Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 123

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Terugblik op die aanskoue lewensfere van die tien geeste

123 Die Heer: Nou is julle weer hier. Sou julle My nie in julle gemoed wil meedeel wat julle alles by My Johannes gesien, ervaar en dus geleer het nie? Julle staan nou wel vol agting voor My en sê by julleself; wat moet ons U, o Heer, vertel, U, vir wie ons gedagtes al bekend was nog voor ons dit gedink het, ja nog voordat `n son die strale uit die wye oneindigheid na hom toe getrek het om dit dan weer met veelvoudige verhoogde krag te laat uitstraal?

2 Ja, My liewe kinders, julle het gelyk, die Vader weet weliswaar alles, maar nietemin pleeg Hy graag oorleg met Sy kinders, asof Hy nie alles sou weet nie. Ek sien egter `n geheime vraag in julle en dit lui as volg:

3 O Vader, ewige liefde en waarheid! Onbegryplik groot en wonderbaarlik, en bo alle menslike begrippe verhewe is dit wat ons nou in die sfere van U engelegeeste, van die eerste tot en met die laaste, gesien, gehoor, ervaar en geleer het. Ons sou nou nog graag net `n heilige woord van U wil verneem, waaruit ons kan aflei of dit alles werklik, dus die volle waarheid is.

4 Kyk, My liewe kinders, so lui julle geheime vraag en Ek antwoord julle daarop die volgende; dadelik by die begin, toe ons die wyserplaat aan die buitekant van ons klok bekyk het, of eintlik die buitenste sfeer van die geestelike son, het Ek julle gesê dat die hemel en die hele geestelike wêreld hom nie somaar êrens plaaslik as verskyningsvorm vertoon nie, maar dat hy hom in die geeste self bevind. Oftewel; die lewensfeer van `n gees is die wêreld wat hy bewoon.

5 Om julle hiervan te oortuig, het Ek julle `n gelykenis getoon waarin julle `n sogenaamde diorama (kykspel) gesien het. Aan die hand van hierdie gelykenis het Ek, volgens `n bepaalde ordening, die tien geeste wat nog hier by julle aanwesig is, gebring en het julle daarby vertel dat julle ook daar `n geestelike diorama sou aantref en in die sfeer van elke gees `n ander beeld van die geestelike wêreld te siene sou kry. 

6 Dit was ook die geval; daarvan het julle julleself tot nou toe tien keer oortuig, deurdat julle in die sfeer van elk van hierdie tien engelegeeste die geestelike wêreld telkens in `n baie ander vorm gesien het. Dit is vir julle nou kristalhelder en Ek het vir julle nog daaraan toegevoeg dat julle die geestelike diorama in presies dieselfde geeste herhaaldelik kan deurloop, waarby julle die geestelike wêreld tog weer in `n baie ander vorm sal sien.

7 So kan julle ook weer die sfere van ander geeste binnegaan, waar julle weer baie ander vorme van die geestelike wêreld sou sien, in haar detail, sowel as in die geheel. In dié lig gesien, kan Ek julle op julle vraag ook geen algemene konkrete antwoord gee nie, maar Ek kan julle wel sê dat alles hom hier soos volg verantwoord; soos wat die saad is, so is die vrug; soos wat die werk is, so die loon; en soos wat die liefde die basis vir die werke is, so word ook die vorm van die wêreld wat hulle geestelik in hulleself skep.

8 Julle het weliswaar verskillende vorme gesien, maar tog oral een en dieselfde waarheid. Want aan die vorm is niks geleë nie, maar alles slegs aan die waarheid.

9 En so wou Ek julle ook nie laat sien hoe die hemel, die geestelike wêreld of die hel lyk nie, maar slegs hoe dit alles ontwikkel, ooreenkomstig die geaardheid van die liefde in die gees van elke mens.

10 Om die rede het julle in oorvloedige mate duisenderlei vorme aanskou en by elke vorm was die innerlike waarheid aan julle geopenbaar. En dus kan Ek vir julle sê, dat julle in die sfeer van die waarheid, die hele omvang van die geestelike lewe gesien het.

11 Wat die vorme egter betref, dit gaan natuurlik soseer tot in die oneindige, dat julle in ewighede nog nie die geringste deel daarvan volledig sou kan aanskou nie! En daarom kan julle met `n volkome geruste gemoed met hierdie rykdom aan waarheid tevrede wees, veral wanneer Ek nog vir julle daarby toevoeg, dat solank as wat hierdie aarde deur mense bewoon was, die geestelike lewensomstandighede nog nooit so omvangryk en volledig onthul en geopenbaar was as hierdie keer nie.

12 Wat iemand ook maar soek, in watter situasie hy hom ookal mag bevind, in hierdie openbaring kan hy haarfyn agterkom hoe dit met hom gesteld is.

13 Wie dit alles met groot oplettendheid en volle aandag sal lees, sal die groot oortuigde waarheid, nie net in hierdie son-openbaring nie, maar lewendig in homself vind.

14 Sodat elkeen dit egter alles in homself as volkome waar mag ervaar, sal Ek kortliks nog enkele gelykenisse en beelde daaraan toevoeg, wat alle geheime hoeke van hierdie openbaring sal verlig. Vir vandag daarom My seën en daarmee is dit goed!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205