Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Verenig met die Heer- dan verrig die wilskrag van die gees wondere

18 Ons het hier niks meer te doen nie. Daarom kan ons weer verder trek op ons wêreld. Want wanneer mens eenmaal `n wêreld het, dit wil sê `n goeie ondergrond, dan kan mens daarop rondloop soos wat mens wil en allerlei goeie ervaringe opdoen.

2 Waarheen sal ons egter gaan? Hier wil ek nie sê: Hierheen of daarheen nie, want ook dit moet julle beslis. Maar op een ding moet ek julle attent maak en dit is, dat julle `n eenmaal geneemde besluit moet vashou en by die eerste gedagte moet bly. Want hier kom dit daarop neer dat iemand nie sê: Ek weet dit nie presies nie en twyfel of ek links of regs sal gaan, omdat deur die vertwyfeling hierdie wêreld waarop julle staan, weer dadelik voor julle oë sou verdwyn. Daarom moet elke gedagte vasgehou word en mag geen tweede `n eerste verdring nie. In die gees is dit deurgaans die geval, want wie nie standvastig is nie, is nie geskik vir die ryk van God nie. Soos wat die Heer ook self sê: "Wie sy hand aan die ploeg slaan en omkyk, is nie geskik vir die ryk van God nie."

3 Vir die suiwer geestelike toestand waarin ons onsself nou bevind, wil dit egter niks anders sê as dat die mens hom in die gees by geen enkele geleentheid wankelmoedig moet gedra nie. Die eerste gedagte moet ook die eerste beslissing en die eerste volkome standvastigheid wees, want sou dit nie die geval in die gees wees nie, dan sou dit al lankal baie sleg gelyk het met die gehele skepping.

4 Neem maar aan dat die allergeringste wankelmoedigheid van God se gees, die terugtrekking van Sy nie te beïnvloede vaste wil, ook dadelik die onmiddellike vernietiging van alle dinge tot gevolg sou hê.

5 Julle sê weliswaar: Dit kan mens hom inderdaad maklik van God se gees voorstel, maar of vir die behoud van die dinge ook dieselfde standvastigheid van ander, die aan Hom vertroude geeste nodig is, dit is nie so duidelik nie.

6 Ek sê egter vir julle: Die een is ewe vanselfsprekend as die ander. Juis om hierdie rede kan niks onreins die ryk van God binnegaan nie, want die hemele is die sentrale regiment van die Heer. Hulle is na hulle aard volkome één met die wil van die Heer en sou iemand dit met die wil van die Heer nie volkome één wees nie, en in die hemel kom, dan sou alle skeppingsgebiede dit onmiddellik waarneem. Dit sou naamlik baie wanorde in die skepping teweegbring en duisend grimmige helle sou in al hulle ongebreidelde woede nie soveel skade aanrig as één enkele ongeordende gees in God se ryk nie!

7 Solank julle onder leiding van ander geeste slegs passiewe toeskouers van geestelike omstandighede was, kon julle weliswaar volgens eie geloof van gedagtes verander, waarby tog alles, soos julle gewoonlik sê, by die oue bly. Maar nou is julle aktiewe toeskouers van geestelike omstandighede, dit wil sê julle beskou nie die dinge wat hulleself in my sfeer, dus op my grond bevind nie, maar julle beskou nou self as geeste die dinge van julle eie sfeer. Julle was vroeër gaste by `n ander broeder en julle mag julle nie van hom verwyder het solank julle van sy huis gebruik wou maak nie; maar nou is ek julle gas en julle sou my kan rondlei waar julle maar wou.

8 Maar soos gesê, dit kom hierop neer dat julle julle gedagtes vashou, dus julle skepping fikseer; anders staan ons al drie onmiddellik weer in ons vroeëre newel.

9 Toe my broeder julle voorheen in sy sfeer rondgelei het, moes hy ook sy skepping vashou, anders het julle bitter weinig te sien gekry. Vir die suiwer, volmaakte gees is dit maklik, omdat hy sy wilskrag volkome vanuit die Heer het. Julle het julle wil weliswaar ook uit die Heer, maar dit is nog nie standvastig en volmaak genoeg om hom net soos die volmaakte geeste oral te kan fikseer nie. Daarom sê ek dit nou ook vir julle, sodat julle mag weet hoe mens in die gees leef en die skat van sy geesteskrag behou.

10 Wil iemand wat op aarde leef, sy eiendom behou, dan moet hy goed daarop let dat die diewe en rowers nie sy besitting verniel of steel nie. Hier is dit presies so; hier is die diewe en rowers die wankelmoedige en begeerlike gedagtes van die gees. Wie nie dadelik `n stewige omheining daaromheen plaas nie, verloor baie gou en maklik die mooi eiendom van sy gees. 

11 Daarom spreek die Heer ook: "Wie het, vir hom sal gegee word, sodat hy in oorvloed sal hê; maar wie nie het nie, van hom sal ontneem word wat hy nie het nie en aan iemand gegee word wat het om dit soos in oorvloed te besit? Dit is die wilskrag van die gees wat met die Heer verenig is! Wie haar het, sal daardeur onuitputlike rykdomme vind in sy gees en dan in die besit van die krag en die goedere wees en dit is `n oorvloedige besit.

12 Wat sal die lot egter wees van iemand wat hierdie met die Heer verenigde wilskrag in sy gees nie het nie, want hier bestaan geen ander besit as die hoogs eie uit homself nie? Ek sê vir julle; die lot van so 'n gees sal geen ander wees as `n skielike of geleidelike verarming nie. Want wanneer iemand van julle `n kostuum wil hê, maar self geen kleremaker is nie, dan moet hy na `n kleremaker gaan om `n kostuum vir homself deur hom te laat maak. As daar nou geen kleremaker sou wees nie, of wanneer mens alle kleremakers uit `n plek sou verdrywe het en niemand ook `n kostuum vir hom sou kan maak nie, dan sou dit tog `n hele kuns wees om aan `n kostuum te kom.   

13 Kyk, hier is dit ook die geval. Die Heer het die mens na Sy ewebeeld geskep en het hom met daadwerklike skeppende krag toegerus. Dit het Hy egter slegs as `n saadkorrel in hom geplaas. Julle sê dit al self en weet ook uit die Skrif wat daar staan: "En sy werke volg hom agterna."

14 As dit so is, dan kan `n onstandvastige, karakterlose en werklose gees, wat hom nooit in iets standvastig geoefen het nie, tog onmoontlik anders as heeltemal leeg in die suiwer geestesryk aankom. Hoeveel daaraan geleë is dat die mens standvastig en onwankelbaar van gees moet wees, het die Heer by verskillende geleenthede getoon. 

15 Hy begunstig Petrus vanweë sy standvastigheid in die geloof; verder noem Hy iemand wat op `n rots bou `n verstandige man: Ook sê Hy van Johannes die Doper dat hy geen rietstingel is, wat heen en weer deur die wind beweeg word nie. Baie dikwels het Hy gesê: "Vir jou geskied dit volgens jou geloof; jou geloof het jou gehelp!" Deur te sê: "Wees volmaak soos julle Vader in die hemel volmaak is", sê Hy ook baie duidelik dat hulle, naamlik diegene tot wie Hy gespreek het, `n aan God gelyke, standvastige wil moes hê en hom deur niks van die standvastig gekose rigting van hulle gees moet laat afbring nie. So beveel Hy die mag van `n standvastige gees ook met die volgende woorde aan: 

16 "As julle geloof ook maar so groot sou wees soos `n mosterdsaadjie, dan sou julle vir hierdie berg kan sê: Verhef jou en stort jou in die see! En dit sal geskied volgens julle geloof!"

17 Uit hierdie enkele aangehaalde tekste, waarvan daar nog baie meer is, kan julle egter al duidelik genoeg aflei waarop dit veral in die ryk van die geeste neerkom.

18 Ek sê vir julle bowendien nog iets wat vir julle miskien `n bietjie vreemd sal voorkom, maar wat tog die suiwerste waarheid is. As die mense op aarde sou weet waar dit op neerkom, naamlik om iets deur hulle wil te verwesenlik, dan sou daar baie wonderbare dinge gebeur. Die oorgrote meerderheid van die mense weet egter nouliks dat hulle `n gees het, want dit is by hulle reeds lankal deur hulle materie geabsorbeer. Hoe moet hulle dan weet, wat daar in hulle gees verborge lê?!

19 Maar vir julle, wat die gees al `n bietjie leer ken het, kan ek nou al ietwat uit die doeke laat, waarop dit hoofsaaklik neerkom om juis vanuit die gees magtig, onfeilbaar, beslis en werklik wonderbaarlik te werk.

20 Waarop kom dit dan eintlik neer? Luister, ek sal julle `n klein reseppie daarvoor gee. Neem elke oggend en aand `n deeglike eetlepel vol daarvan in en julle sal julle daarvan kan oortuig dat die resep `n werklike wondermiddel is.

21 Die eerste bestanddeel bestaan hieruit, dat die mens hom dadelik na die ontwaking met die Heer deur die liefde in Sy wil verenig. Dit moet ook in die aand gebeur. Wanneer iemand dan iets baie graag sou wil, moet hy ag slaan op sy eerste gedagte; dit is die tweede bestanddeel. Hierdie gedagte moet hy nou oombliklik vashou en vir geen goud ter wêreld meer omruil vir `n tweede nie.

22 Het hy dit gedoen, dan moet hy die Heer vra of Hy Sy oneindige krag met die swakte van die eie wil sou wil verenig waarby hy die Heer nogmaals in liefde moet omvou; dit is die derde bestanddeel. As dit in alle onwankelbare standvastigheid gebeur het, dan moet hy aan hierdie drie bestanddele nog `n vierde toevoeg en dit is `n gefikseerde, vaste geloof.

23 Wanneer hierdie vier bestanddele `n volmaakte geheel is, dan is die wondermiddel ook al gereed.

24 Wie dit nie wil glo nie, sal die proef moeilik by homself kan uitvoer, maar wie dit glo, laat hy dit doen, dan sal hy hom van die verenigde krag van die Heer in sy gees kan oortuig. Hierdie geheim moes ek julle hier meedeel, omdat dit hier op sy plek is.

25 Dus weet julle nou ook wat julle hier op hierdie wêreld te doen staan, sodat ons verder kan kom; één gedagte, één vaste bestemming en ons het die plek waarheen ons wil gaan, voor ons.

26 Die geheim egter, wat ek julle nou meegedeel het, geld vir  die gehele natuurlike, sowel as die gehele geestelike wêreld, want dit is presies dieselfde as dit wat die Heer aan al Sy apostels en leerlinge geleer het, en wel toe Hy gesê het: "Sonder My kan julle niks doen nie; maar met My, vanselfsprekend alles!"

27 En verder het Hy gesê: "Wat julle die Vader ook maar in My Naam sal vra, dit sal Hy julle gee." Hier het die Heer in die vra geen uitsondering gemaak nie, want Hy het gesê: "Wat dit ook mag wees."

28 So gee Hy ook aan; wanneer daar twee of drie in Sy Naam byeen is, dan sal Hy in hulle midde wees, en wat hulle dan vra, sal vir hulle gegee word. - Die vervolg van ons reis deur hierdie wêreld sal egter, soos wat reeds opgemerk is, nog menige verborge geheime vir julle onthul. Die nuwe plek lê egter al voor ons; dus sal ons daarheen gaan! -


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205