer hom slegs nog te bevredig met die stewige vlees van die manlike jeug, tot ook dit hom `n afkeer inboesem. Dan maak sy onmag hom kwaad oor die vermeende ontoereikende inrigting van die natuur.

5 Sy geloof in God was lankal opgeoffer, want dit is eie aan die sonde van die vlees, dat dit eers al die geestelike dood. Deur hierdie sonde word die mens `n growwe materiële egoïs, wat niemand liefhet nie, behalwe homself en vind dat alles wat sy begeerte aanspreek, hom slegs moet dien. Hy is mateloos verlief op homself en daarom haat hy alles wat sy begeerte nie huldig nie. Om die rede word hy dan, soos gesê, `n suiwer egoïstiese, verstokte materialis en van iets goddelik en iets geestelik is daar by hom geen spoor meer te vind nie.

6 Daarom is hy dan ook `n suiwer ateïs en die natuur, die uiterlike, sigbare, growwe natuur is sy god. Aan hierdie natuurgod bring hy sy offers, solank hy met die bestaande krag tot sy beskikking, van sy eie natuur hierdie god kan ervaar wat, danksy die inrigting van die natuur, hom hierdie verruklike en aangename genot kan verskaf. Wee egter hierdie god, wanneer hy ons held eenmaal die diens weier! Toorn, wraak, gramskap en woede is dan die toegifte of wapenskilde wat hy voer. Julle kan dit glo, die heimlike toorn van so 'n uitgetelde aartswellusteling gaan alle menslike begrippe te bowe. `n Brandstigter, `n moordenaar en `n straatrower kan nog meer menslike gevoel in hom hê as `n begerige wellusteling wie se liggaam die diens weier.

7 Is daar op aarde maar min sulke manne van plesier? O nee, ek kan julle verseker dat daar teenoor één geldgierige, selfs baie sulke ontugtige tipes is. Wie vader is van `n dogter met `n bekoorlike uiterlike, kan daarop reken dat daar, veral in die stad, dikwels met begerige blikke na haar gekyk sal word.

8 Weliswaar sal mens nou sê: Dit sê nog tog niks; gedagtes en onuitvoerbare begeertes is tolvry. Maar ek voeg hieraan toe; inderdaad, vir die blinde van gees wat nie in staat is om ook maar `n haarbreedte verder te kyk as die materie nie. Wat sou `n vader egter sê as sy geestelike oog geopen sou word en hy dan al die wellustelinge voor hom sou sien wat sy dogter op alle moontlike maniere voor sy oë onteer het?

9 Haar liggaam kan weliswaar beskerm word, maar wie beskerm haar gees en sy uitstralende lewensfeer, waarmee hierdie wellustelinge in kontak kom en haar beïnvloed met sy skandelike begeertes? Dink julle dat dit geen nadelige invloed op die dogter sal hê nie? Dan vergis julle julle deeglik!

10 Neem julle julle dogter dikwels saam na plekke waar sy deur baie sinlike oë bekyk sal word, dan sal sy binne `n afsienbare tyd sinlik ingestel raak en heimlik die sedelike vermaninge van haar ouers begin te bespot en belaglik maak. Haar sinne sal steeds meer gerig wees op plekke waar sy vermoed dat sulke sinlike manne hulle daar sal ophou. Menigeen sal nou miskien sê: Nee, dit is te bar, dit is oordrewe. Wat kan `n onskuldige begeerte of `n geheime wellustige gedagte sonder enige aanraking `n nadelige uitwerking hê op `n vreemde persoon? Ek sê hierop niks anders nie as; vir mense met sulke insigte en so 'n geestesgesteldheid is hierdie mededeling ewemin bestem, as die son vir die middelpunt van die aarde. Vervolgens vra ek aan hulle wat ervaring het op die gebied van die sogenaamde heldersiende mediums en dit self waargeneem het watter steurende werking die koms van wellustelinge op sodanige persone teweegbring waar hierdie werking vandaan kom en wat die oorsaak daarvan is? Ook al het so 'n ongenooide gas nie die medium aangeraak nie, tog voel hy, op daardie oomblik wat so 'n gas binnekom, `n krampagtige en dikwels `n pynlike werking.

11 Kyk, die oorsaak daarvan is dat die geestelike sfeer van die medium onmiddellik skandelik omlaag getrek word. By die medium het dit egter geen moreel bose gevolge nie, omdat sy sfeer meer afgeslote is en omdat elke medium dadelik al die moontlike doen om so `n gas kwyt te raak.

12 Vraag; gebeur dit ook in die natuurlike toestand, waar die sfeer van elke mens veel uitgestrekter is en waarin hy die nadelige invloed nie waarneem nie? Werklik, die inwerking is by die natuurlike toestand nog veel erger as in die mediamieke (outo-transpirasie) en daarom is daar ook vir sodanige onkuise gedagtes en begeertes `n aparte gebod gegee, waarin staan dat elkeen hom daarvan moet onthou, vermy en ontdoen.

13 Wie dus die gedrag van so `n wellusteling aanskou, sien alweer `n volmaakte beeld van die hel. Hy hoef hom maar net van sy materie te ontdoen en hom suiwer as gees te beskou, dan sal hy verbasingwekkende dinge sien. Eers in alle opsigte `n hitsige persoon en daarnaas `n woesteling, wat hom vol woede op sy Skepper, net soos op die hele skepping, op `n skandelike manier wil wreek, vanweë die vermeende onvolmaaktheid van sy natuur. Meer hoef ek hier nie te sê nie, want wie oë het, kan self kyk. In die volgende vroulike beeld sal ons die verskyningsvorm van hierdie hel nog duideliker voor ons sien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205