Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 115

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Vrugte vir die hel rypmaak

115 Laat ons na ons "sedige" jongedame terugkom en haar nog eens volg in `n geselskap, waar sy op grond van haar vroulike bekoorlikhede as koningin uithang. Haar geliefde voeg hom ook by die geselskap. Maar wat doen sy gunstelingdame nou? Hou sy haar miskien met hom besig? O nee, sy hou haar daarenteen met `n groep ander besoekers besig en laat haar nou deur hulle van top tot tone bewonder. Waarom eintlik?

2 Omdat ek die wêreld baie goed ken, sê ek; sy doen dit nie om haar teenoor haar uitverkore geliefde ontrou te laat word nie, maar slegs om hom te laat sien hoe enorm waardevol sy is. In `n sekere sin sê sy indirek daardeur vir hom: Besef goed wat vir `n onbetaalbare skat jy aan my het!

3 Haar minnaar egter, wat dit nie begryp nie, neem die saak vanuit `n heel ander gesigspunt op. Baie gou word hy somber en wend sy oë af van die plek waar sy geliefde hom die hof laat maak het. Werp hy ook af en toe nog `n steelse blik na die noodlottige plek, dan is hierdie blik reeds vervul met brandende jaloesie.

4 Ons jongedame merk dit, maar verbeter haar gedrag nie in die minste nie. Sy begin egter wel haar spel nog verder op die spits te dryf om haar te wreek op haar minnaar, wat juis haar groot waarde begin te misken op die tydstip wat sy dit die voordeligste vir hom wil ontplooi. By die geleentheid probeer die minnaar hom so gou as moontlik uit die geselskap terug te trek, met die voorneme in sy hart; wag maar gemene dame, as ons mekaar nog eens onder vier oë sal spreek, dan sal ek jou net my mening gee op `n wyse wat jy dit sal onthou! Want nou verlang ek niks anders meer nie as om my passend op jou te wreek oor jou ontrou nie.

5 Hulle ontmoet mekaar en die vrug van hierdie ontmoeting is die heftigste verwyte. Die gevolg daarvan is meestal `n skeiding van die geliefdes, slegs selde is daar `n versoening, wat egter ewemin stand hou as die eerste liefde. Skeiding of versoening kom hier altyd op dieselfde neer, want volg daar weer `n hereniging, dan dien dit gewoonlik daarvoor om mekaar nog meer oor die eie waarde te laat voel, waardeur so `n hervatte verhouding meestal niks anders is as `n vermomde wraak nie. Hervat hulle nie hulle verhouding nie, dan sal hulle tog albei elke geleentheid aangryp om mekaar se lewe te versuur.

6 Uit suiwer wraak oorskry die jongedame baie gou alle grense van die skaamtegevoel en word behaagsiek. Kom die ou minnaar nie met hangende pootjies terug nie, soos sy verlang, dan word sy vanuit dieselfde wraakgevoel `n hoer, waarop die minnaar die laaste reste van sy vroeëre gevoelens uit sy hart verban. En het ons vroeëre sedige jongedame die soet prikkel van die wellus geproe, dan bring, so gesê, geen God haar meer op die pad van die deugde terug nie. Word sy daardeur ongelukkig, dan skuif sy met `n hart vol wrok meestal alle skuld af op die eerste minnaar, wat haar bedoelinge en haar vorige deugde skandelik sou misken het.

7 En wat is dit in retrospeksie gesien? Dit is niks anders nie as die reeds volledige ontwikkelde vrug van die eerste so hoog geprese vroulike skaamtegevoel. Die naam van hierdie vrug lui: Onderste volmaakte hel! of ook wel; volmaakte ryp hel, wanneer die uitwendige omhulling afval! Want wat sou so 'n ongelukkige meisie hom nie alles aandoen wat sy, al is dit onregverdig, beskou as die oorsaak van haar ongeluk?

8 As dit moontlik sou wees om op daardie oomblik wat sy haar woede die vrye loop laat gaan, hom deur duisend gloeiende slange in stukke geskeur te sien, dan sou hierdie wraak nouliks `n verkoelende doudruppel op haar in woede ontsteekte hart wees.

9 Wie dit nie kan glo nie, moet so 'n ongelukkige jong dame maar net gaan opsoek en met haar in gesprek gaan oor die betrokke persoon wat haar ongelukkig gemaak het. Hy sal in die gunstigste geval uit die mond van die vrou, as`t ware soos uit `n vulkaan, vuur sien spu; in die ergste geval sal sy sê: Asseblief, praat nie meer met my daaroor nie! As julle dit gehoor het, kan julle julleself goed voorstel hoe laat dit is. Ons het nou die vrugte in so verre belig, soos hulle vir die hel ryp geword het. In dit wat volg sal ons die saak nog meer gedetailleerd belig.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205