Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Steeds groeiende saligheid vereis werksaamheid

3 Kyk nou, ons verhewe geselskap sit om te eet en ons prior, net soos die ander, verwonder hom ten seerste oor die voortreflike smaak van die brood en ook oor die van die lewende water. Die prior sê vol aandoening: O Heer, allerliefdevolste heilige Vader, die brood smaak presies asof dit saamgestel is uit die aller smaaklikste en aller voedsaamste spyse van die gehele aarde en die water soos `n ekstrak van die allerbeste wyne wat maar daar op aarde groei, as mens hier so 'n vergelyking mag en kan maak. 

2 Die Heer sê: Ja My liewe, geliefde, ja mees geliefde seun, jy het die smaak van hierdie eenvoudige maaltyd goed geëvalueer. Kyk, soos alle vrugte op aarde, net soos op die ander hemelliggame, uit My suiwer liefde voortkom en hierdie vrugte beide deur hulle geur en smaak vir `n deugdelike en waardevolle werking sorg, so, moet ook die brood, as eerste grondbeginsel van alles wat op alle hemelliggame voorkom, hierdie eienskappe ook van oorsprong op `n goeie, liefdevolle en bruikbare wyse bevat.

3 Van dié brood stam elke brood af, omdat dié brood `n waaragtige lewende brood is, net soos My liefde wat hom hier as ewige, lewende versadiging aan al My kinders aanbied. En die water is, net soos die brood, die grondbeginsel van alle dinge, want dit is die lig van die liefde en is bygevolg vir al My kinders die ewige saam genieting van My wysheid; dit wil sê, wat al My kinders, wat hier by My is, hulle in die diepte van My wysheid en dus ook in al My mag en krag bevind! 4 Kyk, dit is die ware lewende water waaroor Ek op aarde met die vrou by die Jakobsbron gespreek het en waarvan Ek gesê het dat diegene wat van dié water drink, nooit meer dors sal ly nie!

5 Die prior sê: O Heer, allerliefdevolste, heiligste Vader, dit sien ek nou baie duidelik in. Werklik, na die drink van die water begin ek in die onbegryplike dieptes van U almag en wysheid te sien sodat ek werklik verhewe salig en aangenaam daarvan begin te huiwer. Tog sou ek nog graag wil weet of ek nou voortaan nooit meer sulke water te drinke en sulke heerlike brood te ete sal kry nie. 

6 Die Heer sê: O My geliefde seun, maak jou maar nie ongerus daaroor nie. Hierdie spys en hierdie drank sal hier ewig nooit opraak nie en jy kan dit altyd in so 'n oorvloed kry, dat jy jou ewig nooit oor een of ander tekort hoef te bekla nie, want hier in My ryk is vir ewig onuitputlike bronne, strome, riviere en mere in eindelose hoeveelhede. Daarom hoef mens ook gladnie bang te wees dat iemand nie voldoende daarvan sal hê nie.

7 Kyk, Ek is slegs op die materiële hemelliggame ietwat spaarsaam en daar hou Ek My waaragtige aanhangers en volgelinge so kort moontlik. Omdat die mens die weë van die lewe werksaam moet bestudeer om hom aldus op hierdie weë die ewige lewe eie te maak, hoort geen gevulde maag daarby nie. Want julle het vir julle studies tog die ou gesegde: "`n Vol maag studeer nie graag nie" oftewel, "Plenus venter non studet libenter!" 

8 Kyk, juis daarom is Ek ook om hoogs wyse redes ietwat suinig op die hemelliggame, maar daarenteen is Ek hier die oneindige vrygewigheid self en moet alles ewig ryklik en oorvloedig voorhande wees. Op die hemelliggame sien Ek nie graag dat iemand sê: Hierdie klip is van my nie. Maar hier sal Ek julle hele songebiede, soos julle gewoonlik sê, in die skoot werp. Ek het immers sodanige skatte in oorvloed. Die hele universum is vol van die grootste wonderwerke van My Liefde, Wysheid en Almag. Waarom sou Ek dan suinig wees? As `n plekkie van duisend vierkante klafter op aarde `n duisend daler kos, dan gee Ek hier vir één daler duisend sonne met al hulle planete weg. Ek dink dat hierdie ruil tog wel enige betekenis het.

9 Wees daarom veral nie besorg of jy wel altyd iets te ete en te drinke sal hê nie, want met soveel stukke grond is daar met die minste moeite van die wêreld tog wel `n eerlike stukkie brood te verdien.

10 Die prior sê: O, my innig geliefde Heer, ek is vir hierdie belofte van U nog veel te onnosel en te dom. Ek is hier in die huisie immers so oneindig tevrede en so onuitspreeklik gelukkig dat ek nog geen sonstoffie daarby sou kon wens nie. Daarom staan ek ook al hierdie deur U genoemde eindelose landgoedere van ganser harte af aan `n ander wat hier veel meer waarde daaraan sal heg as ek. As ek slegs die versekering het dat U hier voortdurend tuis is, dan het ek vir die hele ewigheid niks anders meer nodig nie. In die bewussyn van `n ewige lewe in U aanwesigheid en die wonderbaarlikste, salige aanskouing van die werke van U almag, verder met die deur U aan my geskenkte vroutjie en hier my simpatieke en liefdevolle broeder, en daarby so af en toe `n stukkie brood en `n slukkie van die water, is ek al vir die hele ewigheid onuitspreeklik gelukkig versorg!

11 Die Heer sê: Ja My liewe seun, dit begryp Ek goed, maar kyk, die salige gevoel wat jy nou het, is slegs die eerste teugie van die eintlike ware saligheid. Sou jy hier slegs in alle rus en alles daarvan werkloos geniet, dan sou jy tog op die lange duur deur al hierdie bekoorlikhede oorversadig raak en die baie van dit waaraan jy nou vreugde beleef, sou jou dan nie meer bekoor nie. Daarom het Ek vir die steeds toenemende saligheid reeds van ewighede voorsorg geneem, sodat elk van My kinders hier voortdurend `n passende besigheid en `n goeie werkterrein kry; daarom kan daar ook geen sprake wees van `n voortdurende verblyf in so `n huisie nie.

12 Daarom sal ons ook die huisie vir `n tydjie verlaat en ons na My stad begewe. Daar sal jy eers jou eiendom en die daarmee verbonde waaragtige ewige bestemming leer ken. Laat ons dan nou weer opstaan en ons reis vervolg. Die op ons wagtende skare van geeste is geensins eenvoudigweg die volledige samestelling van die bewoners van hierdie ewige hoogste môrehemel nie, maar hulle behoort slegs tot jou toekomstige werkterrein. Nie hier nie, maar in My stad en daar in jou eie woonhuis sal jy nadere besonderhede verneem. Kyk, die prior gaan byna deur die grond by hierdie oneindig diepsinnige woorde van die Heer. Maar die Heer versterk hom en wenk die drie om Hom te volg. Daarom volg ook ons hierdie verhewe groep.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205